Hoe moedig ons iemand aan?

Ons as ouers weet hoe belangrik dit is om opbouende woorde vir ons kinders te sê. Deur te konsentreer op dit wat hulle mooi doen en reg doen, wys hulle wat die regte ding is om te doen. As ons net kritiseer, weet hulle later nie meer wat om te doen nie! In plaas van aanmekaar te vertel hoe stout die kind is, vertel ons eerder hou oulik die kind is, wat hy/sy reggekry het, hoe trots ons op hom/haar is. En die resultaat? Kind probeer net al hoe meer mooi en reg optree en daardeur kry hy positiewe aandag. As jy dit nog nie so doen nie, kan jy dit gerus probeer! Die resultate is fenominaal.

vyfMaar om een of ander rede dink ons dat ons net ons kinders so moet hanteer. Ons kerm, kla, kritiseer, is ontevrede met als wat ons huweliksmaat nie reg doen nie. Hy sny nie die gras nie. Hy kyk te veel TV. Sy maak nie meer lekker poeding nie, of sy herstel nie die stukkende klere nie. Die ergste nog is dat ons dit vir ons vriende vertel!! Ja! Ons SKINDER oor ons huweliksmaats!! 😡 Ons konsentreer so op die negatiewe dat ons die pogings wat die ander persoon aanwend om reg te doen, miskyk. En die persoon wie se liefdestaal “opbouende woorde” is, voel totaal ongeliefd. My voorstel aan jou is om te SOEK vir positiewe dinge wat jou lewensmaat doen. As jy dalk so gelukkig is om soggens koffie in die bed te kry, bedank hom/haar daarvoor en vertel ook sommer vir jou vriende daarvan! As hy jou huis geverf het, prys hom daarvoor! As jy sien hoe besig sy met die kinders is en hulle help, vertel haar dat jy dit waardeer! Ek belowe jou, sommer gou sal jy ‘n verandering in sy/haar optrede ervaar en sommer gou sal daar ‘n vonkel in julle albei se oë wees. :mrgreen:  Moenie wag dat die ander persoon eers vir jou ‘n kompliment gee nie. Begin vandag en begin jy eerste! Sê: Ek het jou lief. Jy lyk mooi. Jou hare is pragtig. Jy maak my gelukkig. Ek was nog altyd mal oor jou oë. Jy is sexy.

Maar die heel belangrikste is…. Jy moet elke woord bedoel. Komplimente is nie goedkoop nie.! En jy moet NIKS terug verwag nie!!  😳

As jy meer oor hierdie onderwerp wil lees, kry vir jou “Vyf Tale Van die Liefde” deur Gary Chapman.

Groetnis,

Toortsie

**********************************************************************

Pos van die dag onderwerp: Wat is jou gunsteling klank of geluid? Watter geluid het jy nog nooit gehoor nie, maar wil jy graag hoor? Vreugdevolle klanke is vir my baie lekker.

***********************************************************************

Toortsie se Faceboekbladsy

Toortsie se Bantingboerekos

Advertisements

10 thoughts on “Hoe moedig ons iemand aan?

        1. terwyl ek dan aan die “leer” is vandag, en JY dit duidelik nodig het…. My liewe kind, die regte plek om te begin, is…. ‘n kêrel!! wat ‘n MAN word….. en dan later, voor jy besef wat aangaan, is daar pienk voete…. en dan email jy my om te vra waar daai geskrif is oor hoe jy moet positiewe woorde gebruik vir hulle ALMAL!!! 😀 Moet nou nie sê dat hierdie tannie jou nie ordentlik voorberei het nie!!

          Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s