Gestrand op ‘n eiland????

Vandag is hier nou ‘n lekker pos van die dag. Ek hoop eintlik dat julle sommer op julle eie blogs hieroor gaan skryf. Julle mag natuurlik hier ook kommentaar lewer! If stranded on a desert island, and could only bring one music album with you, which would it be? What is it about this music that never gets old for you?  Ekself sou dalk maar eerder verkies het om my kitaar by my te hê, nie omdat ek dink ek sing mooier as die kunstenaars nie. Maar ek gaan moeg raak vir net EEN cd. As ek my kitaar daar het, kan ek en die eilandbewoners ten minste saamsing. ‘n Kitaar maak sommer paaie ook oop. As die eilandbewoners sien ek het ‘n kitaar by my, maak hulle my dalk nie dood nie! Ek het nou die dag van ‘n man gehoor wat vir ‘n hele paar maande met ‘n kitaar deur Suidelike Afrika getoer het. (Mosambiek, Botswana, Namibië, Malawi…) Hy het van plaaslike vervoer gebruik gemaak. Hyself kon nie speel nie, maar orals het mense vir hom opgetel om saam te ry, saam te bly, ens. Want sien, met ‘n kitaar op sy RUG, MOET hy mos ‘n musiekant wees!!! En MUSIEKANTE IS GOEIE MENSE!!!  :mrgreen: 

Maar GOOI dat ek hoor watter CD’s julle sou saamneem. (NET EEN, HOOR!!), maar julle kan natuurlik ‘n PAAR KEER een gooi!! :mrgreen:

Troutip: Gee vir jou geliefde ‘n PS, I LOVE YOU, of as daar een is met ‘n ander oulike boodskap, gee dit!! 🙂

Ns….. ek is vandag so POSITIEF na gister se konsentreer om positief te wees!! hehe

Advertisements

24 thoughts on “Gestrand op ‘n eiland????

  1. Ek dink nou net hieraan… ons was een keer op pad Australie toe. Die man wat toe langs my sit, het ‘n kitaar by hom. MAAR die kitaar het ‘n gat in sy klankboks (aan die AGTERKANT!!) Hy was op ‘n Around the World Trip, toe wou iemand in Zimbabwe sy sak steel. TOE SLAAN HY DIE OU MET DIE KITAAR OOR DIE KOP!!

    Like

  2. Hmmm, ons hoef seker nie hare te kloof oor of dit ‘n gewone CD of ‘n CD vol MP3’s is nie. Ek vat natuurlik die laasgenoemde. Ek sal daarop al my gunsteling liedjies opsit waaroor ek nooit moeg sal raak nie. So ‘n honderd liedjies, sal julle nou nie met titels verveel nie.

    Like

  3. Ek kan presies ehhhhmmmm 4 (of dalk issit 5 akkoorde) op ‘n kitaar speel 😳 al my songs is getoonset met daardie 4/5… en ek strum soos ‘n … jinne tog is daar ‘n woord vir ‘n musikale idioot?? Ek kon nog nooit leer om te strum nie 😦 (en ek was al vir lesse ook!!) een ou het net eendag genoem dat dit net hoort te ‘gebeur’ – nouja, behalwe vir tjangelang-tjengeleng kry ek baie skaam vir my kitaarspeel vermoë. Maar ek is nog steeds alliepad hopeloos happy met my kitaar (my H3 het hom ten duurste vir my aangeskaf met die groot hoop dat ek hom sou kon entertain daarmee 😛 – ek moet sê – dit help baie vir my composing, maar ek sal nooit sommer net in die openbaar (sonder ander begeleiding my snare slaan nie).
    Maar ek stem saam – ek vat baie eerder daai sukkelende geduldige kitaar saam as enige cd.

    Like

    1. BB! ek wonder of ons twee se kitaarvaardigheid nie baaaiiiieeee op dieselfde trant is nie. Eintlik het mens mos net 3 akkoorde nodig om ‘n liedjie te sing. so 5 is ‘n absolute bonus!! Ek sukkel ook maar soms met strum omdat ek links is en kitaarspelers moet mos eintlik regs wees…

      Like

  4. Ek kan nie kitaar speel nie en ek sal nooit kan besluit watter musiek om op my een CD te sit nie, so ek sal ‘n liedjieskrywer saamvat. Ons kan nuwe woorde maak vir al die goed wat ons kan onthou en as dit klaar is kan die liedjieskrywer vir ons splinternuwe liedjies maak. Viola! Music for life.

    Like

  5. Op ‘n selgroep byeenkoms was ons ook gevra wat ons sou saamneem sou ons op ‘n eiland uitspoel. Na baie wik en weeg en stil word het ek my enetjie “On my own on a derserted island” (op my blog) geskryf. En ja, ek glo nog ek sal geen musiek saamneem nie, net die stilte verkies, want ons het so min daarvan en het dit tog so nodig. Groete, (Ek was stil die laaste paar maande maar sal een van die dae weer my asem na die GROOT TREK terugkry). AndRinie

    Like

      1. Nee heng – DMi is nou weer baie slim!! Hy weet ek het al meer doeke geruil as die average strandloper… ek weet sommer ek gaan moet bababoudjies afstof ook. Hey, maar ek is (blykbaar) die wêreld se beste winduitvrywer, jip jip jeppa!! Ek het dit al by meer as een geleentheid gehoor. Ek vryf so goed, ek burp sommer saam :mrgreen:

        Like

  6. Kan ek nou ‘n spanner in julle se werke gooi en vra WAAROP gaan julle hierdie CD speel daar op die verlate eiland? Want krag gaan daar sekerlik nie wees nie en hoe lank voor die batterye pap is? Nee wat, dan klink die eie instrument opsie beter. Ek sal my ukulele saamvat 😆

    Like

    1. nou wat vir ‘n ding is ‘n ukulele???? En waaraan ek al die heeldag dink…. as jy WEET jy gaan op ‘n verlate eiland strand en beplan om in te pak daarvoor… gaan jy nie maar die eiland skip nie??? of is jy lus om vir ‘n “stout” naweek saam met jou geliefde daar te strand???

      Like

  7. Jammer Toortsie, ek was so lank laas op my blog en in die blogwêreld, weet nie eens meer my eie adres nie: andrinie.wordpress.com. Ek mis julle in die bloglewe en ga somma dadelik plan maak. Ek geniet jou blog, het “Fireproof” gesien, sal probeer om die boek in die hande te kry. Sterkte en sëenwense vorentoe. AndRinie

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s