Positiwiteit is ‘n keuse

Ja! Positiwiteit is ‘n KEUSE! Dit het ‘n KOPSKUIF nodig! ‘n Wilsbesluit.

Daar het miskien lank gelede iets in jou lewe gebeur wat jy nog altyd met jou saamdra. Jou skouers is al seer van die gewig en hoe langer jy dit met jou saamdra, hoe swaarder word dit. Later voel dit of jy wil knak onder die gewig.

Miskien is dit iemand wat jou baie seergemaak het wat jy nie wil vergewe nie. Miskien het jy amper jou werk verloor, of dalk HET jy jou werk verloor en daarvandaan was dinge net nooit weer dieselfde nie. Jy het dalk in ‘n nuwe werk beland tussen mense van wie jy nie hou nie. Jy hou dalk nie van jou senior nie, om watter rede ook al.

Maar JY en JY ALLEEN het die KEUSE of jy die res van jou lewe daardie pakket met jou gaan saamdra. JY moet besluit of jy die persoon gaan vergewe, of hy dit verdien of nie. Jy het die keuse om te sê: “Tot hier toe en nie verder nie. Ek gaan nie meer toelaat dat slegte dinge in die verlede my hele lewe versuur nie. Ek gaan nie meer onder die wolk van die verlede lewe nie. Van vandag af gaan ek aan my eie toekoms werk, aan my eie voorspoed.”

Want, as jy aanhou toelaat dat die slegte ding jou onderdruk, help jy eintlik dat omstandighede vir jou baie erger is as wat dit behoort te wees.

‘n Positiewe gesindheid maak alles makliker! Neem daardie besluit VANDAG! Hou op kla! Omring jou met positiewe mense! Soek ELKE dag vir minstens EEN positiewe ding wat jy raaksien. Lees en lees jou Bybel met nuwe oë – daar is nie ‘n meer inspirerende boek in die wêreld nie. Kry jou krag by Jesus.

Dis my gebed dat elke persoon in ons land van vandag af sal begin werk aan ‘n positiewe toekoms vir ons almal. Elkeen van ons KAN ‘n verskil maak. Dit maak nie saak hoe GROOT of klein die verskil is nie – maak daardie verskil!! 😀  En gaan lees gou wat sê Jer 29: 11-14!

Nagedagte: Hanteer daardie issues waaraan jy so swaar dra deur ‘n TPM fasiliteerder te raadpleeg. Dis ‘n seker, maklike manier vir ‘n eerste stap tot positiwiteit.

**********************************************************************

Postaday onderwerp:   Who are the three funniest people in the world? Who are the three funniest people you know personally?  Wie is die snaakste mens wat jy ken? O, ek het ‘n vriend daar in Hopetown vir wie ons VREESLIK geniet. Hy laat net NIEMAND met rus met sy sêgoed nie. Totdat ‘n zebra een dag besluit het om vir hom terug te kry vir als wat hy altyd aanvang. Julle wil nie weet wat daardie zebra gedoen het nie!!! 😈

Troutip vir die dag:  Die OPMAAK is sooooo lekker!! 💡

Groetnis

Toortsie

Toorsie sefaceboekblad.

TPM Riversdal en Bredasdorp

18 thoughts on “Positiwiteit is ‘n keuse

  1. Ek stem met jou saam dat positiwiteit ‘n keuse is. Ek stem nie heeltemal saam met die filosofie van “komaan, ruk jou reg” nie. ‘n Negatiewe of depressiewe persoon moet die wilsbesluit en kopskuif maak om gehelp te wil word, maar dit vat baie hulp en ondersteuning om onder uit die gat te klouter. (Nou klink ek soos die president van ‘n Afrika land by ‘n VN vergadering). Om bloot so persoon te vertel om hom/haarself “reg te ruk” is om daardie persoon op te stel vir ‘n massiewe teleurstelling. Net een of twee sulke gefaalde pogings en die persoon gaan ophou probeer. Dit is in elk geval my ondervinding daarvan. Permanent negatiewe (depressiewe) mense het meer hulp nodig as net rasieleier toesprake.

    Like

    1. Jong, Plasie, ek praat nou met sommer net mense met ‘n negatiewe ingesteldheid. Mense wat ‘n probleem het met depressiwiteit, kan nie sommer net hulleself regruk nie, maar het hulp en medikasie nodig, omdat dit nie sommer net ‘n “geit” is nie. MAAR daar is soveel mense wat sommer net plein neusoptrekkerig is! Ek hoor presies wat jy se

      Like

  2. Die lewe gaan om keuses!! Elkeen het die reg op ‘n eie keuse, ek kies dit om POSITIEF te leef, want om met ‘n negatiewe houding deur die lewe te gaan, gaan jou net mooi nèrens bring nie!!! 😉

    Like

  3. Jy kan maar so positief as wat jy wil deur die dag loop en smile en als, maar party dae kry jy net daardie “inconsiderate” (die Afrikaanse woord pootjie my tong) bliksems wat jou hele dag onderstebo keer en dan wil jy vuurspoeg. Ook maar goed ek het nie ‘n vuurwapen nie, want ek sou dalk net party dae vergeet het dis onwettig om mense te skiet. Maar toe maar, more smile ons weer. 😈

    Like

    1. Son, vir wie dink jy skryf ek? NET VIR MYSELF!!! Daar is BESLIS sulke dae, dan moet jy net effens moeg wees en daar baie druk wees, dan foeter dit maar om positief te bly. Maar ek belowe jou, ek PROBEER HARD!!

      Like

  4. nie altyd maklik om positief te wees as die dr vir jou vertel jy het kanker en dit vir jou voel asof die behandeling jou gaan dood maak nie maar met God aan ons sy kan ons enigiets hanteer. Oor vergewinsgesindheid sê Jesus: Mar 11:25 En wanneer julle staan en bid, vergeef as julle iets teen iemand het, sodat julle Vader wat in die hemele is, ook julle jul oortredinge mag vergewe.
    Mar 11:26 Maar as julle nie vergewe nie, sal julle Vader wat in die hemele is, ook julle oortredinge nie vergewe nie.
    Dit is dus n ewigelewensnoodsaaklike vereiste om te vergewe.

    Like

  5. Die kruks van die saak is:

    Negatiewe ingesteldheid is ‘n keuse wat geen aksie nodig het nie – die maklike uitweg.

    Positiewe ingesteldheid is ‘n keuse wat altyd saam met aksie gepaard gaan – die moeilike een.

    Like

  6. Wee’ jy wat dié een mees belangrike eienskap van positiwiteit is? Dit het dieselfde een mees belangrike eienskap as negatiwiteit. Dis aansteeklik. Dit vryf af. Jy absorbeer dit as jy lank genoeg aan die een of ander blootgestel word. En boonop het die ekstreme vorm van elk, hoe sterker dit teenwoordig is, ‘n besliste absolute groter hekel aan die teenoorgestelde ervaring/ingesteldheid. Negatief haat positief – en die meer negatiewe vibe daar is, deste meer word die positiewe gede’grade’ na ‘n ‘kop-in-die-wolke’ leëkop-sindroom. En dis alsbehalwe wat dit is!
    Daar’s ‘n fyn lyn tussen negatief en depressief. Ek weet. Ek weet baie goed. Ek het dit beleef. Meegemaak. En nie net met een mens in my lewe nie. Ook met kollegas. Negatief voed negatief – en negatief groei met rasse skrede vinniger met negatiewe invloed as wat positief met positiewe invloed kan groei.

    Like

Gesels saam, asseblief!