Van ledigheid…

Ja! Julle weet wat kom van ledigheid! Een verveelde man wat nie geweet het wat om met homself aan te vang nie, gee toe vir die hele wye wêreld die geleentheid om vra vir hom te vra. So hou hy toe homself en ‘n hele klomp ander besig vir ‘n hele dag of twee. (Tsk) Sal SON dit toe sowaar raaksien en toe wil sy ook met alle mag gevra word!!! (Gmf!!) Maar nee! Dis nie genoeg nie! Toe gaan TAG sy sowaar vir my en nog ‘n klomp ander. (grom) En toe ek mor daaroor, moet ek aanhoor dat blogging nie vir sissies is nie! Bid jou dit aan!! 😦 Wel, net om te bewys dat ek nie ‘n “spoil sport” is nie, vra jou vrae. My buurman sê altyd: “Vra wat jy wil en ek sal antwoord wat ek wil.” Onthou net: “Respekteer my ouderdom!!!” 🙂 En aangesien die merrie so mal is om vragies te vra, mag jy maar die volgende een wees wat jou nek uitsteek en gevra word!! hehe. O ja, hierdie geleentheid is net geldig tot middernag. en julle mag so tot 5 vragies op ‘n slag vra. Terloops. Besef julle dat dit nog net 21 Januarie is en hier is al die 3e tag-speletjie vir die jaar.?? Is dit die plan om dit ‘n weeklikse aktiwiteit te maak??

Postaday: Describe what your laugh sounds like. Who in your family is your laugh most similiar to, and most different from?  Nee wat, ek het maar ‘n simpel laggie. Maar my skoonsus!!! Sy KAN lag!! En as sy aan die lag raak, hoor jy haar vir myle ver! En dis verskriklik aansteeklik! Op die ou end lag almal en niemand weet eintlik hoekom nie.

Troutoorts: Julle gaan darem seker iewers hierdie naweek vir ‘n alleen uitstappie? Soos ‘n uiteet of ‘n milshake of selfs ‘n piekniek??

30 thoughts on “Van ledigheid…

  1. 1. Een bestemming waarheen jy MOET gaan voor jy dooi.
    2. Gunsteling TV program – en hoekom?
    3. Die stoutste ding wat jy al ooit aangevang het -en was jy uitgevang?
    4. Is daar een besluit wat jy geneem het jre terug, en dit pla jou nog steeds?
    5. Wat is jou ‘signature’ dis. Die een wat almal altyd voor vra.

    Like

    1. 1 Net een? daar is so BAAIEEEE!!! Oos-Europa, Rusland, Argentinie
      2.kyk min TV. Boer soek ‘n vrou… ek laaik die boere
      3.ek is te soet vir woorde… het in my studentejare vir my boyfriend koffie in die bed geneem. Toe mag meisies nog nie in manskoshuise gekom het nie.
      4. nee wat
      5. ek is te impulsief kompulsief wat noem mens dit. nooit dieselfde nie. vandag maak ek hierdie ding en more het ek al lankal daarvan vergeet. my pasta is altyd lekker, en daar is nie noodwendig dieselfde goed in nie. lekker romerig. en natuurlik vleis vleis vleis. Ons boer daarmee!! tjoppies in die oond gebraai…

      Like

    1. 1. ou Rooi Rose, Finesse, ‘n hele klomp boeke oor huwelike, bybelstudieboeke oor Romeine en Hebreers, Christelike Nood- En Traumaberadingskursus boek 2 en 4; Deur trauma boek 5, die program van Annie… boring, ne???
      2.KAK!!!
      3. Dis redelik leeg. maar jy wil nie langs my wasbak sien nie!! als wat in die toiletsakkie en make-up sakkie hoort, le rondom die sakkies
      4. beide. verkies swart!! 😀 BAIE meer opwindend. en swart mag maar uitsteek. Iemand het gese dat as jou bra se strap moet uitsteek, moet dit asb net nie wit of beidge wees nie!!
      5. altwee!! ek is ‘n vreeslike soettand.
      Haai ek kon nogals die vrae oorleef. heeltemal verniet gestres.

      Like

  2. 1. Sal jy in die Bosveld kan aanpas?
    2. Watter insident in jou onderwysdae berou jy die meeste?
    3. Wie is jou gunsteling akteur en aktrise?
    4. Voel jy ooit skuldig omdat jy jou dogter so skaamteloos voortrek?
    5. As jy moet betaal om enige blogger te ontmoet, wie sal dit wees?
    6. Wat is jou gunsteling fliek?
    7. Wat was jou grootste teleurstelling?

    Like

    1. 1. ek weet darem nie. so gewoond aan die overberg se vlaktes en oopte en wind
      2. mens maak maar foute. het ‘n kind een keer van sy stoel afgeklap. maar ek is nie spyt daaroor nie. HY WAS!!
      3.jy gaan my nie glo nie. Ek kan mos glad nie name onthou nie. So, as ek na ‘n fliek kyk, weet ek watter GESIGTE in oulike flieks speel. dan kies ek daardie fliek. maar hulle name? Ek sal my dogter vra.
      4. NOOIT!! Het mos al in die hospitaal besluit dat ek haar gaan bederf. maar die seuns kry darem ook so af en toe ‘n bederfie. net soms.
      5. Die heks!!
      6. daar is die name ding al weer!! August Rush. Flica. Tornado. enige fliek. comedie. love-story. lekker huil flieks. my kinders kies gewoonlik en ek kyk net saam.
      7. nee man. daar is nie so iets nie. teleurstelling?? nee wat. die gate in my kop is te veel, kan nie so iets onthou nie

      Like

  3. 1. Het jy al ooit gerook?
    2. Wat was die dronkste wat jy al ooit was?
    3. Watse koffie drink jy?
    4. Bak jy koeksisters en hoe lekker is dit op ‘n skaal van 1 – 10?
    5. Wat fassineer jou absoluut (reis en tale tel nie)?

    Like

    1. 1. het een keer een trek gevat aan ‘n sigaret. AAKLIG!! (my ouers het nie gerook nie, so ek het dit nie regtig geken nie)
      2. ek het net 3 slukkies nodig om lekker laf te word. maar ek dink ek was al die heel dronkste sonder dat ek ‘n druppel gedrink het!! het al in mosambiek op tafels gedans.
      3. Nescafe Classic en sommer baie keer Ricoffy
      4. nog nooit gebak. martjie het nogals verlede week probeer. op die skaal? en aangesien ek haar bederf? 14!!
      5.mense en hoe hulle dink en hoe hulle optree. tale fassineer my glad nie. ek kan dit nie verstaan nie. o, en JY!! 🙂 En mense wat geen kans vir sukses gehad het nie en dan uitblinkers word!! WOW

      Like

  4. Ek vra dieselfde 1ste vraag oral waar ek lees, ok?
    1. Wat sal die allermoeilikste ding in die wêreld wees as jy dit móét opgee?
    (a) Mens
    (b) besitting
    (c) gewoonte

    Vir jou:
    Wie of wat is/was consistently jou een allergrootste inspirasie?

    Like

    1. 1. dit sal bitter moeilik wees om MY mense op te gee. maar die heel moeilikste is seker om ‘n gewoonte op te gee..
      2. Dit inspireer my geweldig baie as ek iets doen en ek sien dit beteken vir iemand anders iets. Of iemand het voordeel daaruit.Wow. dan raak my verstand aan die hardloop. Soos dat die plaaskinders floreer op die ophyeffingswerk wat ek doen.

      Like

        1. SIEN! DIS HOEKOM EK DIT NIE WOU DOEN NIE! NOU SIEN JULLE HOE STUPID EK IS!!
          a) NEE!!! ek kan nie kies nie!
          b) ag, sommer my laptop. want hoe gaan ek kyk wat julle als vir my skryf as ek dit nie het nie?
          c) gewoonte? my groot mond wat aanmekaar oopspring en te gou praat.
          het ek dit nou reg verstaan???

          Like

  5. Hi Toorts, vra is vry en vry is lekker ne!

    1. Gunsteling woord of sê- ding…hopelik nie dieselfde as die vloekwoord nie 😉
    2. Wat dryf jou tot trane?
    3. As jy in ‘n ander land MOET woon, watter een sou dit wees?
    4. Watter sintuig sou jy bereid wees om op te gee?
    5. Wat is jou gunsteling tydverdryf op die plaas?
    5. Sou jy ‘n vegetariër kon word?
    5. Wat was die een ding van jou kinders se tienerjare waarvoor jy die bangste is/was?

    😉

    Like

    1. ‘n lekker besigheid, sê ek jou!!
      1. gits. o, ne? jy sal maar my man moet vra, ek dink ek praat baie. weet nie of daar iets is wat ek meer sê nie. sy nr is 082 … zzzz
      2.my trane loop maar maklik. maar as ek teen ‘n mens vasloop wat in koppigheid soos ‘n muur staan…
      3. seker maar Australie. Wes-Australie. Dis baie soos by ons en daar is al familie.
      4. al klaar besig om swakker te hoor en te sien. die ouderdom,
      5. gaan stap
      6 weet darem nie. nie solank ek getroud is met ‘n skaapboer nie.
      7. mal oor tieners. so ek het dit gevat soos dit kom. mens is mos maar bang hulle haak uit!! maar hulle was nogals almal oulik 😀 aard seker na die ma!!

      Like

  6. 1. Wat is die lekkerste herinnering van jou kindertyd?
    2. Het jy een kleur wat uitstaan in jou klerekas?
    3. Vertel ons bietjie van jou liefde vir musiek. Instrumente?
    4. Wat staan vir jou die meeste uit: Jesus se kruisdood of Sy liefde?
    5. Bestuur jy ter wille van die lekkerte of omdat jy moet?

    Like

    1. 1. Ek het wonderlike kindertyd gehad. Baie saam met my pa op die plaas rondgery, saam in die stropers, trekkers, ens. Ek en my ma het ook goeie tyd saam gehad. Baie beskermd grootgeword.
      2. My dogter sal sê ROOI. Maar deesdae is daar nie so baie rooi meer nie. dalk blou. maar eintlik BONT!!
      3. Het op skool tot matriek klavier geneem. maar altyd weer begin en opgehou, soos die tyd my toegelaat het. Het later klavier gr 8 gespeel. Kitaar ook geneem Akoesties (maar rockerig) ek het nooit so goed gedoen met die rowwe speel nie, en speel maar saam as ons sing by die bybelstudie ens. Neem nog steeds blokfluit by ‘n vriendin, maar helaas, dis meer ‘n gesels as geblaas! Het altyd my dogter begelei, maar ek wil nou nie meer nie. Haar onderwysers moet maar self ‘n plan maak.
      4. Is daar ‘n verskil?
      5. Kar bestuur? of Besigheid bestuur? Kar – omdat ek moet. Ek gee nie om om te ry nie, maar dit maak my tog moeg. onthou, dis 50 km dorp toe na die een kant en 32 na die ander kant. So dis ‘n uitstappie as ek moet dorp toe gaan.

      Like

  7. 1. Jou kuikens is amper uit die nes. Sien jy uit daarna om weer alleen saam met jou man te wees?

    2. Dink jy jy sal ‘n goeie skoonma wees?

    3. Dink jy die duiwel is in beeldjies, musiek, ens.?

    4. Wat is die eerste woorde wat jy eendag uit Jesus se mond aan jou wil hoor wanneer jy die hemel ingaan?

    Like

    1. 1. Almal koshuiskinders. So hulle is eintlik al lankal uit die nes. in die week is ons alleen saam. Ons probeer nogals soms iets daarvan maak. Maar ek weet nie wat volgende jaar gaan gebeur nie!!???
      2. Hoop so! Ek hoop nie ek sal inmeng nie! Ek kom darem goed reg met die “skoondogters”.
      3. Daar is seker maar van hulle wat erg is. Maar ek dink nie regtig so nie. Maar dit is mos so dat ritme, ens in massiewe invloed op jou het. So, ek weet nie. Die woorde van baie van die goed is maar baie erg, maar luister mens regtig daarna?
      4. My kind!!

      Like

  8. Hello Toortsie 🙂

    1) Wat sou jy nou gaan studeer het as jy so pas matriek geslaag het?
    2) Dans jy soms as niemand jou sien nie?
    3) Wat laat jou sommer hard en lekker lag?
    4) Lees jy een boek op ‘n keer of sommer ‘n paar?
    5) As iemand jou nou regtig wil bederf, wat moet hy of sy doen/koop?

    Like

    1. 1. maar weer onderwys, maar ek dink ek sou wel musiek gaan doen het (wat eintlik my plan was, maar toe was ek hardegat!!) ek voel al hoe meer dat mens jou hart moet volg en die gevolge dra.
      2. ja! baie!
      3. as julle so laf is op die blog, soos adoons wat nou die dag vertel het van die man met die fiets wat hy so skrik gemaak het
      4. hele paar
      5. kom ons gaan eet uit.

      Like

    1. Hi Skoor!! Eintlik is die vraetyd al verby. Maar omdat jy ordentlike vrae gevra het, sal ek antwoord!! Maar ek drink moerkoffie!! Weet jy dan nie? Jy gooi die nescafe in die koppie, dan… Maar die eintlike rede is dat net ek ‘n koppie koffie drink, niemand anders in die huis. En ek drink net 1 koppie op ‘n dag, anders…. sien, die wakkerle probleme begin op my ouderdom!
      Ja, ek like uiteet. Dit gebeur nou nie daagliks of selfs weekliks nie. Ek sal verkieslik vis of hoender bestel, omdat ek so heeldag rooi vleis eet. Vars plaaslug!!! Mens kan darem nie sonder vars water leef nie, ne??

      Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s