Vir Afrikaanssprekendes

Ek het vandag ‘n uitdaging aan elke afrikaanssprekende persoon in die buiteland. Eintlik is dit ‘n uitdaging aan elke afrikaanssprekende persoon, ook hier by ons. Want ook hier by ons word daar al so baie engels in die werkplek gepraat – afrikaanssprekendes praat met mekaar engels!! So, my uitdaging aan die plaaslike mense – kom ons praat afrikaans in ons werkplek. Ons dring nie ongeskik aan om afrikaans te praat nie, maar ons groet bv die ander mense vriendelik in afrikaans!! Vir die buitelanders daag ek uit – leer die mense met wie jy nou saamwerk die basiese afrikaanse woorde, bv. Goeiemôre; Hoe gaan dit? Dit gaan baie goed, dankie. Wat is jou naam? Ens.  En kort voor lank stel hulle dalk meer in afrikaans belang en stel hulle dalk belang om meer daarvan te leer…  En daar is so baie van ons onderwysers wat in die buiteland skool hou. By die skool in Australië waar my skoonsus skoolhou, is daar minstens drie (!) afrikaanssprekende onderwysers! Leer ‘n bietjie vir jou klas om soggens mekaar in afrikaans te groet…. en, indien daar dalk genoeg belangstelling is…. wat verhoed julle om afrikaans as ekstra vak aan te bied vir die wie graag dit wil leer?  Wat van jou buurman met wie jy goed oor die weg kom? Sal hy nie daarvan hou om ‘n bietjie afrikaanse woorde te leer nie?  Ons KAN ons taal ‘n wêreldtaal maak!!

##################################################################

Ek wonder net…. is dit nie moontlik dat winkel-eienaars vir hulle kassiere en pakkers kan leer om vrugte en groente SAGGIES te hanteer nie?

Pos van die dagHere’s today’s topic idea:
Describe the wackiest but most useful advice you’ve ever received.  Ek kan nie nou dadelik aan iets dink nie. Dink julle solank!!

Troutip: Vang ‘n vry!! 😀

12 thoughts on “Vir Afrikaanssprekendes

  1. Ons praat darem Afrikaans by die werk. Slegs in vergaderings waar daar wel anderstaliges betrokke is, word daar Engels gepraat…

    Gepraat van PAKKERS!!! Jy moet hoop en bid jy is nie my pakker in ‘n winkel nie. Ek het nou die dag selfs die bestuurder van ons Spar uitgetrap omdat dié homself wou handig maak met my tamaties en Simba skyfies (ewe eerste onderin die sakkie ingedruk!! ) 👿 Ek pak my inkopies self in, dankie. Jinne, ek kan vir my wip vir die ongeërgdheid waarmee hulle my ‘sagte- en brosware’ (dus my hardverdiende geld) hanteer!

    Like

    1. En my koekies! Hulle vermorsel altyd my koekies, veral my tennisbeskuitjjies. EN druk my brood skoon skeef. Ek pak ook my eie goed in.

      Hier by ons praat ons baie Afrikaans, maar hier is ook 3 Franse wat saam met my werk. Ek leer juis nou die een ou Afrikaans en hy leer my Frans 🙂

      Like

      1. Die probleem is dat ek net een keer per week kruideniersware koop. So, dis altyd ‘n trollie vol en as ek dan die trollie uitpak, pak die vermorselaars solank in in die ander kant. Dalk moet ek inpak en vir hulle vra o dit uit te pak. Die kassier het al ‘n sakkie perskes 20 cm laat val!!!

        Like

  2. Ek skop ook soos ‘n donkie vas oor Afrikaans – die Nederlands moet of probeer verstaan of eenvoudig nie luister na wat ek se nie 😉

    ‘n Pakker by die winkel moet waag om nuwe tydskrif oop te maak en na ‘n paar bladsye te loer – dit is soos ‘n rooi lap voor ‘n Spaanse bul – hy/sy sal moet hardloop!!

    Like

    1. My kinders waag dit nie eers om my tydskrif voor my deur te blaai nie!! En die H3 het net éénkeer een van my nuwe tydkrifte uit sy geseëlde sakkie uitgehaal 👿

      Like

  3. Ha! Ek se mos- die nuwe wereldtaal!!! Almal moet net doe soos jy se, en siedaar!!! In Holland koop die mense deesdae graag droewors en biltong! Vra my , ek weet. En daar is ‘n klomp Suid-Afrikaners wat almal vriende is. Nou moet hulle net hulle enkele Hollandse vriende insleep in die taal in…..

    Like

    1. Seegogga – biltong raak ORALS ‘n gewilde ding…
      Smurfi – is die dialek van engels wat julle daar praat dalk MINGLISH?? Oor die pakkers – vir baie lank het ek baklei. Nou, as ek by die till kom, vra ek: sal jy tog asseblief die vrugte saggies hanteer. Of, as hulle die eerste ding gooi (ek kyk gewoonlik wat hulle met die persoon voor my se goed doen), sê ek: Stop! Dan kyk ek die persoon in die oe en vra: Gooi jy jou eie goed ook so? Dan hanteer hulle selfs ‘n blik koffie of dit die fynste glas is. My heel nuutste is deesdae dat ek as ek begin om die goed baie saggies op die toonbank te sit, se ek “saggies saggies saggies”. ek vra ook vir hulle: Leer hulle dan nie vir julle dat julle mooi moet werk met die customer se goed nie? Ek vra dit net deesdae met ‘n glimlag en ‘n mooi stem, dit lyk my dit werk beter as wat ek die kwaai een is.

      Like

  4. Hier op die Suidkus, is baie meer Afrikaans as wat hulle wil voorgee, maar nou is dit so dat elkeen wat jy raakloop begin met jou Engels te praat, tot jy agterkom maar die persoon is dan totaal Afrikaans (dit slaat tog deur in die manier van woorde uitspreek in Engels as jy gebore Afrikaans is) dan val mens gou weg inAfrikaans …. vir wat Engels praat as jy kan Afrikaans praat hier in Natal onse eie klein Engeland!!!! 😆 Natuurlik is die groter meerderheid net Engels en Zoeloe magtig, maar tog woon hier verskriklik baie Afrikaanssprekendes ook.

    Wat die verpakkings by supermarkte betref ek keer en en kyk heeltyd dat hulle tog nie my vrugte, brode, en chippies pap druk en verkrummel nie, dit is net of dit nie eers by hulle registreer nie!! Ek haat dit as ek by die huis kom en die brode is plat en skeef gedruk ens. Hoeveel keer dink julle sou mense al vir dieselfde persoon of persone gesê het asb. moenie die brode en sagte goed saam met ‘n 2 Liter coke of wat ookal verpak nie? honderde kere en hulle sal maar aanhou om dit te doen. Woolworths is die enigste plek wat hul pakkers 100% leer hoe om te pak.

    Like

  5. Hi

    Ons bly in ‘n ver mistige land en het die geluk om saam met my seun te werk .Ek en hy praat altyd Afrikaans met mekaar tot groot ergenis van party mense…maar dis daai selfde mense wat nou baie goed Afrikaans verstaan en wil ‘impress’ met hulle ‘Baaie Danku’
    Ek is nou ook besig om ( teen wil en dank) my kleinkind Afrikaans te leer.

    Hier moet jy self inpak maar moenie worry nie , die kassierter doen haar bes om die blikkies op jou ‘chips’ te laat val en dan nog met daai uitdrukking van …’Strike One’

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s