60 minute….

Posvandiedag onderwerpAs jy nog net een uur oor het om te leef, wat sal jy met daardie laaste 60 minute doen??? 

Ek wou die vraag sommer net vinnig antwoord op my vorige pos (ek het eintlik), maar besluit toe om dit op sy eie te hanteer. Wat gaan ek maak as ek weet ek net een uur oor het om te leef? Sjoe! Dis ‘n DIEP onderwerp wat hulle uitgedink het!

Ek sal vrede maak met enige een met wie ek in onvrede leef…  Maar hoekom moet ek wag tot ek net een uur oor het? Dis mos iets wat ek in elk geval moet doen. Vandag! Nou! Daar is na my mening nie regtig so iemand nie. Nee, ek jok. Daar is iemand…  maar eintlik het ons al vrede gemaak, ons soek mekaar net nie meer so baie op nie…..  Dis dalk iets om aan aandag te gee….

Ek sal vir oulaas vir my ma, my man en my kinders vertel dat ek hulle VERSKRIKLIK lief het, en vir hulle in die hemel sal wag.  Dis iets wat ek darem gelukkig op gereelde basis doen, so, indien ek nie die uur het nie en nou gaan, is dit reg so…   En dan is die uur al om!!

Wat sal jy doen? Hoekom stel ons sulke dinge uit? Want dis daardie dinge wat in ons kop opkom as ons so ‘n vraag hoor, wat eintlik die heel belangrikste dinge in ons lewe is……

Vir getroudes, vriende, familie, almal…… Vergewe!!! Vergewe!!! VERGEWE!!!!

14 thoughts on “60 minute….

  1. Sjoe Toorts – jy raak darem baie diep so vroeg in die Nuwe jaar!

    Nee wat, ek hoop nie ek los gewigtige dinge, soos jammer-sê, vir daai laaste uur nie. Ek sal ook maar net in my man en kinders se arms wil wees en vir hulle vertel hoe lief ek vir hulle is. En hulle uit hulle sokkies uit seën.

    En…

    As daar tyd is, sal ek nie omgee om ‘n laaste ou stukkie kaaskoek deur te werk nie! He he….

    Like

    1. Daardie kaaskoek idee klink glad nie sleg nie, hoor!! O Ja, dis nie MY idee om so diep te wees nie, ek het die “opdrag” of “idee” van “iemand” by WordPress gekry, so ek het dit net deurgevoer.

      Like

  2. As jy in elk geval nie leef asof vandag jou laaste dag is nie. dan leef jy nie. Ons moet elke dag iets interessant, iets gewaags (soos om jou skoonma te vry), iets nuuts by leer, iets doen wat jou laat lag en iets doen wat jou vry laat voel (swem kaal in die rivier – dit is in elk geval warm). Ons neem te vanselfsprekend aan dat ons nog lank gaan leef. Enjoy life!!

    Like

  3. Jou skoonma vry??!! 😯 Oh my WORD!!!
    Nee, ek is heeltemal ‘by’ wat betref ‘iets gewaag’ – selfs kaal swem, maar ek is wragtig gekant teen die ekstreme – en dit sluit in enigiets waar ek iemand anders mee te ná gaan kom (en my skoonma sal my dalk in alle geval ‘n wetterlike vet klap toedien 😛 )
    Ag, toemaar ek weet dit kan seker skoonpa ook wees in welke geval skoonma my presies dieselfde vet klap sal gee 🙄
    As ek net 60 minute oorhet might as well ek seker maar die Apiesrivier aandurf… Dalk verkort ek daardie ellelange martelende 60 minute na 5 toe. Want jinne – ek sal seriously vra vir afslag op tyd as ek weet ek het net een uur oor.

    Like

      1. Toemaar Toortsie – die groendakkies ehhhmmm Weskoppies het ook so ‘n swembad soos joune. Hulle swem elke dag te héérlik daarin. Verál as daar teen Maart genoeg reënwater daarin is… :mrgreen:

        Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s