Wat vertel jou gesigsuitdrukking?

Ek het gou ‘n oombik ‘n kansie om hier in blogland te kom draai, so….

Ek het so in die verbyloop gesien dat Finesse hierdie vraag vra, maar het nie die artikel gelees nie. Maar dis ‘n relevante vraag. Wat vertel jou gesigsuitdrukking vir ander mense? Mense wat jou nie eers ken nie? Wat lees hulle op jou gesig? Vreugde? Vriendelikheid? Smart? Woede? Stres? Moegheid????

Ek moes een keer in ‘n winkel in Athlone ingaan om iets spesifieks daar te gaan soek. Ek was so duidelik uit my plek uit, almal kon dit op my gesig lees. Toe ek so met die trap ophardloop, roep die winkelassistent onder by die toonbank vir my: “Don’t stress so, lady!!” Toe ek uiteindelik op die boonste vloer kry wat ek soek, sê die persoon wat my help: “Dame, gaan koop eerder by ‘n ordentlike plek dit wat jy soek. Hierdie is nie die kwaliteit produk wat jy wil hê nie.”  Miskien was die persoon net eerlik? Miskien het hy my opgesom as iemand wie ek dalk nie wil wees nie? Dalk het hy my heeltemal reg opgesom.

Ek ken ‘n dame wat se gesig altyd getrek is in ‘n negatiewe trek. 😦  Sy glimlag selfs onder toe. Wanneer sy haar mond oopmaak, kry mens dit wat jy verwag – klagtes en negatiwiteit. Syself ervaar haar dalk as positief, maar haar gesig verklap iets anders.

Ek het een keer gelees dat jy selfs moet glimlag VOOR jy ‘n telefoonoproep maak. Ek konsentreer selfs op my gesigsuidrukking wanneer ek op my blog skryf…  🙂

Hoe verkoop jy jouself? Is dit wat die mense in jou gesig sien, dit wat jy graag wil hê hulle moet sien??

NS. Gee vir die res van die dag vir jou man/vrou elke keer ‘n geheimsinnige glimlag wanneer jy by hom/haar verbystap…… 😀

Advertisements

14 thoughts on “Wat vertel jou gesigsuitdrukking?

  1. So waar… ek ken ook sulke mense en dan is hulle eerste om te kla van ander!

    Destyds toe die mense van TVOS en die Lugmag hier op die dorp ingetrek het, het baie gekla die dorp se mense is “stuck-up” en onvriendelik. Ek sê weer as jy met ‘n glimlag rondloop en mense groet (en nié verwag ander moet jou eerste groet nie), sal die mense jou nie as “stuck-up” en onvriendelik ervaar nie (ook nie anders-om nie)! Daai gesiguitdrukking sê dit alles!! Smile, and the world smiles with you!!

    Like

    1. dis baie keer die klagte van mense wat in ‘n plattelandse dorp intrek, dat die mense hulle as ‘n “inkommer” hanteer. Op die ou end is dit net JYSELF wat besluit of jy gaan inskakel of nie…

      Like

  2. O wee, as ek my man ‘n geheimsinnige glimlag gee gaan hy dalk erg bekommerd raak 😆 Nee, darem nie!

    Dis waar dat mens self jou geluk bepaal met jou houding wat weerspieel word deur jou gesig. Ons het amper 3 jaar gelede in hierdie dorp ingetrek. Voorheen het ek maklik gesê ek wil nie weer op ‘n klein plekkie bly nie – ons was toe al 15 jaar + stadsjapies. Maar toe dit kom by die besluit, het ons almal besef dis die regte ding om te doen. En ons was baie positief oor die trek, die plek en sy mense. Ons is vreeslik gelukkig hier, hoewel daar van die inwoners wat langer hier bly is wat negatief en vol klagtes oor die plek is. Ek hoor wat hulle sê en hulle klagtes is gegrond op die werklikheid, maar die dinge wat hulle pla, is nie vir my belangrik nie. Ek kies om op die positiewe te fokus. Hoop my gesig weerspieel dit wanneer ek in die straat loop.

    Like

  3. My kollegas het toentertyd vir my ‘n poster opgehang met ‘n tuurende arend daarop – die onderskrif was: “I AM smiling”. Hulle het gereken dis vir vreemdelinge en besoekers wat dalk nie my binneste deur die effe ‘bemoerde’ uiterlike uitdrukking kon raaksien nie….
    Ek hét nogal ‘n ‘harde’ g@tsiggie – nog nooit pruilbek, poppiepragtig, sweetly smiling gelyk nie. Die mense ná aan my het al tussen die nuances daarvan geleer ‘lees’… die ander moet maar leer – dis hoekom ek geleer het om in ‘n winkel of bank of waarookal altyd ‘n kort nice woord of twee te ‘drop’ – dit noodsaak my om te smile en met die stemtoon saam glo hulle my darem gelukkig. Niks, NIKS is so erg as om iemand raak te loop wat so moerig lyk nie.
    (Die Helge reken ek het my mees bemoerde uitdrukking in die gym. Niemand groet my daar nie. Hulle sluip verby. Ek lyk seker vreeslik gefokus. Ek moet toegee – ek het ‘n love-hate verhouding met daai plek. Hy wens ek wil ten minste probeer lyk of ek dit geniet (reken ek is baie ‘bad’ advertensie vir sy persoonlike training skills 😆 )
    Ek sê altyd ‘kyk dieper’ – kyk vir die ogies – skitter blink hulle? is hulle ‘wakker’? Dan’s daar hoop.
    Ek sukkel om geheimsinnig te glimlag, Toortsie… ek sukkel met die verleidelike blikke en die sexy mondhoek-smile. Ek stuur sommer maar ‘n sms wat sê: “Mmmmmm…” – dis my manier van geheimsinnig glimlag 😉

    Like

  4. Toortsie, Lyftaal en gesigsuitdrukkings vertel so baie. Mense sien my soms as die ernstige tipe, maar eintlik hou ek van joke en lag, ek is nie ‘n bakleierige of kwaad wees mens nie.. Eending moet ek ook erken ek smile gewoonlik baie en niemand sal ooit weet wat in my binnerste werklik aangaan nie, soms huil jy van binne maar jou gesig groet en glimlag maar, sodat jy nie wys wat regtig jou omkrap nie, so kan ‘n glimlag ook maar baie wegsteek, baie mense is maar so hulle wys nooit hul seer vir ander nie. Ek dink dat dit ook vir jouself ook dan beter is, en verwerk jy jou dinge so by jouselwers vinniger, deur maar altyd te smile en vriendelik te wees. Dan is daar ook nog die Aura bubble wat ons om ons het, wie jy toelaat in daardie bubble en wie jy net mee vriendelik sal wees maar hulle word nie regtig in daardie Aura bubble toegelaat nie. 😆

    Like

  5. Mammas maak hulle kinders groente eet met my gesigsuitdrukking, en bouers gebruik dit vir verfstroper. Dis nou aldus my liefste vroutjie, maar ek dink sy oordryf want ek is eintlik ‘n vriendelike outjie 😆

    Like

  6. Gesigsuitdrukkings, en ja, jou stem oor die foon selfs verklap baie. Ek word nie sommer demoerin nie, maar blykbaar kan mens dit in my oë sien – blykbaar word dit onnatuurlik helder blou 😆

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s