Verklaring oor my taal…

Afrikaans is my taal. My Moedertaal. Die taal waarvoor ek lief is. Die taal wat ek nog my lewe lank in die huis praat, waarin ek skool gegaan het en waarin ek onderrig is op universiteit. Ek is NIE ‘n taalkundige nie en is baie meer syfervaardig en musikaal as taalvaardig. Maar dis my taal. Dis die taal waarin ek blog. Ek lees wel soms Engels en praat dit ook as dit nodig is sonder verset, maar ek verkies beslis ‘n Afrikaanse boek. As ‘n boek oorspronklik in ‘n ander taal geskryf is, en oorvertaal is na Afrikaans, verkies ek die Afrikaanse weergawe. Dis die taal waarin ek gemaklik is.

Al kry ek al die kritiek in die wêreld, al dink ander dalk dis ‘n kombuistaal, sal ek, sover moontlik, vir die res van my lewe Afrikaans praat en dit probeer bevorder op alle terreine binne my bereik. Ek kan met trots sê dat ons plaaskinders se taalgebruik verbeter danksy my betrokkenheid. Ek het al ‘n Xhosa-sprekende kind op ‘n eistedfodd laat sing: “So ry die trein.” Pragtig!

Ek GUN elke persoon in die wêreld om die taal van sy keuse te praat. Ek dink nie Afrikaans is ‘n beter taal as ander tale nie. Maar ek verkies Afrikaans!!

Wie weet wat op die maagkant van hierdie T-hemp staan??? 😀

Groete

Toortsie

Toortsie se Bantingboerekos Facebook page

Toortsie se Facebook page

Finesse Blogger van die week

Toortsie by Finesse: Eerder kwaliteit as kwantiteit

Toortsie’s LCHF Journey 

Toortsie op Pinterest

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Verskeidenheid Onderwerpe and tagged , , , , , , , , . Bookmark the permalink.

24 Responses to Verklaring oor my taal…

  1. Nikita sê:

    Praat Afrikaans of hou jou bek! – daardie t-shirt en hemde het ek ook al op my blog geplaas lol! Ek stem saam met jou! my ander siening: educated the uneducated ABOUT Afrikaans in English – dis wat ek met van my inskrywings beoog…om SA bekend te stel en ook om die oningeligtes in te lig, want HOE ANDERS sal hulle dan weet – as hulle nie die taal dan verstaan nie. 🙂

    Liked by 1 person

    • toortsie sê:

      Ja! Ek het geen probleem met jou siening nie! Ek weet die t-shirt is uit die oude doos, maar die foto wat al 6 jaar gelede geneem is, pas toe so mooi…

      Like

      • Nikita sê:

        Ke nna le Leafrikanere, ke a leboga, setšhaba sa rena tšêšo. [phew – was bietjie ‘n gesukkel, maar soort van reggekry – sal NIE probeer dig in Sotho nie, darem so effense agtergrond na 6 jaar, waarvan 2 op skool was. 🙂 -] Toorts, ek druk my miskien heeltemal verkeerd uit as ek hier by jou kommentaar los, sal ek maar in die toekoms eerder net lees…LOL! [ek het geweet jy het nie ‘n probleem nie, dis nie waarom ek die kommentaar hier gelos het nie, toemaar! Dis koud hier – ek sien natuurlik hoe sluk jy heerlike tuisgemaakte gemmerbier daardie kant af, ek wens ek het ‘n tenkvol hier gehad, ek sou lekker daarin wou rondswem!]

        Like

  2. BB sê:

    Ich bin ein Afrikaner :mrgreen:

    Like

  3. Ek is ook baie lief vir Afrikaans, ons praat dit by die huis. Dis die taal waarin ek leef.
    Om veeltalig te wees is egter ‘n gawe en ‘n talent. Ek wens baie keer ek kan sommer baie, baie tale praat want mens het so groot voorsprong wanneer jy met iemand in hulle eie taal kan kommunikeer. Ek is spyt ons is nie ‘n behoorlik ‘n inheemse swart taal op skool geleer nie, maar daai jare was ander jare.

    Like

    • toortsie sê:

      Hoe lui die spreekwoord? Iets soos – Hoe meer tale die man, hoe meer man die man! Ek respekteer regtig elke ander persoon se keuse van taal, en ek bewonder ander wat baie tale kan praat. ek het maar net my persoonlike eie keuse bevestig. BB! Jy is SO OULIK om 3 tale te praat en te skryf en te sing en te dig! Bravo!!

      Like

  4. Knipoog sê:

    Hi Toortsie – alles wat mooi is vir die nuwe jaar!

    Afrikaans is een van die GROOT redes hoekom ons die pad terug na Afrika wil vat. Ek het onlangs twee Afrikaanse boeke gelees – een van Deon Meyer en dan boek 1 van die Manheim sage – en was weereens verstom oor die pratige woorde wat ons tot ons beskikking het.

    😉

    Like

  5. Terug pieng: As jy anoniem kon skryf… | Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie

  6. Ansie sê:

    Ek is ook trots op my taal

    Like

  7. Ansie sê:

    Halo Toortsie, Ja ek verkies ook Afrikaans. Afrikaans is my modertaal, huistaal en die taal wat ek altyd praat.

    Like

  8. Terug pieng: 2014 blogresultate | Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie

  9. Terug pieng: Balans in grense | Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie

  10. Terug pieng: Blogontploffing | Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie

  11. Terug pieng: Hoesê??? | Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie

  12. Terug pieng: Ek wonder steeds | Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie se blog

  13. Ek is dit roerend eens. Ek was vir lank in die buiteland voor ons vir die eerstekeer weer “Afrikaanse” televisieprogramme kon begin kyk (danksy ShowMax) en was onaangenaam verras hoe Afrikaans in die volksmond n soort vrot Engels geword het.

    Liked by 1 person

  14. Ek droom daar van om ooit deur Suid-Afrika te reis
    Het dit in Afrikaans geskryf en daarna spesiaal vir U vertaal via Google-Translat
    Groetjes uit # Tienen Vlaandere.
    Daar is indertijd baie Vlamingen Saam met die Nederlanders uitgeweken na Suid-Afrika

    Like

  15. Terug pieng: Mees gelese bloginskrywings en anonieme briewe | Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie se blog

  16. Terug pieng: As Afrikaans sou uitsterf – lê jou eier oor jou erfenis | Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie se blog

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s