Oukersaand

Oukersaand. Geskenke uitdeel aand. Kersliedere… By Bethlehem in winterkou…Stille nag…  saamwees …  Ek weet kersfees gaan nie oor die geskenke nie, maar ons gee darem nog altyd vir almal iets. Maar as ons saam met die Aussie-familie kersfees hou, verseker dit altyd iets spesiaals. Die geskenke word, soos by baie ander, op oukersaand uitgedeel. Maar dis nie sommer net ‘n uitdelery nie! Die een jaar was daar net een Vader Kersfees hoed. Die hoed het dan van kop tot kop getoer en wanneer dit op jou kop was, het jy ‘n paar geskenke uitgedeel, gewoonlik met groot vermaak van al die ander.  Een jaar het elkeen ‘n paar geskenke gekry (enige name), wat hy dan moes uitdeel aan die betrokke persone. Die persoon wie die geskenk moet ontvang, moet dan op die uitdeler se skoot gaan sit! Onthou, ons praat hier van volwassenes! En natuurlik is almal ook nie ewe soet nie!! Dit neem amper ‘n hele aand net om alles uitgedeel te kry. En dan kry almal weer beurt om sy geskenk te wys, aan te trek, demonstreer, of wat ook al.  En dan is ons almal stokflou gelag! Ag, op die ou end maak dit nie saak WAT jy kry nie, jy kan ook nie altyd onthou WAT in jou pakkie is nie, maar die uitdeel daarvan is SO lekker, en SO spesiaal dat dit onthou word!  Saamwees is lekker! Kersfees is spesiaal!!!

Geseënde Kersfees!!!!

3 thoughts on “Oukersaand

  1. Jy laat my nou terugdink aan die dae op die plaas – wanneer die familie van die stede af plaas toe “ontsnap” het. Dit was lekker dae daardie, ons het altyd ‘n kersboom opgemaak [was altyd iets om na uit te sien!] en dan die geskenke ook – deesdae voel als so “kunsmatig” dat dit nie dieselfde voel as daardie tyd nie. Kersfees in die winkels is X-mas – die Christ is uit Christmas geneem en vervang met X – wat ‘n “onbekende” is. Gelukkig is dit nog Christmas vir die wat dit op die regte manier vier. Geseende Kersfees vir jou en jou familie!

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s