Kersvieringe en kersgeskenke

Ek besef dat sommige mense totaal oorhoeks gaan met kersfees. En dan is dit baie keer juis hulle wie dit dalk nie kan beskostig nie, wat hulle hele kersbonus opgebruik vir duur kersgeskenke. En ek besef dat daar mense is wat regtig baie swaar kry, wie al die feestelikheid sien en net bitter honger het… En juis daarom word daar al hoe meer klem gelê daarop dat ons nie so oordadig moet wees nie en ook dink aan hulle wat nie die voorregte het nie.

Tog is kersfees vir my ‘n feestyd. Dis baie keer die tyd wanneer familie van ver af kom en dalk die enigste tyd in ‘n jaar of twee wat ons mekaar sien. Hoekom sal ons dan nie fees vier nie? En ons Suid-Afrikaners vier mos fees met KOS, of het dit intussen verander? En deur die jaar is ek lief om vir iemand ‘n geskenkie te gee, of ‘n bos blomme…. hoekom sal ek dan dit nie met kersfees doen nie?

Dis ‘n wonderlike gedagte wat ons deesdae op die radio hoor, die paar dae voor kersfees, dat mense uitreik na die arm gebiede en ook daar gaan kos afgee. Dis dalk iets waaraan ons al hoe meer moet aandag gee, maar ons moenie net met kersfees ‘n gees van welwillendheid hê nie. Hoekom wag ons net vir Kersdag? Ons moet mos DEUR DIE JAAR ons oë oophou vir mense in nood en waar ons dit kan bekostig, uitreik en help. Ons kan ongelukkig nie ALMAL help nie, maar ons kan ‘n verskil maak om IEMAND te help…

Vir my bly kersfees nog altyd ‘n Christusfees, waar ons moet onthou WAAROOR ons dit vier, en dienooreenkomstig optree, tot eer van Christus.

Hoe vier julle kersfees? Wat doen julle vanjaar om dit spesiaal te maak?

8 thoughts on “Kersvieringe en kersgeskenke

  1. Ons deel geskenke met spesiale mense, maar vir my gaan dit meer oor die samwees – die vier van die dag. Lekker kos, waarvan daar altyd te veel is. In die laaste paar jaar het ons begin met die gewoonte om die kos aan almal as “takeaway” uit te deel as hulle huistoe gaan, met die doel dat jy oppad huistoe dit aan iemand gaan gee. Dalk op die straathoek by die robot, of die sekuriteit by jou kompleks ens. Daar word altyd so baie kos gemors, en dis ‘n goeie manier om nog te deel op Kersdag.

    Like

  2. Kerkdiens. Dan geskenke kom oopmaak. Dan eet. Niemand ry nêrens heen nie. So ons kan nie die take away ding doen nie. In die hometown het Homer die sekuriteitswagte by die saagmeul hulle kos en nagereg geneem net voordat ons aangesit het vir ete. Hier is nie ‘n sekuriteitswag enige plek naby nie.

    Like

    1. ekself doen nie vreeslik liefdadigheid op kersdag nie – dan is ek maar met my eie mense en vriende besig. Ons gee wel vir al ons werkers en hulle gesinne kersgeskenke en ook vleis voor ons weggaan…

      Like

  3. Sondag was die 1ste Advent… die kransie is gemaak en die eerste kers het al gebrand. Ek vier Kersfees amtelik dus al van Sondag af :mrgreen: Saterdag is die eerste naweekdag in Desember – dis koekiebak-dag by moeder se huis. (Moeder vergeet die ‘kinders’ (dis nou ek en die kleinkinders) is al mid-40’s en 20’s en ‘n teenager – ALMAL kry koekies om te versier 😆 maar ons entertain haar – en ons LIEF dit! Speel haar spesiale duitse XMas carol cd’s, sing kliphard saam en strooi 100’s&1000’s dat sy teen Paasfees steeds daarvan in die nooks ‘n crannies van die kombuis uitvee…
    Ons maak vir elkeen in die familie ‘n XMas plate – koekies, neute, droë vrugte en choccies en ek spike lemoene met naeltjies en versier met lint om op te hang – die reuk is sooooo Kersfees!
    En hoe ouer ek word, hoe deemoediger stem die Kersfees-spirit my. Ek vang my kort-kort met ‘n traan in die keel – die vet weet hoekom, want ek jubel eintlik in my hart oor ek weereens remind word dat HY gebore is, om my te kom red (iets wat mens teen einde November na ‘n lang jaar soms tend to forget).

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s