watervalle…

As daar nou iets is wat my nog altyd gefassineer het, is dit watervalle. Dis seker maar omdat ons nie lopende riviere op die plaas het nie. Natuurlik die grotes, soos die Victoria Waterval waar jy sommer natreën in die sproei van die valle. En Augrabies, wat ek nie meer so mooi kan onthou nie, omdat dit dertig jaar gelede was wat ons daar was.

Maar wat my amper nog meer aangryp, is juis die kleiner waterstroompies en watervalletjies, daar waar jy dit glad nie verwag nie. Ná dit gereën het ontspring daar orals in bergpasse en klofies stroompies en watervalletjies – o, dis so mooi!!

‘n Waterval wat my na aan die hart lê is die een in Meiringspoort, omdat ons ‘n tyd lank in dié poort gewoon het. En die poel onderkant hierdie waterval was my man se swemplek toe hy nog klein was.

Ons het een dag besluit om na die Gamkaskloof, oftewel Die Hel te ry. Toe ons by die omdraaipunt was, hoor ons ‘n donderslag. En in ‘n baie kort tydjie reën dit toe gou-gou ‘n hele klomp, soveel so dat die terugtog toe glad nie so maklik was nie. My seun het dit beskryf dat ons amper reguit hemel toe is daar in die hel! Maar daar, uit ‘n gat in ‘n rots, kom daar toe ‘n stroom water – ongelooflik!!! Dis iets wat ons seker nooit weer in ons lewe sal ervaar nie.

Soms moet mens ‘n bietjie moeite doen om by ‘n mooi waterval uit te kom. Pieternella (Daleen Matthee) was elke keer swanger as sy by hierdie waterval gaan draai het…  Jy ry ‘n hele ent deur die mooiste en hoogste suikerriet in so ‘n nou paadjie, en dan net skielik is jy by die waterval (in Mauritius)… En die Howick Waterval is alombekend, maar weet julle dat as jy by Howick so deur die plantasies ry in ‘n bergpaadjie, kom jy by die mooiste waterstroom uit … die Karkloof Waterval??

Watter watervalle bekoor jou?

7 thoughts on “watervalle…

  1. Behalwe natuurlik vir Vic Falls, wat vir my ‘n natuur-wnderwerk is, hou ek ook van Augrabies – wat ek bitter graag nog in volle vloed wil sien. Eintlik is ek mal oor alle vloeiende water.

    Like

  2. Ek het meer ‘n obsessie met wolke as water… maar antie Toorts is reg… daar is ‘n bekoring omtrent watervalle. Ek is mal oor die valle in Mpumalanga… Graskop se wêreld. Ek dink as jy lank genoeg stil sit sal jy die waternimfe daar sien speel.

    Like

  3. Daar is ‘n waterval naby Lusikisiki (Oos-Kaap), eintlik verby die dorp oppad see toe (na die Mbotyi Lodge) – geen mense nie, net ‘n grondpad en die wonderlikste natuur om dit. Dis pragtig!

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s