Mammas en babas

Daar is deesdae so baie druk op mammas om tog die regte dinge vir hulle kinders te doen. Lees sommer hoe mooi skryf Jane daaroor. Ek dink dit was in ons tyd al so, maar dit het beslis vererger.

Vroeër dae het jy, as jy hoor iemand verwag, ietsie kleins gegee, soos ‘n rammelaar (rattle). By die ooievaarstee het jy klein gebruiksartikels gegee, soos babapoeier, baba shampoo, ‘n lepeltjie, “nappy-liners”, boudjie-room, ens. Dan, wanneer baba eendag hier is, is iets groters gegee, soos ‘n kledingstuk, en by die doop dalk ‘n geldjie.

So het my mond ‘n rukkie terug behoorlik oopgehang toe ek by ‘n ooievaarstee was. Ek was in elk geval die enigste persoon wat botteljies Purity as geskenk gegee het. In elke pakkie was daar meer as een kledingstuk, die een mooier as die ander, duurder as die ander. Die ma het geskenke gekry soos ‘n loopring, en ander duur artikels.  Toe wonder ek – gee hulle nou weer ‘n geskenk as die baba gebore word ook, of is dit nou eenmalig en klaar??

Ons was die eerste paar jaar van ons getroude lewe verskriklik arm. En toe verwag ek ‘n tweeling. Ek het NIE geld gehad vir twee bababedjies, twee loopringe, twee…… nie. Daar was regtig net geld vir die heel nodigste. My ma het vir my ‘n tweelingwa present gegee, en ek het die babas sommer op ‘n matras laat slaap op die vloer. Hulle het ook net genoeg klere gehad en daar was beslis nie geld vir luukses nie.

Toe my dogter 7 jaar later gebore is, het ek geweet dat dit die laaste baba sou wees, en wou toe nie ten duurste ‘n klomp onnodige goed aanskaf nie. Ek het nie buitenshuis gewerk nie en alhoewel daar nie geld vir luukses was nie, het my kinders dit gekry wat ‘n kind op daardie ouderdom die heel nodigste het – moederliefde te alle tye.

Babatjies gee regtig nie om of hulle klere in ‘n boetiek gekoop is nie. Mammas, my liefdevolle raad vir julle is – gee eerder liefde en tyd vir jou kind, in plaas daarvan om jou te laat druk om te werk net sodat jy die luukses kan beskostig. Daar kom weer later die geleentheid daarvoor, maar solank jou kinders klein is, het hulle vir JOU nodig.

Natuurlik is daar baie mammas wat nie anders kan as om te gaan werk nie, ek het niks daarteen nie!!! Maar as jy dit enigsins kan bekostig om by die huis by jou kinders te bly – doen dit! Ek waarborg jou dat jy NOOIT daaroor spyt sal wees nie!! Ek is beslis nie spyt dat ek destyds daardie keuse gemaak het nie. En as jy iemand is wat dit kan beskostig om mooi goedjies vir jou kind te koop, gaan voort en geniet dit! Maar as jy ‘n mamma is wat dit nie kan bekostig nie, wil ek jou gerus stel – dis nie nodig nie!!!

Groetnis

Toortsie

Toortsie se Faceboekblad

Toortsie by Finesse: Wegbreek

Toortsie se Bantingboerekosboek faceboekblad

25 thoughts on “Mammas en babas

  1. EK WENS EK KON TANNIE SE BLOG KOPPIE EN SOMMER IN DIE SUIDERNUUS PLAAS!!!! Ek het al begin worry oor hoe ek tussen die nuutste mammas gaan wees as ek eers begin met kinders, en het daarteen besluit! Ek HOEF NIE te verander nie, ek sal nog vir my kinders springkasteel en modderkoekies verjaarsdae hou, gin se ge “fancy” parties soos vandag se mense hou van deur event planners gedoen word nie. Waar is die self insit bietjie liefde dan heen?

    Die lekkerste van my partytjies was elk geval die waar ons die vuilste kon raak, en wanneer ons die moegte die aand in die bad aan die slaap raak!!! Nou word die kindertjies so opgepas, kan nie regtig speel nie, want die mammas is bang die “designer” outfits kom iets oor, nevermind die kind nie!

    Like

    1. dankie lillibet, ek is maar versigtig om dalk op mense se tone te trap. So, ek dink ons los maar vir eers die Suidernuus!!! Dis mos ons elkeen se besluit of ons met die grand tannies gaan kompeteer, en of ons eerder onsself gaan wees! maar ek gaan kom loer wat jy by die partytjies doen – dalk sit ek saam in die modderdam …. klink HEERLIK!!!

      Like

  2. Dit is baie waar wat jy skryf. Al wat ‘n baba nodig het is liefde en basiese omsien. soos warmte en kos.

    @Lillibet Kennedy – jy praat so my vriendin het ‘n seuntjie wat sy verskriklik op piep en hy moet die designer klere aantrek en wat nog. Dit beteken hy mag nie sommer vuil raak nie want die klere is mos duur (hoe sal hy nou weet) Wat hy tog weet is as ek kom kuier dan gaan hy lekker vuil word.
    Sien ek het nie ‘n saak hoeveel dit kos vir die klere nie en ek maak seker hy bak modder koekies as ek daar is. So ook my sy 5de verjaarsdag met al sy maaitjies in hulle partydrag (wat net so designer kompitiesie is) spring hy in my hande en koondig klip hard aan “Thank goodness you turned up, I thought I was never going to get dirty on my birthday and it is just not worth it” sy ma weet nou as ek kom kuieer moenie die duur klere aantrek nie.

    Like

    1. miskien gaan dit ‘n marathon atleet wees. Maar weet jy, ons kan nie altyd die ma’s die skuld gee nie! Daar’s oumas wat aandra en vriende. Veral met ‘n eerste kind. Ek het nou die dag gehoor van ‘n ouma wat die nuwe baba se klerekas toegerus het. daar is NIKS oor vir iemand anders om te gee nie! As die ma nou die geskenke gekry het, moet sy dit maar gebruik.

      Like

  3. Tannies, julle moet hier in Joburg kom ooievaarstee hou – too terrible!

    Ek kry reeds skewe kyke omdat ek nie ‘n cot gekoop het nie, maar sommer by my suster haar camping cot geleen het (die ding is nog splinternuut, vir wat moet ek nou weer R5000.00 uitgee!?). En ons het eintlik die fondse om al die labels en “grand” goed te koop, ek weier net. Baby moet maar gelukkig wees in sy PEP/Ackermans/Pick ‘n Pay/ Charity Shop outfits. 😉 Dit is die liefde wat tel.

    Like

    1. So waar Jane. En veral die duur klere storie… daai kind groei so vinnig daaruit. En jy kannie van ‘n kind verwag om te verstaan hoe duur daardie uitrusting was nie, en dat hulle nie na hartelus mag speel nie. Sommer ‘n pot bollie as jy my vra…. en ‘n helse geldmaakstorie vir die winkels, want dis net hulle wat al die pad bank toe lag.

      Like

        1. Die hele doel van hierdie skrywe was juis om vir mammas wat nie wil toegee onder die druk van die image-jagers, en ook mammas wat dit net nie kan beskostig nie, moed in te praat. Julle is nog steeds goeie mammas, al koop julle nie daardie duurste goed nie!

          Like

  4. Ek is dan seker skuldig. Ek daag gewoonlik met ‘n pakkie of 2 (of 3 of 4 of 10 – afhangende van hoe goed ek die ma ken) op. Die klere is egter nie so duur nie. Ek het nou die dag vir iemand roompies en ander babagoed gekoop en dit was aansienlik duurder as die klere.

    As dit een van my vriendinne is wat ‘n baba kry, neem ek gewoonlik vir die nuwe baba ‘n teddie of ‘n ding. Ek neem ook vir die ouer kinders ietsie.

    Ag vrek, ek kom nooit met leë hande by enige kinders aan nie. Selfs al sien ek die kinders nie, gee ek vir die ma iets vir die kinders.

    Dit is seker nou van die pad af.

    Like

    1. right!!! die probleem begin by jou. wanneer kan ek jou kom sien dat ons oor die probleem kan praat??? of wat, ek vergewe jou!! ai merrie, as jy nou klaar als gegee het, wat moet ek dan gee??? lekkers!!! dis wat!

      Like

  5. My kinders is nou groot maar toe hulle klein is was ek ‘n mamma wat moes werk (buite die huis bedoel ek.) Maar NOOIT op hulle verjaardae nie. En koekbak is nou regtig nie een van my talente nie, maar daai verjaardagkoeke is gebak. En die twee (nou 22 en 18 en nogal heel gesofistikeerde jongmense) onthou nog elke koek…die krokkedil wat ek van ‘n legkaart af ge-“stensil” het, die pienk ladybird, en dan natuurlik die kasteel wat 2 maande later nog op die yskas gestaan en versuiker het omdat sussie botweg geweier het dat enigiemand haar “fairy castle” opsny!

    Like

  6. Ag jong, ek het nou ‘n la-ng paragraaf getik, ek wil nie prekerig klink nie, maar om op te som: Laat kinders KINDERS wees en hul kind-wees-lewe geniet! My hoof dink daaraan om blikke sjokolade te verban [dis soort van “praktyk” dat kinders ‘n blik gemengde sjokolade bring om met die klasmaats te deel [huistoe gaan tyd] om saam met hul bly te wees oor hul verjaardag.] met verjaarsdae. [ons skool is ‘n “healthy” skool.] nou sê ek, goed en wel, jy wil “gesondheid” promofeer – maar dis deel van “kindwees” om lekkers uit te deel en met die klas jou verjaarsdag te “deel” – waar is die “pret” nou. Laat kinders KINDERS wees! – in alles.

    Like

      1. hi Toorts, Ja, net verjaarsdae, hulle bring gemengde sjokolade, want dis net baie makliker as ‘n koek wat gesny moet word, want hier word dit slegs uitgedeel sodra die kinders uitstap huistoe en ek dink die koeksny gaan bietjie ‘n “gemors” afgee en die kinders ophou ens. Ouers wil hier nie 1 min wag vir hul kind nie en ons mag hul ook nie 2 min te laat laat uitgaan nie, dan raak ouers kriewelrig, want hul is altyd oppad iewers heen/werk ens. Kinders tot die ouderdom vir wie ek skoolhou, mag nie op hul eie huistoe gaan nie, dus ouers wil graag dadelik gaan ens. Die volg jaargroep mag hul [met toestemming] alleen huistoe stap.

        Like

  7. Ek stem 100% met jou saam. Kinders grootmaak is nie ‘n kompetisie nie. Jy is die beste Mamma wat jou kind ooit gaan hê as jy vir hom/haar liefde en aandag gee. Jou kind gaan jou drukkies en soentjies en liedjies en koekies en grappies en lag en TYD onthou – nie die designer klere en skoene nie.

    Like

  8. Dit verbaas my werklik dat jy nie kruisig is nie. OOk nie toegeval is met die “ek moes werk” stories nie. Natuurlik moet mammas deesdae werk. Die nuutste 4 x 4 double cabs kom nie goedkoop nie. Die regte lables ook nie. Nou, ja, self daardie sjokolade kom met die regte prys en dit is vinniger ook om te koop as om ‘n koek te bak. Dalk verkwalik my kinders my die “nodigste” kinderdae wat hulle gehad het, maar ek het hulle my gegee. Die verskil tussen die creche / dagsorg kinders en die mamma is tuis kinders was nogal heel opvallend. Raai net wie was die beste daaraan toe?

    Like

Lewer kommentaar op toortsie Kanselleer antwoord