Mags en Willa

As daar nou twee name is wat mooi herinneringe oproep in ons kontrei, is dit Mags en Willa. Dis twee name wat gewoonlik saam genoem is. Ek het al voorheen van hulle vertel, twee ongetroude dames wat op Ouplaas gewoon het.

Ag, almal was regtig lief vir hulle en mens het nie sommer daar verby gery sonder om by hulle aan te gaan nie. Tannie Mags het die grootste bottelversameling in die wêreld gehad (verskeidenheid bottels, volgens vorm geklassifiseer) en daar was gereeld mense wat kom aanklop het om die bottels te aanskou.

As een van hulle verjaar het, het die hele skool van Ouplaas (tot 60 kinders) vir die verjaarsdagmeisie gaan sing. Sy het dan koekies en koeldrank en lekkers vir ALMAL bedien! Ek het by hulle gebly toe my ma op die dorp skoolgehou het. Dit was ‘n ervaring, want hulle het nooit die voorreg van elektrisiteit gesmaak nie. Saans het ons met lampe gesellig saamgekuier.

Sy het speletjies gehad – OUTYDSE bordspeletjies, soos Bakatel, wat ons URE besig gehou het. En ‘n BUITE-toilet. In die tyd wat ek daar gebly het, het sy darem ‘n buite-spoeltoilet gekry… voor dit moes ons maar die goeie ou put toilet gebruik – raai en niemand het daarvan iets oorgekom nie!! En hulle het SKILPAAIE gehad – regte bergskilpaaie!

Ag, ek was lief vir hulle (die twee dames)! Die beddens was nog outydse beddens met bulsakke. (Dis ‘n matras wat met gansdons gevul is). Dit was ‘n behoorlike proses om die bed op te maak. Die hele matras word so gepof. As ek vanaand moet gaan slaap, word daar vir my ‘n slootjie gemaak in die middel van die matras, dan klim ek van die voetenend af in die slootjie en jy lê so binne-in die matras.

Soggens as dit opstaantyd is, bring tannie Mags vir my en tannie Willa, wat lief was om ‘n bietjie later te lê, tee en beskuit in die bed en dan vra tannie Willa vir my tafels tot opstaantyd. Dis hoekom ek nou nog al my tafels ken – baie beter as optel en aftrek! Tannie Willa moes sorg dat my huiswerk op datum is.

Hulle het ook nie ‘n badkamer gehad nie. Elke aand het jy in die waskom gewas, en Donderdag-aande het sy ‘n groot bad ingedra waarin ek dan gebad het…   Dis sulke dinge wat mens deurmaak wat op die ou end jou karakter heeltemal anders vorm as wat dit dalk sou wees… goeie dinge

Toortsie

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Plaaslewe en Landbousake. Bookmark the permalink.

12 Responses to Mags en Willa

  1. seegogga sê:

    Wow! jy het rerig iets uit die verlede beleef wat uitgesterf het. Ek het net 2x die voorreg gehad om op ‘n bulsak te slaap -sjoe dis ‘n wonderlike sagtheid. Is dit waar die uitdrukking vandaan kom” hy is vroeg uit die vere?”
    Toe ek klein was het amper geen huis in Bredasdorp ‘n spoeltoilet gehad nie. Almal het in die agterplaas ‘n kleinhuisie gehad – ‘n emmer toilet of “longdrop”. Ongelooflik, ne, ek is mos nie so oud nie?

    Like

    • toortsie sê:

      Ouplaas se skool het nog van longdrops gebruik gemaak tot my oudstes daar in die skool was. Een van my broer se kinders het so ‘n nare ondervinding gehad – Hulle het die toilette die “hokkies” genoem. Hulle moes toe gaan aantrek vir sport, en toe val sy TEKKIE in die gat af!!! Slegte ondervinding vir ‘n laerskoolkind!! In daardie jare (vroee 90’s) is dit toe vervang met spoeltoilette. En op daardie tyd was daar groot sportbyeenkomste gehou tussen die plaasskole, longdrops of te nie!!

      Like

  2. BB sê:

    Ek het skilpaaie. Die “Ouvrou” wat kom as jy haar roep. Sy stap sommer wanneer sy lus is by die voordeur in en loop ‘n draai deur die huis. Drink soms bietjie water uit Blue se bak (wat hom totally uitfreak – maar uit respek (seker vir haar ouderdom) op ‘n afstand hou). “Carl” wat ek onlangs by ‘n ou duitse tannie ge-erf het (en hy;t die Ouvrou behoorlik die HELE tuin rondgestoot :mrgreen: – soveel so dat sy oor die naweek uiteindelik (na 5 jaar se selibaatheid) weer gat laat grawe het en eiers gelê…
    “Spyker” – (wat saam met Carl gekom het) – heelwat kleiner as Carl, maar net so belustigd (seker die tiener in hom) al agter Carl en die Ouvrou aan.
    Dan is daar Esmerelda (ek noem haar “Lelik” maar die H3 wip hom as ek haar so noem), Loskoppie (daddy se hart se punt), “BB” (die kinders het haar om die een of ander rede so gedoop 😕 ) en Peanut en Jellytot – die twee kleintjies wat ek gered het uit die dom handjies van 2 peuters wie se ma gedink het dis die ideale troeteldier vir suigelinge 😯 (ek is net dagmoeder vir hulle – het belowe hulle kan hulle terugkry as hulle groot is, maar ek dink ek het hulle amtelik ge’skil’nap.
    Ek sal tog maar bietjie blog oor hulle. Hulle is regtig van die amazingste diere om te hê.

    Ek het hierdie memory-trip van jou vreeslik geniet, M-Edel – dis so waar wat jou laaste sin als sê… My kinders is gelukkig genoeg om my ouers (my ma en stiefpa) naby te hê. Hulle speel bordspeletjies met hulle saans – gaan stap met die honde, kook almal saam – die kuiers daar is altyd super kwaliteit-tyd. My kinders is ongelooflik bevoorreg vir daai!

    Like

    • toortsie sê:

      Maar het ek nou JOU skrywe geniet!!! of jou kommentaar??? Moet ‘n mens ‘n permit he om skilpaaie aan te hou? Of Hou jy hulle nie regtig aan nie = hulle kuier sommer net daar?? Ek het later jare sommer baie keer net vir ‘n nag by die twee dames gaan slaap, dan speel ons speletjies tot 12 nm!!

      Like

  3. Charms sê:

    Dis nou ‘n lekker trippie down memory lane. My Ouma het so paar jare terug nog so matras in een van die spaarkamers gehad en ons het altyd baklei wie daar gaan slaap – so lekker snoesig.

    Like

  4. Terug pieng: 60 km van herinneringe… | Toortsie en Kameel

  5. Terug pieng: Uit my gemaksone | Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie

  6. Terug pieng: Besonderse vroue | Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie

  7. Terug pieng: Is Google opgeslurp? | Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie

  8. Goeiedag. Ek is dringend op soek na die reels vir Bakatel. Kan iemand my asb daarmee help?

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s