Kommunikasie

Julle was nou gister baie vrygewig met die raad oor my toorts en sy liggie wat af is… so, hier is nou sommer ‘n kardoessak vol raad. Ongelukkig sal EK die eerste een moet wees wat hierna luister.!!

Oor konflikhantering in enige verhouding moet ons onthou dat mense verskil. Dis juis die verskille wat mense soveel keer na mekaar aantrek. Terselfdertyd kom die man en die vrou soms uit verskillende agtergronde, wat betref finansieel, kultuur, ens. In hulle ouerhuise is probleme ook verskillend hanteer en wanneer die krisis kom, en ons is moeg,  en daar is dalk baie invloede van buite. Dan is ons ouers se manier van doen dalk al verwysingsraamwerk wat ons het.

Ek dink die meeste van ons beskik nie oor goeie kommunikasie-vaardighede nie. En dit sal goed wees as ons moeite doen om kommunikasie-vaardighede aan te leer. Die belangrikste is dat ons moet leer om eerder die “bal” te speel as die “man”. Dat ons die probleem probeer oplos, eerder as wat ons mekaar begin slegsê. Dis veral uiters belangrik dat ons moet konsentreer daarop om nie af te dwaal nie. Bly by die probleem en moenie ou koeie insleep nie. Moet veral nie die skoonfamilie insleep nie!!  Want ons almal maak foute. En sonder vergewensgesindheid kan ons vergeet om ‘n huwelik te bou, want daar is maar dinge wat net een uitweg het, en dit is dat ons mekaar moet vergewe!! Onvoorwaardelik en herhaaldelik vergewe.

En as jy by ‘n punt kom wat jy voel die verskille raak onhanteerbaar, dat dit jou huwelik skade doen, is dit UITERS noodsaaklik om iewers vir hulp te gaan aanklop.  Werk aan jou huwerlik!!! Veg DAARVOOR en nie daarteen nie! En die heel belangrikste nog:  Bid vir jou huwelik, bid vir jou huweliksmaat, dat julle God sal eer in julle saamwees.  Sterkte, niemand het gesê dit gaan net maanskyn en rose wees nie. Maar ons kan werk daaraan om dit baie mooi te maak.

En net so ‘n na-gedagte: Na my mening is die kommunikasie wat in 1 Kor 7:5 beskryf word, net so belangrik soos die kommunikasie wat ek hierbo beskryf het. “Moenie vir mekaar omgang weier nie, behalwe met wedersydse toestemming en net vir ‘n bepaalde tyd om julle aan gebed te wy. Daana moet julle weer saamkom, sodat die Satan julle nie miskien weens julle gebrek aan selfbeheersing verlei nie.”   Gaan lees sommer Seegogga se brief 21 en 22.

(Ek het nog BAIE te leer!!) Lekker dag!!

7 thoughts on “Kommunikasie

  1. Swak kommunikasie is dikwels die rede vir baie balls-ups. Nie net in verhoudings nie, maar ook werk, take ens. Ek onthou een van die belangrikste lesse wat ek ook geleer het is dat kommunikasie soos ‘n sirkel werk…. daai sirkel is eers voltooi sodra jy weet die persoon het jou verstaan, of jy het seker gemaak jy verstaan. Misverstande is onnodig as mens jou mond oopmaak en vra, eerder vra en dalk stupid lyk – as tyd spandeer aan iets wat jy verkeerd verstaan het en jy jou kosbare tyd mors.

    Like

    1. ai tog, demoerin, en dan vra jy soms ‘n vraag, en dan besluit die een vir wie jy vra jy het ‘n verskuilde agenda… en dan is die duiwel los!! maar ek stem saam – VRA EERDER om misverstande so ver as moontlik te vermy. Verduidelik hoe jy voel en dink

      Like

  2. Og! Ek en die Helge sokkol met die een – ons is juis besig met intensiewe verstaan-mekaar sessies… aaaaaaanyways – hy hou net mooi niks van konfrontasie/argumenteer/meningsverskille nie – enigiets waar mens verbaal moet deurwroeg – hy’t gereken as hy my ‘n one-liner gee is dit klaar gepraat. En hy kon for the life of him nie verstaan hoe ek ‘n dink so kan uitrek nie… tot die pennie gedrop het: as hy seker gemaak het ek voel gehoor of dat hy verstaan wat ek sê/bedoel – dan verkort daai redekawel na (soms selfs minder as) ‘n halfuur. Voorheen kon ek vir dae tob en redeneer en “ja-maar” en “wat-as”. Somehow het hy geleer om my op die kortste mees aanvaarbare manier (vir hom), gerus en tevrede te stel daarmee dat hy my hoor/waardeer/verstaan 🙄 En dis uiteindelik ál wat dit gekos het om hom die wroeging te spaar van ‘n weeklange indaba.
    Nou’s ons albei (redelik) happy met die verloop en oplossing van soms onafwendbare konflik/meningsverskille.
    Slim man, die H3 van my, nê?? 😉

    Like

    1. is ons dames nie meer geneig om oor ‘n ding te tob en dit te wil uitpraat nie? of het dit niks met geslag te doen nie? Komaan mans…. is dit meestal so dat julle ‘n ding wil uitignoreer of wil uitpraat???

      Like

      1. Ek is amper seker ons vrouens wil meer praat en tob asa die mans. BB illustreer eintlik mooi hoekom Imago terapie werk. Albei partye voel hulle word gehoor. En dan voel hulle sommer beter. En dilwels is dit al wat nodig is- jy wil gehoor en verstaan word.

        Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s