Boeke wat ek lees…..

Ek is mal oor boeke, maar kry nie so baie tyd vir lees nie. En ek is lief om by ‘n boekwinkel (soos CUM Boeke) in te hardloop, veral as daar ‘n uitverkoping is, en koop dan sommer ‘n sak vol boeke. Maar dan kan dit baie lank neem voor ek wel die boek lees. Ek lees ook graag boeke met ‘n bietjie meer om die lyf, wat gewoonlik langer neem as ‘n storie, omdat ek nie te veel wil lees op ‘n slag en iets verloor in die proses nie. Die boeke wat ek hier gaan aanbeveel is nie noodwendig nuwe boeke nie, dalk het julle dit al gelees, dalk sien julle iets nuuts!

Vir ligte lees is ek mal oor Susan Coetzer. Sy skryf verhale oor vroue in hulle middeljare, met dinge wat hulle oorkom wat tipies is van vroue van daardie ouderdom, en ek kan my heeltemal met dit assosieer. Boeke soos Oros vir die Siel, Custard vir die Siel.  MOET LEES boeke vir enige vroue bo 40. Ek weet nie of die jonger dames hier rond dit so sal geniet nie. Haar boeke het ‘n christelike inslag. 

Jeffrey Archer is ‘n WONDERLIKE skrywer. Boeke soos Kain and Abel en The Prodigal Daughter. Boeke oor geldmagnate, sakemanne. Lekker lees boeke wat jou vasvang van die eerste bladsy af. Die mans sal hierdie boeke baie geniet. 

Ice Bound van Jerri Nielsen gaan oor die skrywer self wat ‘n mediese dokter is en vir ‘n jaar diens gaan doen het op Antarktika. Net nadat Antarktika toegemaak het vir die winterseisoen en daar geen vervoer na die buitewêreld was nie, ontdek sy dat sy ‘n baie agressiewe borskanker het. Die verhaal word in detail geskryf, ook hulle ervarings op Antarktika en hoe die hele span haar bygestaan het.

Brother Andrew en Al Janssens skryf in Light Force van sy sendingwerk in die Midde Ooste. Broer Andrew is ook die skrywer van God se Smokkelaar. As jy nog nie van sy boeke gelees het nie, doen dit asb! Dit verander jou denke.  

Isak Burger, moderator van die AGS, het twee boeke, nl Die laaste 5 minute voor die dood en  Die eerste 5 minute na die dood  geskryf. Dis baie goed nagevors en hy haal al sy feite uit die Bybel. Beslis twee boeke om aan te beveel. 

Vir die Pa’s en Seuns, is Angus Buchan se Pa en Seun iets wat julle nie kan mis nie. Hy bekyk en bespreek die uiters noodsaaklike verhouding tussen die pa en die seun.

Nog lekker leesstof is The Five Languages of Love van Gary Chapman. As ons weet wat ons huismense se liefdestaal is, sal daar ook baie minder misverstande wees.

Lekker lees!!! As Gogga, Girl van die Suburbs en Dion nog nie genoem is nie, aanvaar dat julle ook moet skryf asb!! As julle wel genoem is, kom plak sommer julle skrywes hier aan.

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Boeke en flieks. Bookmark the permalink.

12 Responses to Boeke wat ek lees…..

  1. Sonlig sê:

    Jy gesien “All Bran vir die Siel” is uit?

    Like

  2. Nikita sê:

    Het jy al die boek gelees met die titel [nou moet ek mooi dink of ek die titel presies reg het – ek het dit jare terug gelees, by CUM gekoop] “Die hand wat die spykers ingeslaan het” – [nou net die boek gesearch and gesien dat die skrywer J Fletcher is – toevallig CUM se website ook wat opgekom het] Die boek is ‘n MOET lees as jy nog nie het nie. [Eng – The hand that drove the nails] – gaan oor Jesus se kruisiging.

    Like

    • toortsie sê:

      Hello Nikita. Nog nie gelees. Ek dink ek sal ‘njaar moet afvat om al die boeke te lees. Dis hoekom ek saamstem dat daar ‘n boekeblog begin moet word. Want orals word wonderlike voorstelle gemaak van boeke en dit raak verlore. Wat dink jy van die merrie se idee??

      Like

  3. Olga sê:

    Ek lees deesdae net as ek met geweld gedreig word.

    Like

  4. Terug pieng: Boeke wat ek lees – Die een wat bly spook

  5. Twilight sê:

    Sjoe, dis ‘n lekker klomp boeke om te gaan soek en te lees! Dankie!

    Like

  6. Huiswerk gedoen… Ek het wel net by een boek gebly… anders gaan ek ‘n koerant skryf.

    Ek hou van Antie Toorts se lysie! Sommer baie. Ek dink ek moet weer eerste en laaste 5 minute voor en na die dood weer lees… ek het dit gelees net na my boetie en Hartseer oorlede is en het GEEN baat daarby gevind nie… ek dink nie dit is seker bedoel vir ‘n treurende nie.

    Like

  7. Gogga sê:

    Ok ek het soortvan my huiswerk gedoen.
    Ek sal eendag meer daaroor sê

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s