Vandag

Vandag, 13 November 2010, is ‘n aantekenbare dag. Dit was uiteindelik tog ‘n wonderlike, battery-laai dag. Ek wou die hele naweek Struisbaai toe kom, ons was omtrent 2 maande laas hier. 2 M A A N D E ! ! !  Ons wat hier naby die see bly het mos die voorreg om sommer ‘n naweek hiernatoe weg te breek.  Wat ‘n voorreg!! Want deur die jaar is dit vir my besonder lekker om Struisbaai toe te kom. Desembervakansies is dit so oorvol. Ag, dis ook lekker…

Ek moes toe vanoggend eers my dogter Barrydale toe neem vir ‘n dansklas. Ag, ek ry regtig graag vir haar waar sy moet wees (ek het dit vir die ander kinders ook gedoen), maar ek was regtig nie lus nie, want ek wou mos Struisbaai toe. Ons besluit toe om maar eers na die dans die Struisbaai-toggie aan te pak. Ek het sommer in die motor bly sit terwyl sy besig was. Onder die bome. Doodstil, net met die voëltjies as geselskap. En ek het my Bybel saamgeneem en die tyd rustig saam met God spandeer. En WAS dit nou geseënd!!

En die seëninge hou net nie op nie. Vanaand half 6 het my hond my kom roep en ons twee het gaan stap. En DIS wat die kuiers deur die jaar so besonders maak. Want ek het ‘n hele ent langs die see gestap wat dit net ek en sy was… en die wind en die klank van die see oorweldigend… geen mense in sig… en seevoëls wat raas…net ek en my gedagtes en die wind wat al die spinnerakke wegwaai en my siel skoonmaak.. en vars skulpies wat die hoogwater nou net uitgespoel het, nie een-een nie maar soveel sodat die baai die naam, Skulpiesbaai, gekry het, laag op laag skulpies, heel skulpies, heel seepampoentjies…. en daar ver, diep in op die rotse staan ‘n man stoksiel-alleen en visvang, en sy vrou sit daar op die rotse by hom, ook elkeen seker met sy eie gedagtes besig,… en verder-aan, nog een visserman…. verder niemand niemand niemand…. die hele kus net vir my en my hond…. Is dit die paradys???

Vanaand sit ons drietjies rustig met ‘n drankie om ‘n vuurtjie en later vanaand kom vriende inloer. …. Ag, die Here is SO goed vir ons!!!

16 thoughts on “Vandag

    1. ek hoop nie ek het hoogmoedig geklink nie. ek het juis uit dankbaarheid geskryf. weet jy, boere is maar 24 uur aan diens en as hulle saans huis toe gaan, is hulle nog steeds aan diens, gewoonlik nog in hulle kantoor. verder is hulle altyd op roep. en die enigste keer wat hulle eintlik afskakel, is as hulle weg is van die huis, en selfs dan is hulle steeds op roep. daarom, juis daarom, is ons so verskriklik dankbaar as ons ‘n slag afvat. Veral noudat die oes klaar is. Dit was saans baie laat en soggens baie vroeg…

      Like

    1. Die ding send sommer as ek nog wil tik! Wat ek wou se is dat ek darem 1-3x perr week see toe kom om te kom huise skoonmaak- en dan vat ek ALTYD vakansie ook. Soms is dit net om met myy coke in die hangmat op Rus’n Bietjie se stoep te le tot die coke op is, soms gaan loet ek gou of ek Parrie sien, Soms witwyn en perlemoen by die hawe, of net in stilte langs die see tewyl ek friendly se wildsvleispastytjie eet. Mar dis manna vir die siel.

      Like

  1. Kyk nou net hoe lus maak julle hierdie Bosvelder vir die see. So vroeg-vroeg in die oggen, voor die wind begin waai, ‘n ver ent op die sand stap en dan ‘n la-a-a-ng stilsit op ‘n rots en kyk, en kyk, en kyk na die nimmereindigende gewoel van die water. Ai man, hoe lek ek nou lippe af .

    Like

  2. Antie Toorts, ek verstaan uiy die stukkie dat jy voorwaar geseend voel om die Here se nabyheid te ervaar…. Hy seen die wat Hom lief het in oorvloed! Geniet Sy guns… Want daar is niks om oor skuldig te voel nie, want Sy lof word toegesing!!

    Ek het gisteraand die mooiste preek op my neef se troue gehoor. So reg uit die skrif… Dit laat my net weereens besef Jesus seen ons almal op verskillende maniere, soos ons almal Sy naam verskillend verkondig want dit gaan oor SY eer en Sy naam.

    Geniet jou blessings x

    Like

  3. Daar is niks so kalmerend [vir my] soos die geluid van die see nie! Ek beny jou! Tye wanneer ons see toe gegaan het, wou ek net dood- doodstil iewers gaan sit het, dan wou ek hê die geluid van die see moes deur my gaan, soort van insink, ek wou dit net met my gedagtes DRINK, daardie geklots teen die rotse en branders wat breek. Dit het altyd vir my gevoel die geluid van die see “praat” met my. Ek mis dit geweldig en daar was kere wat ek aangedring het op ‘n seevakansie net om dit te gaan doen. Soort van ‘n hunkering of ‘n smagting daarna. Jy maak my vreeslik jaloers hier. 🙂 – hierdie see hier is anders, nie naastenby iets soos ons s’n nie en ek kan nie eers doen wat ek wil doen nie. – net ‘n paar stil oppervlakkige golfies – waar ons was.

    Like

  4. *sug*

    Toorts, jy en Skulpie maak nie mooi nie. Nou moet ek lusgeit nog verder in toom hou!
    Die kinders skryf eksamen en die uwe is laaaaaaaaaaaaaaankal in vakansie-mode.

    Like

    1. maar dis mos die kinders wat eksamen skryf, nie jy nie!!! jy is mos laaannnnnkkkkal jou eksamens deur, of hoe??? so, lê jy lekker op jou rug en dink aan die vakansie… en hulle leer

      Like

      1. Ongelukkig nie met ‘n senuweeagtige Gr 4-tjie wat sy eerste eksamen skryf en nie eers weet hoe om te leer nie. Ek kan nie besluit of ek meer moed inpraat of werk verduidelik nie.

        Die ander een is in Gr 7 – sy is al heeltemal onafhanklik. Maar die hormone tannie! Ons huil vir ALLES!

        So – ek is eintlik besig met TLC op groot skaal hierdiekant.

        Like

        1. sterkte! ek dink aan jou! En kom ek vertel jou…. die Struisbaaitrippie was net 1 nag lank. So, ons hou darem ook nog nie vakansie nie, en spartel ook maar om die jaar klaar te kry!!
          Ek is dankbaar, my kinders het nogals nie moeilik geleer nie. So ek het meer probeer die indruk skep dat dit nie so erg is nie. As hulle vertel Wiskunde is moeilik, dan het ek saggies aan ‘n plan gedink om te wys dat dit eintlik maklik is. As die KOP anders voel oor ‘n vak, help dit ook al baie. Maar die Gr 4 tjie het seker maar nog baie hulp nodig. Ag wat, oor ‘n week of so is dit verby!!

          Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s