Hoe lees julle blogs?

Dis seker ‘n vreemde vraag. Maar hoe lees julle ander  blogs?  Het julle julle paar mense wie se blog julle graag lees en kliek dan op elkeen van hulle, of wat maak julle? Kyk jy op die instrumentepaneel vir nuwe skrywes en lees elkeen van hulle?

Ek doen nie altyd dieselfde ding nie, maar daar is ‘n paar persone by wie ek gewoonlik gaan draai. Ek is ook lief om sommer op die naam van ‘n persoon wat by my kommentaar gelewer het, te kliek. En terwyl ek dan daar is, kliek ek sommer weer op ‘n volgende persoon wie kommentaar gelewer het, se naam, en so dwaal ek dan van blog na blog. Daarom is dit baie belangrik dat jy jou blog-adres invul. Ek wil soveel keer gaan loer by iemand, dan is die adres nie daar nie en ek weet nie altyd waar om so ‘n persoon te kry nie.  Ek loer ook graag by af.wordpress.com en as daar dan op daardie bladsy skrywes is wat ek nog nie gesien het nie, en dit “roep” my, loer ek sommer weer daar in…   Ek kyk baie min op my eie “blog-roll”, maar ek gebruik nogals die ander s’n as ek aan die wandel is. En soms onthou ek dat ek lank laas by ‘n sekere persoon geloer het…

Let the clicking do the walking through the blogs…. 😀

16 thoughts on “Hoe lees julle blogs?

  1. Toortsie, moet sê jy het die regte kangaroo plakkies aan vir die blog hopping 😆 Ek het mos daar in Ingrid se Kombuis jou Toorsie ge click, en toe vat die Toortsie my reguit na hier waar jou Toortsie skyn 😉 Ja ek dink ek is een van die wat iemand raaklees en dan click op die naam en dan gaan lees ek sommer gou daar om so bietjie meer van die persoon te leer ken. Ek comment maar min op ander blogs, huidiglik meeste net in die Kombuis,.. moet seker die lekker koffie en beskuite wees daar.. nee joke net!! ek is mal oor die Kombuismensies en ons gesels al so lank so lekker saam daar dit is al soos familie!! Wil nog daar by Seegogga ook gaan inloer, lekker om sommer so in te loer en ietsie nuuts raak te lees. Oulike blog van jou!!

    Like

    1. dankie smurfi!!! maar sien, jy is nou een van dié van wie ek hier skryf: WAAR IS JOU BLOG????? 😦 ek geniet die blogging vreeslik, hoop maar die besoekers voel ook so. because you are jolly good fellows….

      Like

      1. Hettie ene nie!! ek is ‘n swerwer 😉 loer in drink koffie, lees en stap voort. Maar so leer ek my maaikies ken op my lang pad deur die kuberruimtes 😉

        Like

  2. Toorts, as ek kon, het ek heeldag net hier gesit en rondgekliek en als orals gelees – en nie noodwendig kommentaar gelos nie. Party gebruik bloglines om blogs te lees – ek kry gedurig so 5-6 “referrers” [altyd dieselfde, so ek weet min of meer wie hulle is [van hulle -nav kommentaar wat voorheen gelos is] en dan is daar blogsurfer ens. Ek scan baie keer deur ‘n paar [maar moet gewoonlik “hardloop” agv werk ens]. Ek los gewoonlik kommentaar by die wat ookal my soort van “ken”. Langer vakansies sal ek meer rondkliek en meer rondlees – soos jy op een na die ander rondhop. Ander gebruik google-reader [ek het twee wat my blog so lees, toevallig weet ek ook wie hul is] en dis gewoonlik ook as jy haastig is en nie kommentaar kan los nie – al verklaring wat ek het vir google-readers. Ek voel oor die algemeen om kommentaar by iemand te los as ek gelees het, dis soos om in iemand se huis in te kom en absoluut nie ‘n dooie woord te sê nie, dus, hoekom is jy daar as jy niks wil sê nie…haha… [my opinie hoor!] Daarom sal ek beslis iets sê al is dit agterna teruggaan en ordentlik gaan lees.

    Like

    1. dankie vir al jou moeite met die “donkie” – ek kon die 2e een effens luister – het daardie liedjie nog nooit gehoor nie.
      Oor die ander blogs – ek los ook maar graag ‘n voetspoor!! Maar wat, weer eens, elke ou se eie keuse – ek is so lief vir gesels, sien!!

      Like

  3. Ek gesels ook maar min op ander blogs, maar lees baie as die kansie daar is. Ons is beslis soos een familie op Ingrid se blog. Ons deel in almal se lief en leed daar. As iets my aandag trek op ander blogs sal ek verseker saam gelees. Ek is lief om te babbel
    😆

    Like

  4. Ek het op ‘n stadium hordes blogs gevolg, gelees en daar gecomment … maar dit het ‘n goeie 3 ure uit my dag geneem… Die werk hou my net te besig! Die aande is uit want ek is elke aand tussen 7 en 10 weer uit die huis doenig met ander goed… So soms net voor ek gaan slaap en net na en wakker word lees ek my gunstelinge op my foontjie. Ek het my lysie aansienlik verklein.. ** sug ** dit sou great gewees het as ek n professionele blogger kon wees :mrgreen:

    Like

      1. Nee, om te kommentaar moet jy na die blog toe gaan.
        Ek lees klomp blogs in my epos (subscribe via email) maar ek lewer nie kommentaar op almal nie.
        Oulike blog wat jy hier het Toortsie 🙂

        Like

  5. Ek blog al amper 3 jaar. My vorige blog se naam was Rosalind Franklik, toe raak ek kwaad en loop weg. Ek is pas terug en hier is min mense oor van die ou dae, so nou het het ek maak oor begin.
    Jô, hoe lees ek blogs, vir die inhoud.

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s