Kersfees…

In my kinderjare het ons jaar vir jaar die kersverhaal opgevoer – by die kerskonsert van die skool, by die stranddienste en waar ook al. Ons het die woorde soos in Lukas opgeteken, uit ons kop geken en saam met dit elke kersliedjie wat in die Hallelujaboek opgeteken is. Soveel keer dat mense begin moeg raak het vir dieselfde verhaal oor en oor en dit begin mooi maak het, interessant maak het, deur die opvoering te verander, miskien ‘n ander mooi geskryfde kersverhaal voor te lees, Elizabeth Eibers se mooi Maria-gedig voor te dra, ens… Op ‘n stadium, as jy jou radio aangesit het vanaf Oktober, het jy net kersliedere gehoor, en as jy by enige winkel ingestap het, het Boney M tot vervelens gesing…. tot kersliedere vir baie mense nie meer die betekenis het wat dit moet hê nie… en kinders nie meer die kersverhaal ken nie, winkels nie meer kersliedere speel nie, ook nie die radio nie. Hulle weet nog van Jesus wat iewers in ‘n krip gebore is… baie weet nie eens meer van die wyse manne en die herders nie, wat nog te sê van die wonder van die engele?  Ekself is ook skuldig! Toe ons kinders klein was, het ons nogals graag gou vinnig ‘n kerskonsertjie saamgeflans (gewoonlik so ‘n halfuur voor die konsert moes plaasvind). Een keer het een van die niggies se hare aan die brand geraak en die verhaal het ‘n vinnige dood gesterf.  Toe lees ek ‘n storie in ‘n tydskrif van plaaswerkers wat nog elke jaar ‘n kersverhaal opvoer, en net daar besluit ek toe om dit te doen…. Wat ‘n plesier! Wat ‘n vreugde! Die mammas het kom saamsing en gou-gou het die kinders ‘n hele paar kersliedjies geken. En die pappas was SO trots op hulle engel-kinders!! (Al was dit beslis nie ‘n konsert wat groot verhoë sou haal nie.)…. maar dit was al weer twee jaar terug, en dit het net een maal gebeur….

Weet julle, as ek nie genoeg kersliedjies hoor tot 25 Desember nie, voel ek leeg. Ek plaas hierdie skrywe meer as ‘n maand voor die tyd – kom ons maak weer van hierdie kersfees ‘n Christusfees, ‘n Familiefees, ‘n Onthoufees…. kom ons herontdek weer die waarde van Kersfees, van ‘n Christuskind wat gebore is. Daar is mense wat sê dit is ‘n heidense fees….. maar kom ons vier die geboorte van die Kind, ongeag of die datum korrek is, en of daar ook heidense feeste op daardie selfde dag is…. kom ons vier Jesus, ons Verlosser, want waar sou ons gewees het sonder Hom???

Groete

Toortsie

Toortsie se faceboekblad.

37 thoughts on “Kersfees…

  1. Ek stem! Kersfees is vir my die spesiaalste tyd van die jaar en ek maak seker my kinders weet waaroor dit gaan. Kersvader “feature” NIE in my huis nie en my kinders het op ‘n baie jong ouderdom op hulle eie besluit dat hulle vir hulle maatjies wil vertel dat Kersvader eitnlik Jesus se partydjie kom steel het.

    Ek doen moeite met Kersfees en hoop dat my kinders die tradisie’tjies (soos om die Kersverhaal op Oukersaand te lees) wat ons probeer skep sal koester en eendag sal voortsit.

    Like

      1. Moet my nie verkeerd verstaan nie – daar is steeds mooi blink balletjies en ‘n kersboom. Ons gee ook geskenkies, maar ons gee dit vir mekaar – geen Kersvader / Sênta Clause-besigheid nie. Ek gee ook vir my kids geld ook hulle eie geskenkies mee te koop. Jy moet daai gesiggies sien oor die so lekker is om te gee Tannie!

        Toorts – jy maak my nou so lus ek sit sommer die naweek die boom op! Ek het hoeka ‘n nuwe CD van die land se beste hoërskoolkoor (ons s’n natuurlik!) met nét Kersmusiek op!

        Like

  2. Ek loooooooooooove Kersfees!! Dis afterall dié dag wat gesorg het daarvoor dat daar áltyd ‘n lig aan die einde van enige van my tonnels is.
    Ek het ‘n Kersspel begin skryf vroeër die jaar – actually klaar geskryf (dialoë, liedjies en al) – ek wou dit voorlê vir oorweging deur ‘n regisseur… het nie my draaie gekry nie en uit tyd gehardloop – en die voorbereiding/rolplasing ens weet ek, sal nogal ‘n goeie paar weke verg. So, come 2011 gaan ek dit maar behoorlik afrond, die liedjies ten minste demo record en dalk het kry ek dan iemand wat daarin belangstel…
    Ek gaan hierdie jaar Oukersaand biiiiiiiiietjie swaarkry – my ma-hulle vat al drie my kinders saam Kaap toe oor Kersfees – maar ten minste is hulle almal dan saam – en ek het darem die Helge… dis net so STIL sonder die kinders (al is hulle al groterig)… my EMM seg: “dis nie ons wat lawaai nie, Mamma – dis Mamma wat lawaai as ons almal bymekaar is…: 🙄 dalk het sy ‘n punt beet
    Maar ek versier die huis, speel my cd’s, sing kliphard saam Boney M en Helmut Lotti, druk lemoene vol naeltjies en hang dit op, maak ‘n vars adventskrans, koop bakke vol neute… en kry so ‘n sielsgeluk-dankbaar-bittersweet-keelknop-ervaring – élke jaar.
    Jip Jip! Ek looooooooove Kersfees!

    Like

  3. Net vanoggend toe vertel ek vir my besteste vriendin hoe baie ek uitsien na hierdie Kersfees. Ek gaan dit saam met haar en haar man en twee kabouters vier en is ‘n volle 21 dae in die Kaap. Nog nooit het ek soveel uitgesien na hierdie feesseisoen nie want ek het voorwaar ‘n wenner jaar saam die Here gehad! Ek is so geseën!

    Voorheen was dit ‘n ongelooflike alleen tyd vir my gewees… net oor my prioriteite nie reg was nie.

    Like

  4. Toorts… al ooit The Angel, the Bicycle and the Chinaman’s Finger gekyk? Ek dink Regardt van den Bergh is die regisseur. Dis my en my middelste se alltime favorite ssamkyk movie… daai teddie-seun van my (22 jaar oud en ‘n stomme 125kg in sy sokkies) sit langs my met die trane wat afrol van die lag én die huil. Een van dié awesomste movies EVER! As jy hom nie kan kry nie, laat weet – ek stuur vir jou graag.

    Like

    1. Ek het nog nie, maar ek is seker ek sal dit kry. Ek sal my kinders vra – hulle weet hoe om dit in die hande te kry. Sal BESLIS kyk en laat weet!! AL Regardt vd Berg se goed is altyd fantasties, so, hierdie een sal ook wees!!

      Like

  5. Kersfeesmusiek is vir my die mooiste musiek in die hele wereld. En van almal is Stille Nag steeds die heel mooiste- maar asb tog met die OU woorde, Engelse woorde of Duits, nie hierdie hoogdrawende nuwe lig uit lig nonsens wat geen kind verstaan nie. En die woorde SOETE HEMELSE RUS, is vir my die mooiste woorde ooit. ( die wat die nuwe vertaling my nie aanstaan nie- hierdie woorde wat daarin uitgelaat is, is die essensie van die Stille nag en Hemelse Rus wat mense kry noudat Jesus gebore is. Vir Kersfees musiek het ek nog nooi moeg gferaak nie, al het ek dit die afgelope 60 jr elke jaar gehoor! Daarom speel ek dit graag, maak erens ‘n boompie op of iets, hou dan van ‘n bietjie vrugtekoek en geniet die saamweestyd by die see. Kerfeesliedere by Struisbaaihawe saans, is heerlik.

    Like

    1. Dit is!!! Ek moes mos die jaar toe die organiseerder Zimbabwe toe was, skielik kitaar speel. Toe was daar nie versterkers, ens nie. maar gou het ons ‘n klomp jeugdige musikante bymekaar gekry en dit was HEERLIK!!

      Like

  6. Ek het Woensdag aand my vriendin(Onnie) se skool se kerskonsert gaan kyk. Die laerskool kinders het dit met soveel humor oorgedra, met soveel passie, en net soveel diepte.
    Ek het skuldig in my stoel gesit en besef dat ek, op 30, lankal vergeet het waaroor dit eintlik gaan.

    Like

  7. As julle die geleentheid kry, kyk of julle die musiek kry van die liedjie “Little Donkey” – PRAGTIGSTE liedjie!!! Ek het hoendervleis gekry toe ek in hierdie land aangekom het en in daardie paar weke voor Kerstyd by skole ingestap het – dan het die kindertjies hul Kers-opvoerings geoefen en byne elke skool het hierdie liedjie gehad wat deur ‘n jaargroep gesing is, jy kry hoendervleis as die kindertjies dit sing.
    Wag, ek het vir julle op youtube ‘n link gekry, maar nie naastenby so mooi soos kinders dit in die skole sing nie – hierdie is bietjie “kunsmatig” – ek stem saam Toortsie, daardie Kersliedere is pragtig. Gelukkig sit ek hier met 4 cd’s met Afrikaanse Kersliedere en sal natuurlik nie die musiek mis nie – maar ek wonder of die Radio Stasies dit nog so speel soos vroeër jare? Daar is ‘n paar weergawes van die liedjie op youtube, soos ek sê nie so mooi soos wanneer kinders in die skole dit sing nie, om een of ander rede klink dit net soveel mooier as ‘n groter groep kinders dit mooi saam sing – as hierdie “opgemaakte” groepie.

    Like

    1. ai Nikita, jammer jong, maar ek het toe nou sowaar dit nie geluister gekry nie. Ek sal weer probeer. Ek dink my internet is net heeltemal te stadig.
      Ekself sal ook kyk of ek nie iewers ‘n eenvoudige weergawe van die bladmusiek kry nie, maar as jy dalk so iets het, en jy dalk nie omgee nie… sal jy dit asb vir my faks of email??? Baie dankie!!

      Like

  8. Little donkey, little donkey
    On the dusty road
    Got to keep on plodding onwards
    With your precious load.

    Been a long time, little donkey
    Through the winter’s night
    Don’t give up now, little donkey
    Bethlehem’s in sight.

    Chorus
    Ring out those bells tonight
    Bethlehem, Bethlehem
    Follow that star tonight
    Bethlehem, Bethlehem.

    Little donkey, little donkey
    Had a heavy day
    Little donkey
    Carry Mary safely on her way.

    Little donkey, little donkey
    On the dusty road
    There are wise men waiting for a
    Sign to bring them here.

    Do not falter, little donkey
    There’s a star ahead
    It will guide you, little donkey
    To a cattle shed.

    Chorus
    Ring out those bells tonight
    Bethlehem, Bethlehem
    Follow that star tonight
    Bethlehem, Bethlehem.

    ++ Ek hoop jy kry dit een of ander tyd geluister!

    Like

      1. so terloops, ek kom vandag in Checkers, toe koop iemand kersfeesklappers – het glo gister iewers op ‘n blog gelees hulle moet begin regmaak vir kersfees!! kan jy glo!! 😀

        Like

      2. 🙂 dankie, dis eintlik iets anders – sien storiewerf.co.za vir wat dit eintlik is 😆 ek het net die heks se neus bietjie “toegemaak”

        Hierdie link is eintlik ‘n beter een, die kindertjies sing meer natuurlik – ek hoop regtig jy kan dit kyk!

        Like

  9. o ja, ek wou byvoeg dat dit nie moeite sal wees nie! Ek doen enige iets wat ek vir iemand anders doen met ‘n groot smile 🙂 -terloops, pas terug van Roald Dahl se museum! my klas gaan binnekort op ‘n uitstappie soontoe, gaan nou-nou foto’s blog [op ander blog] – so opgewonde oor die uitstappie

    Like

  10. ek soek bitter graag die toneelstuk en het nou al orals op google gekyk. eks n jong jeug leier wat my jeug maats samet ons sondagskool kinders wil kombineer om n maklike vehoogstuk met die ware boodskap, volgens Mattheus en Lukas, aan ander te verkondig…maar gepas vir kinders. menmse wat my kan help, kontak my asb gerus by 0765102535/ 0219093605/ ridovanemartin@gmail.com

    Like

    1. O ons het maar net stil gestaan en die liedjies gesing.
      Ek kan onthou in my kinderjare het hulle die verhaal soos in Lukas opgeteken, opgevoer. Dalk is hier iemand wat haar kan help met ‘n kerskonsert?

      Like

  11. As ek ooit moet kinders he, sal ek my bes probeer om hulle die betowering van Kersfees te wys. Want die kersboomtossels op jou kop is allermins nie kersboomversierings nie maar ‘n ligkranskroon! En jy is doodseker Vader Krismis weet waar Pa die huis se sleutels onder die matjie wegsteek.

    Dan praat ons nie eers van al die tannies se sterk kersfeesparfume wat jou tydens die kersoggend diens laat nies terwyl jy jou nuwe Barbie pop op jou skoot vashou nie.
    🙂

    Like

  12. As ‘n kind dikmelk deps?
    Ek was 5 jaar oud toe my ouers een Kersfees by iemand in die Knysnawoud gaan kuier het. Die smal padjie kronkelend tussen die duisende toringhoë bome deur, het mens aan Rooikappie en kabouters laat dink.
    By die huisie in die woud gaan iemand met ‘n perd en ‘n houtslee verby. Ek het nog nooit so iets gesien nie… maar, ek was maar vyf jaar oud. Wat sou ek tog van die lewe weet? Maar die slee en natuurtonele het die kinderverhale perfek vir my ingekleur.
    So baie Kersbome, duisende der duisende daarvan en niemand sal dit waag om een af te saag vir Kersfees nie. “Mens saag nie bome af vir Kersfees nie,: het die oom gesê. Mens had egter nie veel verbeelding nodig om daai reuse woud in ‘n Kersparadys te omskep nie.
    Die duisende voëltjies was die kersversierings en hulle gesingery die Kersmusiek. Op my ouma se ou grammofoon was die naeltjie gou stomp, maar hierdie voëltjies se bekkies bly skerp. Hulle moet dit verdoop na die Wonderwoude van Knysna.
    En dan was daar die skoenlappers, die akkedissies, die verkleurmannetjies en ai, duisendpoot sou nooit kon dans nie…daar is net te veel voetwerk.
    Dit het donker geword en die grootmense het geroep die kinders moet binnekom. Binne was alles oninteressant, nie so ‘n verheerliking soos daar buite tussen die bome nie.
    En die grootmense gesels en steur hulle nie veel aan die kinders nie. Ek dwaal deur die huis opsoek na iets wat ook al. In die spens staan ‘n skottel met’n doek daar oor. Ek loer. Dit lyk soos melk en met my vinger voel ek dis dikkerig. Ek kry ‘n lepel in ‘n laai en skep en eet en ek is weggevoer in ‘n land van melk en heuning en hierdie kabouter kom te laat agter hy is trommeldik en die skottel onder sy halfpadmerk.
    Die volgende oggend wou die grootmense weet wie die dikmelk so verslind het. Dis die eerste keer dat ek daardie woord gehoor het, dikmelk. Die woord het nie so goed op my oor geklink soos daai heerlike geur op my tong nie. Ek was skaam en ek was bang. Dat ‘n kabouter nou so iets kon oorkom.
    Ek is onskuldig. ‘n Kind mag mos dikmelk deps. Ek meen, ek was honger en ek het nog nooit so iets smaaklik geproe nie. Daar was ook nie ‘n bordjie wat gesê het mens mag nie daarvan eet nie. Adam en Eva was duidelik gesê hulle mag nie van daai boom eet nie, maar hier was geen “orders” oor die dikmelk nie. Na alles is dit boonop Kersfees.
    Almal vermoed dit was ek en net om te erken dat hulle gewen het, erken ek. Almal vergewe my behalwe my pa. Dit was so onregverdig.
    En nou, 70 jaar later is ek steeds ‘n daaglikse liefhebber van (en dankie vir die nuwe naam) “Maas”. Dis mos soos loperige kaas.
    Nee, ‘n kind mag nie maas deps nie. Askies.

    Like

    1. Nee maskas, my pa was nie ‘n hatdraende mens nie. Hy het gou vergewe en soms gese hy is jammer want hy het seerder as ek gekry.
      Blydskap, brede en wysheid oor die Feestyd

      Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!