…. en trane

In die ou dae is daar mos mense gehuur om te kom huil by begrafnisse. As ek in daardie tyd geleef het, sou ek baie geld kon maak… want my traankliere lê baie vlak. Die trane loop as ek hartseer is, as die fliek mooi is, as iemand mooi sing, as iemand seerkry, as ‘n kind wie ek nie eers ken nie, nie kans sien om haar stukkie op ‘n eisteddfod te speel nie, as iemand wen, as iemand verloor…. noem maar op.

Ekself het al jare gelede ‘n verbod op die Comrades geplaas. Ek MAG dit NIE kyk nie. Want as ek eers begin kyk het, kom ek nie weg van die TV af tot wanneer die laaste ou inkom nie. En ek huil. Ek huil oor elke persoon wat swaar kry, wie seer kry, wie kruip oor die wenstreep. As ek vroeg genoeg begin kyk, is ek teen 5 nm al stukkend gesnik en is my dag totaal verlore. So, GEEN COMRADES vir my nie!!!

Een van my seuns het as deel van ‘n uitreik-aksie, gereeld ‘n ou tannie besoek. Hy was regtig lief vir haar. Toe sy sterf, besluit ek om ter wille van die kind die begrafnis by te woon. Ek het in my lewe nog nooit so baie gehuil nie. Ek was ontroosbaar! My vriendin wat langs my gesit het, het my so jammer gekry…. tot ek vir haar fluister: Weet jy, ek ken nie eers die tannie nie.”

In standerd 9 rond kon ons mondeling praat oor enige iets. Wel, Die Huisgenoot was die algemene bron. Die spesifieke dag het daar alreeds vier kinders gepraat, die een gruwelike onderwerp na die ander, toe my beurt aanbreek. My onderwerp: “Gesinsmoorde”. Die spanning was seker maar hoog, en toe die onderwyser snaakserig daarop reageer, was daar aan my geen keer nie…. ek raak aan die lag, en die trane loop en enige plek in my gesig wat water kan uitkom, spuit dit uit…. CHAOS!!! Die hele klas het gelê soos hulle lag…. tot vandag het ek nog nie kans gehad om my mondeling klaar te praat nie!!

Lê julle traankliere ook so vlak? Bring dit vir julle ook in die skande?

25 thoughts on “…. en trane

  1. Hello Daar
    Nee ek huil nie te maklik nie, hang ook af watter tyd van die maand dit is, my hormone kan chaos veroorsaak 😆 Ek het ‘n dogter wat huil as jy net vir haar sê huil, sy sou maklik uitverhuur kon word vir begrafnisse 😉

    Like

  2. Ag tog Toortsie! Hoe lekker lag ek nou vir my en jou! Jy weet dan vrou!

    So ‘n paar jaar gelede het die Here dit op my hart gedruk om ‘n Sterfbed-begeleidings/ beradings kursus by te woon, want ek WEET net nooit wat om te sê as iemand ‘n geliefde aan die dood af gestaan het of iemand het wat terminaal is nie. Daar was meestal mense wat in die maande net voor die kursus iemand verloor het. Hulle het almal ‘n storie te vertel gehad. Ek het net getjank en getjank. Die een ou tannie wat ‘n dogter EN haar man binne ‘n maand van mekaar aan kanker verloor het (hy het in haar arms gesterf!) het my op die ou ent getroos.

    Ek huil ook vir flieks, kore wat sing, boeke!!! (My kinders weet al om Mamma uit te los as ek Francine Rivers lees), Oprah se shows en sommer enigeiemand wat swaarkry.

    En my ou Poekeloeksie het Mamma se traankliere geërf. Sy was net ‘n paar jaar oud toe sy haar hart uitgesnik het oor die Lion King se pa wat dood is.

    WAT is dit met ons vroumense? Mans is (lyk my) GLAD nie so nie.

    Ek troos my daaraan: “A good cry is like a summer shower”.

    Like

  3. Ai, so bly daar is nog sulke mense!
    Ek het mos ‘n blaas agter elke oog! Het juis so vreeslike huilerige naweek agter die rug-het Vr. oggend begin met my man se niggie se roudiens-net om haar 2 jong kinders en ouers te sien was net te veel vir my en Sondag was dit my oudste se Belydenis-aflegging-nodeloos om te sê dat ek met ‘n hengse kopseer by altwee geleenthede uitgeloop het! Troues, dope, flieks (diere-flieks natuurlik die ergste!), noem dit maar op en dit laat my grens.
    Dit verskaf my gesin baie plesier as daar ‘n hartseer fliek of dokumentêre stuk op TV is om vir my te sit en kyk-soveel so dat ek nie meer saam met hulle wil fliek nie-hulle lag dan vir my! As ek BAIE kwaad raak kom die trane ook sommer gou.
    Soms raak ek baie gefrustreerd oor ek so maklik huil, maar ek voel darem vanoggend bietjie beter om te sien dat ek nie alleen is nie….. ;0)

    Like

    1. My antwoord vir die laggende gesin, is dat ek ten minste wys ek is MENS en VROU!!! Dis hierdie naweek my baba se beleidenis-aflegging. So, volgens jou, WEER ‘n trandedal? En ek en manlief moet haar glo voor by die kansel gaan haal???? Ek sal my moet gedra!!

      Like

  4. Ek is ok ‘n regte tjankie – my een Vriendin noemit ‘n baaaaaie lelike woordjie 🙄
    /me loer rond
    psssssttttt…. hoor hier in jou se oor Mad-Edel – sy noem my ‘n regte p!spot!!! 😳
    ek en die Elfie het dit ‘liquid sunshine’ gedoop – die sielsoorloop-ding. Dis wat dit maar eintlik is – sielswolke oor die einas en verdriete en meelewings en sielsonskyn oor die vreugdes, trots en dankbaarheid – is siel wat ‘n liquid vorm kry wanneer dit uitkom.
    Jip – wat die siel van vol is, loop die oë van oor…

    Like

  5. Hoekom gaan julle nie almal vir filmtoetse nie? Die vervaardigers SOEK mense wat netso sommerso kan huil! Jullle trane kan julle ryk en beroemd maak!!! Ek beny julle regtig.Ek self huil nie- nie sommer nie. En ek sukkel daarmee. Ek voel net ongelooflik SAD. Sou beter wees as ek kon huil en snik dat die trane spat- alles oor uit, weer skoon om aan te gaan tot volgende krisis.

    Like

    1. maar hulle moet darem vir my REDE gee… ek kan dit nie “fake” nie!!! Weet jy , daar was ‘n tyd in my lewe wat ek glad nie kon huil nie, vir meer as ‘n jaar.. dit was VERSKRIKLIK want ek WOU so graag. So, as die trane kom, vir bly of hartseer, keer ek hulle NIE!!!

      Like

  6. Ek huil nie sommer nie – jy kan amper sê ek is sonder traankliere gebore. Ek het die brein gevat en my tweeling die hart toe ons met geboorte geskei is. Njannies, ek het ‘n fietspomp in plek van die hart.

    Ek is Xena Phoenix, trotse voorsitster van die Paashaas bende.

    Like

  7. Ek huil ook nie SO maklik nie. Weet nie juis hoekom nie. Ek het ‘n vriendin wat die teenoorgestelde is. Op skool gaan sit sy eendag op haar hurke om iets uit haar tas te haal en ‘n onderwyseres kyk nie mooi waar sy loop nie en val oor haar. Die onderwyseres het nie vreeslik seergekry nie en verleë begin giggel. Die kinders het gedink dis vreeslik snaaks. (Tipies tieners.) Maar my vriendin het seker twee dae aanmekaar daaroor gehuil. Siestog.

    Like

  8. Ag, ek dink om soms net lekker te huil is die manier wat ons die vensters na die siel mooi skoon was, sommige mense was net meer hul sielvensters as ander maar ‘n lekker ou huil maak alles skoon. Ek huil nie so maklik nie maar tog is daar sekere seer en dinge wat mense raak wat ook maar die traankliertjies so bietjie wyd oop kan kom draai. Dit is maar ‘n normale ding en ek glo die extra omgee mense huil baie makliker , hulle leef hulle so in ander se seer, dat dit hul eie word op daardie oomblik. Tootrsie, jy is maar net een van daardie extra omgee goeie mense 😉 nie ‘n probleem nie, huil maar jou hartjie uit want so het Liewe Jesus jou gemaak .

    Like

    1. ag dankie snurfiesmurfie, ek PROBEER maar omgee. jong, soms kan ek ook maar lekker verkeerdom wees (sommer baie verkeerdom!!!) en dan voel ek weer 3 weke sleg daaroor!!! o ja, welkom hier!!

      Like

  9. Ek sukkel met presies dieselfde probleem! Heeltemal te huilerig vir my eie beswil. My hele wese huil oor ander se seer, tot ne oor ek moeg of siek voel… PMS!!! 😯 daai is nou weer ‘n perd van ‘n ander kleur… Kan net nie wen nie.

    Eintlik is ek dankbaar die Liewe Heer het my bedrading so gemaak … Want dan LEEF jy deur jou belewenis.

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s