Hoe my blog werk…

Een van die dinge wat my al hoe meer opval, hoe meer ek blogs lees en ook op facebook rondkyk, is hoe verskillend ons is. En dis vir my wonderlik! Elkeen hanteer sy eie blog soos hy/sy graag wil en dit maak dit so interessant.  Daar is mense wat goed op hulle blogs skryf wat ek nie eers saggies in my eie huis sal sê nie, net so, glo ek, skryf ek ook dinge wat dalk ander mense ongemaklik maak. Want dieselfde ding gee nie vir almal dieselfde reaksie nie. Soms skryf ons dalk iets met die beste van bedoelings, en iemand anders lees iets daarin wat ons glad nie bedoel het nie, want ons is almal sensitief vir verskillende goed. Goed wat my skaam maak, is vir iemand anders alledaags, en andersom. Wat vir my die interessantste is, is dat 20 bloggers oor dieselfde onderwerp kan skryf, en daar 20 verskillende stories gaan uitkom. Sjoe! Ek geniet dit!!  Solank ons net mekaar respekteer, en besef dat die persoon wat iets skryf, homself blootstel. En juis daarom moet ons almal maar versigtig wees met hoe ons daarop reageer….

Dit wat hierbo geskryf is, het ek seker ‘n week terug al geskryf, maar hier is ‘n paar goedjies wat ek vanoggend wil byvoeg oor my blog.  Ekself is uitgesproke oor sekere dinge, soos die opvoeding van kinders. Wanneer ek dus oor sulke onderwerpe skryf, mag dit gebeur dat iemand anders dalk ‘n ander siening het. In die eerste plek skryf ek nie die dinge om enige iemand te benadeel nie, en juis in die hoop dat dit dalk iemand sal inspireer. Maar as jy van my verskil, is jy meer as welkom om ook jou mening te gee. MAAR dis HOE die mening gegee word wat tel. My blog is beslis nie ‘n bokskryt nie en ek gaan dit nie duld dat mense my blog gebruik om mekaar by te kom en persoonlik te raak nie. Probeer dus om jou mening sensitief en volwasse te hanteer. En dan vra ek ook die ander lesers om ook die kommentaar met sensitiwiteit en volwassenheid te hanteer. Dan raak die blog ‘n geselsplek waar elkeen vry is om sy eerlike, skoon mening te gee.   Kom ons blog lekker saam en geniet mekaar se geselskap – dis in elk geval die doel van HIERDIE blog.  🙂

29 thoughts on “Hoe my blog werk…

    1. ag toe!!! ek het dan gedink dis so ‘n lekker g r o o t fakkel! As jy in Parys loop, loer sy liggies om enige hoek en draai…. as jy jou mening ordentlik gaan gee….. maar ek wonder… hou dit maar eerder!!! 😉

      Like

      1. Al wat ek eintlik wou sê is dat ek nie van sensuur hou nie. Druis teen my beginsels van vryheid van spraak in. En soos alle regte het vryheid van spraak ook die prys van verantwoordelikheid.

        Like

  1. Ek hoor wat jy se, Toortsie. 😉

    Ek het net op ‘n punt moeg geraak vir saamstem met alles en almal…net omdat ons blogmaatjies is. Dit gebeur, hoor! Ek het al op die mooiste, liefste manier verskil van iemand, en dan is die gort gaar. Nou hou ek meestal my snater, maar as ek rerig ernstig oor ‘n saak voel, sal ek tog my stuiwer in die armbeurs gooi. Of as ek gesuip is, dan het ek natuurlik geen brieke nie… 😆

    Like

    1. ek gee regtig nie om as jy jou mond rek nie….. dis net oor die HOE!! So, jy mag met liefde met MY verskil!! ekself bly hou ook daarvan om my mening te gee, al is dit verskillend… daarom gun ek dit ook vir jou!! Soos Xena sê – vryheid van spraak bring VERANTWOORDELIKHEID….

      Like

    2. Hehehe. Lekker lag ek nou vir Vlam.
      Partykeer is jy in die moeilikheid omdat jy durf waag het om iets te sê, en partykeer sommer omdat jy niks gesê het nie.

      Hier was al epiese meningsverskille, bloedige gevegte en self ‘n paar gevalle waar dinge in ons “regte” lewens in ge-eskaleer het. Meeste van die senior blog burgers het al meer as eenmaal weggeloop net om ‘n maand of ses later weer terug te kom. Dit moet tog iets sê van Afrikaanse blogs, ek weet nie wat nie, maar dit moet iets wees…

      Like

  2. Hallo Toortsie

    Ek sou graag by jou: “Blog in Afrikaans” wou kommentaar lewer.
    Die Afrikaner se stem het stil geraak behalwe wanneer dit by www kom – so dis uiteraard ‘n wonderlike uitlaatklep vir ons en ons kan lekker saam gesels.
    Veral wanneer dit by ons landgenote kom wie nou in annerlande bly. Ek sou dink dat dit JUIS vir hulle fantasties is om lekker saam te kan gesels want baie van hulle hoor uiteraard nie die taal fisies om hulle nie.
    Om aan te sluit by Nikita: wanneer mens jong kinders hier het, en jy die werklikheid in die gesig staar, is daar baie meer regverdige geleenthede vir jou kinders elders. Die waarheid is doodeenvoudig dat blankes (Afrikaans of nie) NIE die geleenthede hier kry op ‘n meriete basis nie.
    Ek haal my hoed af vir ouers wie bereid is om te ontwortel vir hul kinders en die vreemde te gaan aandurf en dan sê ek wat ek lank gelede gesê het: Dit neem ongelooflike “guts” om daardie te doen. Weg van wat jy ken…so nee…dis nogal nie die chicken run nie, maar eerder die chicken stay.
    My seun bly self in Annerland en sy Britse vrou is al 50% Afrikaans magtig – sodat hulle eendag hul kinders beide tale sal leer.
    In sy spesifieke geval – en ek weet van honderde ander – sal die expats more terugkom as dinge hier net meer aanvaarbaar was.

    Mens is nie minder of meer Afrikaans oor waar jy jouself geografies bevind nie.

    Like

  3. Dan maak ek so antie Mad-Edel.
    BB ||=============================O< (zips) her lipz :mrgreen:

    nee jong, ek terg – ek probeer altyd by die HOE bly – en dit werk vir my – op my blog en op ander s'n. Soms help dit tog om te vra "hoe bedoel mevrou nou?" as dit blyk of jou persoonlike 'reëls' nie toegepas word met die HOE nie – die kommentator mag dalk regtig met (persoonlike beskou) goeie rede teen iets op 'n onwelvoeglike wyse te velde getrek het – Ek glo elke mens het soms 'n 'af' dag; 'n eina dag; 'n nobody-loves-me-everybody-hates-me dag; En elke ou het sy eie persoonlikheid ook – en hordes mense kan maar net nie 'op papier' dieselfde opinie lug as wanneer hulle voor jou sou sit nie.

    Ek seg weer soos vir die Narcies nou die dag – ek sien nie die lagplooitjies om jou oë as jy dalk klink of jy 'preek' nie – ek voel nie jou warmte, hoor nie jou stem… en al daardie moet ek tussen die lyne lees. Soms vrek moeilik daai een.

    Like

      1. Oits Toortsie – daai laaste paragraaf het nie na “jou” direk verwys nie 😕 ek het bedoel, dat wanneer ‘n mens ‘n standpunt inneem en ek daar comment, kom die antwoord baie keer: “dit was tong in die kies” of “jy verstaan nie” – dis wat ek bedoel… as ons dieselfde gesprek verbaal gehad het en mekaar se gesigte kon sien, sou die hele argument of gesprek heel anders verloop het… dis wat ek bedoel. Dis wat blogging nogal moeilik maak, veral as dit ‘n ‘opinionated’ tema is – soos my Ghandi-prentjie nou die dag – ek moes eintlik gesê het: “Hierdie is vir BB” – nou’t die meeste mense gedink ek ‘bash’ ander self-professing Christene.
        Mense kan nogal soms vurig redeneer – en as dit wel in kommentaar voorkom en jou op ‘n manier ‘offend’, probeer ek om te lees soos die kommentator dit gelees het – dalk het ek die helfte eerder gedink en nie geskryf nie (vanselfsprekend oor my gevoelstaal in verbale vorm mos maar my empatie sou oordra) – en dit kom nie maklik altyd in paragrawe oor nie.
        Og – jy skoon moeg nou?? ek ook! :mrgreen:

        Like

  4. Ek is ongelukkig (of gelukkig?) nie op my bek geval nie en sê maar gewoonlik wat ek voel en vat maar die gevolge daarvan. Ek is hoeka met “foot-in-mouth disease” gebore. Ek dink net soms word ‘n ‘persoonlike opinie’ as ‘n ‘persoonlike aanval’ beskou. “Sometimes we just have to agree to disagree” – met respek, en dan aan te beweeg.

    Like

  5. Ek stem saam dat dit belangrik is om die HOE te onthou, veral omdat die persoon se lyftaal en stemtoon nie altyd uit die skryf opstaan nie. Hope blogfights het al met redelik onskuldige opmerkings wat verkeerd verstaan is ontstaan. Vlam het beslis ‘n punt beet dat dit later erg vervelig raak as almal net saamstem en maak of alles wonderlik is. Jou standpunt maak juis die deur oop om te verskil, jou punt te stel en te hoor wat ander se standpunte is – ek hou daarvan!

    Like

  6. Ag wat , ek geniet dit om mense se menings te lees, of hulle nou met my saamstem of nie. Ten minste lees hulle iets. Wat van L’Agulhas vuurtoring vir ‘n liggie of Fakkel? Die liggie aan die suidpunt van Donker Afrika?

    Like

  7. Ek stem saam……nee ek stem nie saam nie…….ek stem saam.
    oh no! ek gaan maar doen wat ek altyd doen en praat as ek lus is wnat mense is gewoond aan my dinge en se goed.

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s