Blog in Afrikaans

Die merrie het gevra dat ons sal skryf oor hoekom ons blog.  Eintlik het ek haar klaar geantwoord op haar blog dat ek dit verskriklik geniet. Dat ek min mense sien en 48 jaar se gesels in my het wat iewers sal moet uit, anders praat ek julle HEELTEMAL MAL as ek julle sien (wat ek  in elk geval DOEN!!). Dis vir my heerlik om my gedagtes neer te pen, ek doen dit al vir jare in my bidboek.  Toe ek begin blog het, het ‘n hele nuwe wêreld vir my oopgegaan. Ek het nuwe vriende ontmoet met wie ek baie lekker gesels, al het ek hulle nog nooit gesien nie. Gogga skryf ook dat sy lief geraak het vir die ander bloggers, hulle vreugdes is haar vreugdes. Ek kan dieselfde sê.

Iets wat my nog altyd aangegryp het, is die Afrikaanssprekendes wat al in die begin van die vorige eeu na Argentinië ge-emigreer het. Ek is nie seker of hulle nog steeds afrikaans praat nie, want een van hulle grootste probleme was dat hulle min kontak met afrikaans-sprekendes gehad het. Soms het mense van hier af vir hulle boeke gepos, of daar gaan kuier, maar andersins moes hulle maar self die taal lewend hou. En groot was my verbasing toe ek een keer gevra het waar die mense woon wat my blog lees, en die antwoorde kom van verskillende dele van die wêreld. Baie Suid-Afrikaners gebruik die blog om nog in afrikaans kontak te maak, en so bly hulle vaardig in die taal! Is dit nie wonderlik nie? Want een van my bekommernisse was nog altyd dat die kinders wat vroeg emigreer, afrikaans sal kan praat, maar nie meer sal kan lees nie. Ons hoor so baie doemprofete wat verkondig dat Afrikaans se dae getel is. Maar ek voel, dat solank ons nog afrikaans praat en skryf, die taal lewend gehou word. En dis so belangrik dat hier so veel as moontlik afrikaanse blogs sal wees, dat die verskeidenheid mense sal aanmoedig om dit te lees. En dalk kry sommer nog mense lus om hulle stories te vertel.

So, indien jy hier lees en nog nie ‘n blog het nie, HOEKOM BEGIN JY NIE? Het jy dalk stories om te vertel? Of skryf jy mooi gedigte wat my met ons kan deel? Dalk skilder jy mooi en het nog altyd ‘n plek gesoek waar jy dit kan bekendstel?  Weet jy nie hoe om te begin nie? Kliek hier ……   Begin net!!!

 

10 thoughts on “Blog in Afrikaans

  1. Dankie vir die saamspeel.

    Terloops – Woorddroogte is wanneer jy voor jou skerm sit en jy kan nie aan een woord dink wat tot ‘n skrywe aangewend kan word nie. As jy dit nog nie beleef het nie, jy is nou gewaarsku.

    Stukkende gedig – geskryf deur Breyten Breytenbach – gaan oor sy wroeging omdat hy nie aan die dig kan kom nie. Dit is regtig ‘n stukkende gedig, maar dit skryf presies hoe blog skryf somtyds voel.

    Like

    1. o, maar ek kry BAIE woorddroogte!!! as die woorde kom moet ek dit DADELIK tik….. ‘n uur later is TE LAAT, dan kom daai woorde net glad nie…. ek het dit later besef, toe ek gaan DINK het oor die saak, dat dit is wat jy bedoel. Met die STUKKEND het ek gedink…. dalk blog en blog jy en tik jy ‘n klomp woorde wat eintlik niks sê nie – en DAARVOOR is ek BITTER BANG!!! Ek wil nie net my blog aan die gang hou ter wille van… nie…. ek wil hê daar moet darem (al is dit net effens) pitkos of iets in wees…. dis as jy agterkom hierdie blog sukkel nou rerig, dat jy moet email… jy verstaan wat ek bedoel

      Like

  2. genade, ek is bang vir daardie woorddroogte wat nog gaan kom! My seksboek is amper klaar en dan…
    Oor Afrikaans. Ek glo mos in die voortbestaan van die T AAL.Ek het mos reeds gese ek dink dis ‘n wereldtaal. Al die Afrikaanssprekendes wat so uitgewyk het, moet net asb vir hulle kinders ook die moedertaal leer, dan is die sakie reg.

    Like

  3. kom ek om, so kom ek om. Die mense wie so buiteland toe GEVLUG het, vir watse rede ook al, moet asb nie hulle kinders Afrikaans leer praat nie. Ek skaam my om te dink slapgatte wil my dapper taal beledig. Hulle kan maar die land waar hul skuil se taal aanneem. As hul te lafhartig is om in Suid Afrika te bly en n verskil te maak, dan verdien hul nie om Afrikaans te praat nie.

    Like

  4. My kinders [en ons natuurlik!] praat steeds Afrikaans en my dogter probeer dit so suiwer as moontlik praat – so erg is sy dat sy my al vertel het om op te hou om ‘n Engelse woord te laat deurglip so tussendeur [wat ek al in SA jare terug gedoen het]. Baie keer sal sy ook [as sy nie ‘n woord ken nie] vra wat die “beter” woord is vir ‘n sekere woord of hoe om iets op ‘n sekere manier beter te sê. Wat haar die dinges in maak is haar Afrikaanse vriende op Facebook se manier van Afrikaans praat. Sy wil die HORRIES kry en kan dit NIE verdra dat die jonges in SA so praat nie. Sy gril absoluut vir dit en sê oor en oor dat hulle NIE trots op Afrikaans is om so ‘n slegte Afrikaans te praat nie. Sy skryf vir hul boodskappe in goeie pure Afrikaans en dan kom hierdie aaklikge AFrikaanse manier van praat terug na haar wat haar laat voel sy wil nie meer skryf nie, want sy wil nie so ‘n gemors lees nie. Ek stem saam met haar. Dis vir my ‘n tragedie oor hoe agteruit die manier van kommunikeer gegaan het en ek voel vere vir die ou wat sê dis die jonges se manier van praat en dis ‘n “fase” – ek’s bly W voel so sterk daaroor dat sy nie net injoin saam met hulle nie [daar gaat my Engelse woord] en dat sy staan by dit waarin sy glo. Gelukkig het ons nie “gevlug” nie, ek weet nie waanneer om iemand te beskuldig van “vlug” nie, hoe beskou jy iemand wat uit SA gevlug het. Dus, daar sal seker die wees wat hier lees wat sê ons het gevlug, ek voel vere. Ons het ter wille van ons kinders ‘n besluit geneem en as dit nie vir HULLE was nie, was ek STEEDS in SA. Viva Afrikaans! Ek leer selfs van die Engelse hier Afrikaans! en van hulle koop alreeds Afrikaans! All Gold is baie gewild onder sommiges wat ek hier ken – die tamatiesous – en baie Engelse koop boerewors as hulle dit ontdek en weet waar om dit te koop. Ek het laas jaar gereeld Afrikaans gepraat met ‘n outjie wat Nederlands is en een meisie se pa het Belgie toe gegaan op lang termyn-werksessies en ek het haar Afrikaans geleer want hy kon Flaams praat! – net basiese frases vir haar geleer.

    Like

    1. nou loop jy my heeltemal vooruit, want ek het ‘n skryfsel wat ek eers laaattttteeeerrrrr wou pos, waarin ek die afrikaanssprekendes in die buiteland uitdaag om hulle bure en skoolkinders afrikaans te leer. Nou lyk dit my julle doen dit reeds!!!! So, ek sal maar dink of ek dit wel gaan pos (eendag)… Onthou, ons het maar almal ons sieninge, en dit is nie noodwendig altyd dieselfde nie! Lekker aand!

      Like

      1. Toortsie, ek stem saam, ons het almal ons sienings en dis ook reg dat dit moet kan verskil, maar om mense blatant te wil beskuldig – as jy nie weet waaroor en wat nie…dis ‘n ander saak. Lank voordat ons uit SA is het mense al gepraat van die “chickens” en ek het nooit daarvan kennis geneem of een dag gedink dat mense “vlug” of “weghardloop” ens ens nie. Ek dink net dit raak baie afgesaag om van tyd tot tyd op blogs dit te lees en dinge op so ‘n manier te sê – hier is mense met gevoelens wat hier lees – ongelukkig is ek seker maar een van daardie wat te fyn gevoelig is – dan is ek so, dis my reg om so te wees, ons is almal individue. Dus, dink ek mens behoort ook mense se omstandighede in ag te neem voordat jy dinge sê wat enige persoon kan raak. Ek het nog altyd stil gebly wanneer daar op blogs sulke boodskappe gelaat word, maar ek dink ek distansieer my nou vir eers. Lekker aand vir jou ook. Groete! Dit gaan jul goed.

        Like

  5. Die rede hoekom ek hierdie ding geskryf het, is omdat ek VERSKRIKLIK lief is vir my taal. En ek weet dat die mense wat hier lees, almal ook baie lief is vir ons taal. en dis vir my WONDERLIK as ENIGE IEMAND my taal praat, of hy nou iewers oorsee woon, of hy vreemdeling is wat dalk die taal aangeleer het, dit maak nie saak nie. Ek is SO BLY as iemand my taal wil praat of lees of skryf.
    Ek het beslis nie hierdie skrywe gedoen, met die gedagte dat mense mekaar in die hare gaan vlieg nie, en ek wil julle vra om dit te respekteer, asb. Ons het almal verskillende sienings oor dinge, met sy eie redes hoekom hy of sy so voel. As ons verby die verskille kyk, sien ons wonderlike mense raak. En dis my versoek dat op my blog, ons lekker saamkuier, ongeag ons verskille. Dis my versoek dat ons op hierdie blog mekaar sal respekteer…. en ek sal probeer (soos ek in elk geval doen) om ook sensitief te wees oor die onderwerpe en oor hoe ek dit stel.

    Like

Gesels saam, asseblief!