Vuur is ‘n woord wat baie verskillende emosies ontlok. Daar is die verwoestende veldbrand…. die heerlike reuk van ‘n braaivleisvuur…. ‘n kaggelvuur in die winter, met net julle tweetjies….
Ek was vyf jaar oud en daar was mense wat die aand by ons gekuier het. Ek het later in my ma se bed gaan lê terwyl die grootmense nog gekuier het. Toe ek die bedliggie afsit, het die skakelaar nie geklik nie – die liggie het net doodgegaan. Toe ek die volgende oggend wakker word, het my ma my vertel van die konsternasie. Gelukkig het sy iets nodig gehad in die kamer, en toe sy die deur oopmaak, was daar net rook. Die liggie het ‘n kortsluiting veroorsaak en die elektriese drade was aan die brand! Ek dink, dit was eerder ‘n gesmeul. Ek kon versmoor het. Hulle het gelukkig die brand gekeer en daar was nie regtig skade nie. Vir baie jasre later kon ek nog swart plekkies op party plekke sien, wat my herinner het van die brand. Die uiteinde van die saak is dat ek verskriklik bang is vir vuur. Ek sal maklik as ek rook sien trek, gaan ondersoek instel. En enige iets wat met vuur verbind word, maak my bang, soos donderweer, en ‘n motor wat omslaan (op die TV slaan die voertuig gewoonlik aan die brand), ens.
Ek wil graag weet wat die drie L’le, naamlik Leon, Laviga en oLga sal skryf as hulle oor “vuur” moet skryf…. en dan moet hulle onthou om die opdrag aan te gee vir drie ander ook, hoor!!
phew. Modg, hommer, dors. Het vinnig en ver gehardloop. En wat kry ek? 👿 huiswerk.
Ai, jai, jai. My slippertjies weer aantrek. Gaan huiswerk doen.
LikeLike
ek het juis vir JOU uitgesoek omdat ek gedink het jy sal so oulik wees om dit te doen….. en….. TOE WAS JY SO OULIK!!! Ek was nie verkeerd nie!!!!! 8) ek weet nog steeds nie watter letters julle druk om die gesiggie so te laat “lewe” nie….
LikeLike
Myne is ook lui gesiggies.
LikeLike
nee Olga, die laaste keer wat jy vir my ‘n gesiggie gemaak het, “lewe” dit!!!
LikeLike
Gedoen. Ek wag nou vir my tshirt!!!!!!!!!!!!! 😆
LikeLike
My eerste besoek aan jou blog – dis great!
LikeLike
dankie! en welkom!!!
LikeLike
Ek dink daar is niks (of wel min) so lekker soos ‘n heerlike somersaand met ‘n gesellige kuier om die kampvuur. Die stêrrekombers bo oor jou, langs jou en om jou. Ek is mal oor die reuk van sekere houte wat op die vuur gegooi word… so stowwerig gemeng met teer.
So ‘n vuurtjie kan nogal magies jou aandag trek en as jy oë uitvee dan sit jy en staar vir minute aan een in die ou vuurtjie.
Ek is nie so bang vir vuur soos wat ek vir water is nie. Ek dink dis dalk oor ek in die stad nie so baie met die element te doen kry nie.
LikeLike
hi girl…. ek kan ure so na ‘n vuurtjie (beheerde) staar….
LikeLike
Jammer ek het so lank gevat! Ek hardloop bietjie rond, so het nou eers uiteindelik uitgekom om ietsie op te plak.
LikeLike