Doen jy wat jy altyd wou doen?

Ronelda Campher skryf: “Ek drink somdae te veel. Ander te min. Maar ek drink nooit genoeg nie. As ek dronk is, praat ek te veel. As ek nugter is, skryf ek te veel. Maar ek praat en skryf nooit genoeg nie. Ek weet as ek net een ding kon reg doen, sou ek nie so X%*@ gevoel het oor die res nie…”

En dit bring my by die vraag…. Ek wonder, as almal, of ten minste meer mense gedoen het waarvoor hulle geroep was, hoe sou ons wêreld dan lyk? Piet wou sy hele lewe lank boer, maar sy ouers het hulle grond verloor toe hy 10 jaar was…. Koos, weer, wou eintlik ‘n polisieman wees, ‘n uitstekende polisieman, maar hy moes die familietradisie voortsit en boer, en maak toe nie ‘n sukses daarvan nie… Sarie wou ‘n verpleegster wees, maar familiedruk laat haar toe studeer vir ouditeur… Karel se lewensdroom was om ‘n brandweerman te wees, maar hy beland toe by die polisie… René het altyd die talent gehad om te skryf, mooi te skryf, maar het nooit haar talent ontwikkel nie. Die ouditeur moes ingenieur wees, die ingenieur moes eintlik aktuaris wees, die vee-arts moes boer, die teller sou ‘n uitstekende musiekant wees….

Daar is verskeie redes hoekom soveel mense nie doen wat hulle eintlik moes doen, of as hulle hulle harte ondersoek, wou doen nie… geld… insette van buite…. wat ook al. En ek wonder sommer net of dit nie bydra tot baie hartseer nie.  As jy wat hier lees, so iemand is wat regtig in verkeerde beroep is, vra ek nou: Wat wou jy altyd doen? As jy al jou moed bymekaarskraap, is daar nie ‘n kans dat jy TOG by jou lewensdroom kan uitkom nie??  Want as ‘n mens iets doen wat jy graag wil doen, doen jy dit met soveel meer lus en vreugde. Kry vir jou iemand wat jou sal bystaan en aanmoedig sodat jy by jou droom kan uitkom…  Doen dit net!!!

14 thoughts on “Doen jy wat jy altyd wou doen?

  1. Ai, daardie bootjies se water is rowwer as gewoonlik ne! En sien jy hulle is vasgeanker. Soms is mense vasgeanker en kan nie net los en doen wat hulle wil nie. Die water is te rof, die veranwoordelikheid te groot, die geld te min….. Maar ek stem: hou aan probeer doen wat jy wil!

    Like

  2. YEEESSSS!!!! :mrgreen:

    Ek gaan verseker doen wat my hartsbegeerte is.

    Ek het my studente nommer gekry en ek begin in die nuwe jaar met my HOD. Ek gaan die korporatiewe wêreld vaarwel roep en KAN NIE WAG NIE!!!

    Ek het ‘n twee jaar plan (tensy Jesus ingryp en dit vroeër laat gebeur) sodat ek vir ‘n kleiner salaris kan werk. Girl GAAN ‘n skooljuffrou word!

    Like

  3. Ek wil graag ‘n klouterdief raak. Wel, tot die dag wat ek ‘n derde korter en 70 kg ligter is, is ek dood gelukkig met my werk.

    O ja, ek dink ek moet leer swem en duik. Dan kan ek ‘n skattejagter word.

    Anders wil ek graag ‘n storie jagter word. Ek het ‘n kamera en ‘n blog, ek kort net die geld. Enige borge daar buite?

    Like

    1. Jy gebruik nie jou talente nie, Xena!!! Jy het vir Laviga by jou wat klein is en orals in klein gaatjies kan inkom, en sy kan vlieg met haar besempie…. hoekom sal jy nou wil klein en maer word?
      Ek dink jou 3e opsie klink die beste…

      Like

  4. Dankie, ek sal verseker aanklop vir pep talks!

    Ek sal nou my tweede grootse begeerte deel …. Ek wil BITTER graag met ‘n boer trou eendag! :mrgreen: Dan sal ek die gelukkigste (boer)vrou wees op planeet aarde … In die hele heelal! Ek gee skool terwyl my man boer ** sug **

    Like

    1. Reg so! Op die ou end het hierdie skooljuffrou nie vreeslik skoolgehou nie (so soms…) maar ek het nog altyd my opleiding gebruik. Op die oomblik doen ek opheffingswerk met die plaaskinders – ‘n uiters bevredigende werk!

      Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s