Hoe ver is Port Elizabeth vanaf Kaapstad??

As jy met ‘n motor ry, sê my padkaart van 1990 se tabel, 769km. Dis nou as jy die Tsitsikamma Tolpad ry en oor Sir Lowrey’s Pass. Maar as jy met ‘n fiets ry en jy ry nie oor Sir Lowrey’s Pass nie, maar met ‘n opmpad oor Kleinmond, Betty’sbaai, Pringlebaai, is dit maklik 50 km verder en dit met ‘n bergpad! En dan is ek nie seker of fietse op ‘n tolpad toegelaat word en of hulle dalk ook daar ‘n moeiliker ompad moet neem nie.

Ek het toevallig (al glo ek mos glad nie in toeval nie) Sondag gehoor van ‘n groep fietsryers wat ten bate van ‘n sendingorganisasie die roete ry. En dit het my verbeelding aangegryp omdat ek ook al met dieselfde organisasie te doen gehad het. En net soos dit nou moet wees, ry ek gister by hulle verby! ‘n Paar van hulle het staan en rus by ‘n vulstasie en ek het toe by hulle gestop.

En weet julle wat vertel hulle my? Dat daar ook ‘n man is wat stokalleen besig is om die hele roete te stap! Iemand anders vertel dat die volle roete hom meer as ‘n maand gaan neem! En hulle is al amper almal by die eintpunt – die fietsryers sowel as die stapper. Ek het nooit daaraan gedink om te vra hoe lank dit vir die fietsryers geneem het nie.

Ongelooflik wat mense vir hulle geloof sal doen! En aan die einde van so ‘n uitdaging, glo ek, het so ‘n persoon nie net die afstand afgelê, ‘n klomp geld ingesamel en mense van ‘n sekere saak bewus gemaak nie. Ek glo dat so ‘n persoon ook in sy geloof en in sy menswees verskriklik moes groei.

Ek wil graag hoor: Wie van julle het al so iets aangepak? Of wat het jy al aangepak ter wille van jou geloof of ‘n ander saak? Wat gaan deur jou gedagtes as jy so iets doen?

Ns. Die foto van die fietsryer is iemand anders, nie een van die groep wat ek hier van vertel nie.

Groetnis, Toortsie

English Blog Posts

Toortsie se Bantingboerekosboek Facebook page

Toortsie se  Facebook page

Finesse Blogger of the week

Toortsie by Pinterest

Plaasakkomodasie by Riversdal, Wes-Kaap

 

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Geleefde Christenskap, Verskeidenheid Onderwerpe. Bookmark the permalink.

2 Responses to Hoe ver is Port Elizabeth vanaf Kaapstad??

  1. Olga sê:

    weg is my elelange txt.

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s