Oujongnooi…

“Oujongnooi” is ‘n term wat deesdae amper ‘n vloekwoord geword het. Eintlik mag ons nie eers meer die term mevrou of mejuffrou gebruik nie, omdat dit mense se eiewaarde aantas. Mense KIES deesdae of hulle wil trou of nie, of hulle kinders wil hê of nie…

Ek ken ‘n paar mense wat nog “oujongnooiens” is (of was). Tannies Mags en Willa het op Ouplaas gebly… die plek se ander naam is meer beskrywend… Wydgeleë… Twee dierbare mense. Tannie Mags moes op ‘n baie jong ouderdom haar siek ouers kom verpleeg en so het daar toe nooit ‘n man oor haar pad gekom nie. (Al het tannie Martha ewe ontaktvol gesê: “As jy ‘n man moes kry sou hy agterstevoor gebolmakiesie het tot voor jou deur!”) Later het sy deur ‘n vriendin gehoor van tannie Willa wat in Uniondale gewoon het, en nie blyplek gehad nie. So het hulle toe in dieselfde huis ingetrek en mekaar versorg tot hulle dood. Tannie Willa het altyd van hulle gepraat as “onopgeëisde juwele”, want, “We were always ready, but never wanted.” Tannie Willa het so swaar gekry onder diabetes – elke oggend moes tannie Mags haar inspuit! En tannie Mags het lekkers gemaak, dan kry tannie Willa so lus. As haar bloedsuiker vir ‘n hele ruk mooi stabiel was, mag sy dan EEN Turkish Delight geëet het! Siestog, die volgende dag hardloop die suiker weer!! Maar ek sal eendag ‘n hele skrywe aan hulle afstaan, want hulle was regtig twee mense om te ken!!

Ag, en dan is daar die alomgeliefde Miss Mary. Sy is al 95 jaar oud, maar die jeug het haar nog nie verlaat nie! Sy doen gereeld “oumensbesoek” in die ouetehuis!  Sy was dan nog in hierdie jaar oorsee – is dit nou Suid- of Noord-Korea? Dit maak nie saak nie – dis merkwaardig!!

Al drie ware oujongnooiens.   Ken jy ook sulke “regte” oujongnooiens van wie jy ons wil vertel? Mense wat dalk graag NIE oujongnooiens wou wees nie, maar vir wie die lewe dit oor die pad gebring het? Mooi stories??

14 thoughts on “Oujongnooi…

  1. Ek ken mos daardie miss Mary ( behoede jou as jy vir haar tannie se, sy is miss Mary en klaar). Ek kom een oggend so 10 vm by haar huis waar sy steeds alleen woon- sy was toe so 94 jaar oud: Daar staan sy fiets en uitgevat met haar haar hoehak skoene. Op die stoof staan 3 hoenderpasteie wat sy gou daardie oggend met ‘n bietjie oorskietdeeg gebak het.
    So ‘n hele paar jaar gelede, toe miss Mary so 75-80- was, het die vroueaksievergadering ons ‘n vraelys laat invul. Volgens die punte kon ons sien waar ons selfbeeld, bekommernisse en skuldgevoelens le en waaraan ons moet werk. Miss Mary was die enigste een in die saal wat volpunte gehad het – geen selfbeeldprobleme, geen skuldgevoelens en geen bekommernisse nie!

    Like

    1. nou die dag met ‘n vriendin se verjaarsdag was Miss Mary ook daar – uitgevat in haar fantasiepakkie (onthou, dit was ‘n fantasiepartytjie!!) 95 jaar oud en glad nie te oud vir partytjie hou nie!!!

      Like

  2. Ek ken nie net ‘n paar nie, maar het sommer ‘n hele paar in die familie, almal raakvat vrouens wat meer ingestel was op versorging van ander as om ‘n man te soek. Daar is my tannie wat haar suster en my ouma versorg het tot die dag van hulle dood, my peetma wat haar ma versorg het tot aan die einde en die twee ouvroutjies (vriendinne van my moedertjie en ook al oor die 90) wat jare saam verpleegsters was, mekaar latere jare weer opgesoek het en op die ou einde ook ‘n huis gedeel het sodat hulle na mekaar kon kyk. Almal merkwaardige vrouens met soveel omgee in hulle harte!

    Like

  3. Ehe!!! 😛

    My oumas dink albei ek is STERK op pad om een te word!

    Ek is eintlik erg dankbaar die Here het nooit my smeekgebede verhoor toe ek vir ‘n lewensmaat gebid het nie. Ek was een van daai stout tieners waarvan jy praat en het onlangs eers tot bekering gekom… As ek een van my droom mans toe moes trou was ek verseker nou in die moeilikheid.

    Ek kan egter nie verstaan hoekom party mense regtig nie wil trou nie? 😕

    Like

  4. Ek ken nie een oujongnooi nie, maar weet van my ouma se tante [of so iets dervoege of oumagrootjie- ek kan nie onthou waar presies sy inpas nie], en wat ek van haar gehoor het, is dat sy ‘n raakvat mens was en net geweet het wat om te doen in enige situasie. Sy was ook in een van die konsentrasiekampe en word in een boek aangehaal [ongelukkig is die boek iewers weggepak en het ek my al morsdood gesoek op die internet na die titel [of moontlike titels omdat ek nie meer presies die titel kan onthou nie]. Toe ek ‘n jong kind was, het ek altyd hierdie “prentjie” in my kop gehad dat oujongnooiens “kwaai” mense is, ek weet nie hoekom nie. 🙂

    Like

    1. Ek was vandag nooit hier by my blog nie, maar julle het tog te lekker gekuier!!! Juffrou Rottenmeier was ‘n kwaai oujongnooi, maar my ervaring is PRESIES die teenoorgestelde. Dierbare mense!! Met NIEMAND wat hulle kwaad maak nie!! 🙂

      Like

  5. Dankie, Toortsie. Jou inskrywing doen my hart goed. (Ek’s ‘n ent in my 30s in.Toe ek jonk was het ek gedink ek wil die Here dien en nooit trou nie, en die afgelope 2 jaar het my hart my anders vertel. Ook te veel gelees van diesoort Amerikaanse kultuurblogs wat praat oor hoe dit ‘n vrou se plig is om te trou…

    Like

    1. Eks bly jy luister na jou hart…. Getroud wees is seker nie altyd die maklikste ding nie, maar as ek my lewe kon oorhê, sou dit NET SO WEES!!! En uit die huwelik het daar die pragtigste kinders gekom waarvoor ek net vir God kan dank!!

      Like

  6. Daar is natuurlik oujongnooiens en oujongnooiens! Ek ken sommer ‘n klomp. Daar is die wat hul “vryheid” gebruik om hulself op alle terreine uit te leef en dan is daar die wat hulle “vryheid” gebruik om te sit en tob oor wat kon gewees het. Dan vra ek ook: Wat van die vrouens wat getroud was vir ‘n jaar of twee, en toe geskei is en nou verkies om enkel te bly? Ek dink aan een spesifiek en glo my, sy leef elke dag voluit, vir haarself en haar medemens, en sy is honderd keer ‘n gelukkiger, aangenamer en beter mens as wat sy ooit voorheen was.

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s