Kom ons sit koppe bymekaar….

In my oë is daar drie groepe tieners: Die groep wat gaan eksperimenteer met drank, seks en dwelms, al bied jy vir hulle watter vermaak ook al aan. En die groep wat nie daarmee gaan eksperimenteer nie, omdat hulle ander tipe vermaak verkies, dit teen hulle geloof en opvoeding is, of watter rede ook al. En dan die groep wat maar daarmee eksperimenteer, hulle sou dalk nie op so ‘n vroeë stadium dit doen nie, maar omdat daar nie eintlik iets anders te doen is nie, val hulle maar in by die eksperimenteerders.

Nuwe ouers met klein babatjies lees baie op oor kinderopvoeding. Wat om te doen om die beste vir hulle kinders te gee. Opvoedkundige speelgoed, klimrame, ens word aangekoop sodat daar niks in die pad kan staan in die ontwikkeling van hulle klein bloedjies nie. Later gaan die kinders skool toe, en baie keer begin die mammas dan werk. Die kinders raak meer onafhanklik en begin hulle eie belangstellings ontwikkel. EN DAN RAAK HULLE TIENERS! En om een of ander duister rede is daar ouers wat van die begin af al bekommerd is oor WAT DAN GAAN GEBEUR! Want dan is daar skielik MONSTERS in die huis!  (Ek glo dit natuurlik glad nie, want ek is MAL oor tieners!!) Op daardie stadium is die ouers en ook die kinders elkeen so met sy eie dinge besig, en daar word nie meer gewerk aan die verhoudinge nie, ouers skrik hulle dood by die eerste skewe woord wat hulle van die kinders kry en onttrek, ens.

Nou kom ek by my vraag: Hoe kan ons ons huise meer tienervriendelik kry? Wat kan ons doen om ons kinders eerder te oortuig om hulle maats huis toe te nooi, in plaas daarvan dat hulle in die strate rondhang? Wat kan kerke doen? Watter alternatief is daar wat ons kan aanbied??? Jare gelede was daar ‘n kerk in Mosselbaai wat ‘n Koffiekroeg vir tieners gehad het. (Dalk bestaan dit nog?) Slegs tieners is toegelaat, met ‘n paar ouers wat daar diens doen. Koffie is gratis bedien, met tafeltjies waarby die kinders kon sit en kuier. Geen drank, sigarette of dwelms is toegelaat nie. En dan was daar allerhande besighoudinge – ‘n Snoekertafel, tafeltennistafels, Veerpyltjies… noem maar op. Die kinders het dan betaal vir die speletjie wat hulle gebruik en op daardie manier is die koste verhaal. Asseblief! Wat kan ons doen? Ons MOET iets doen om ons tieners te behou. Dit is ons as ouers se PLIG, ons VERANTWOORDELIKHEID!!  Tieners en jongmense, veral julle mag ook bedraes lewer asseblief!!!

29 thoughts on “Kom ons sit koppe bymekaar….

  1. Tieners moet op ‘n vroeë ouderdom ‘n stokperdjie aanleer. Dit moet iets wees wat hul interesseer en kreatief besig kan hou. As hul ouers ook heeltyd betrokke is met al hul aktiwiteite en wys hul stel regtig belang in wat hul doen, sal tieners dalk ook meer met hul ouers wil verkeer. Gesinne moet dinge saam doen, bv op gereelde uitstappies gaan – nie net uitstappies vir “kinders” nie, maar ook na plekke waarheen hulle graag wil gaan. Ek dink dit hang ook baie af van hoe die kind groot geword het. Ek dink dit het ook met die kommunikasie te doen wat begin op klein-klein ouderdom en deurgaan tienerstadium toe. Party ouers laat die kinders in hul klein-kind stadium [7/8/9] aan “hulself” oor en as hul ‘n tiener word [12/13/14] dan is daar ‘n “gaping”. Ek weet tog ook nie, die eksperts sal dalk meer weet. Ek dink elke persoon met tieners sal sy idee hê wat “werk” of “nie werk” nie. Met ons twee het wel gewerk dat ons als saamdoen, belangstel en volwasse gesprekke met hul hê [sedert jong tienertyd] en hul ook behandel het asof hul ‘n volwassene is en hul opinies ook gerespekteer het [vroeër] en dit in ag geneem het. Ons het hulle ook eerste gestel bo ons dinge. Ek kan jou lang stories vertel wat W nou vertel van haar ondervindinge by die Univ wat ek glo mens kan terugtrek/deurtrek na ouers ens.

    Like

  2. Ek moet bieg die tienerfase vul my so bietjie met onsekerheid en dan dink ek nog nie eers regtig aan pienkvoete nie! Ek stem egter met Nikita, indien ouers en kinders van vroeg af dinge saamdoen, soos kamp, sport speel, teater bywoon of wat ookal die gesonde belangstelling sou wees, dan sal tieners steeds wil voortbou daarop ongeag dat hulle wel soos enige ander tiener dalk teen die grootword prikkels sal skop. Belangstelling, liefde en ondersteuning deurentyd is sekerlik een van die belangrikste aspekte van kinders groot maak – dit is nou in my leke opinie sonder enige ervaring tot dusver 😉

    Like

    1. Moenie die tienerfase vrees nie!!! Dis ‘n WONDERLIKE tyd – dan het die kinders die moed soos ‘n leeu! en dis vir my WONDERLIK waarmee hulle alles te voorskyn kom…. ek is mal oor hulle!!! Hulle het WOEMA!

      Like

  3. ‘n Onderwerp waarvan ek geen kennis of ervaring het nie. As ek egter ‘n klip in die bos moet gooi sou ek reken:
    Eerstens bly betrokke by jou kind. Weet waarin hy/sy belangstel en ondersteun die kind daarin, weet wie en waar hulle vriende is en moedig die kind aan om sy vriende by die huis te onthaal.
    Tweedens stel ALTYD die voorbeeld wat jy wil hê jou kind(ers) moet volg. Ek het ‘n teorie dat selfs as die jongmens sou dwaal en ander realiteite gaan verken, sal hulle terugkeer na dit wat hulle weet, oftewel dan hoe hulle grootgemaak is.
    Derdens vertrou jou kind. Jy het hom grootgemaak met die regte waardes, so gee ho die kans om dit op die proef te stel. As dinge dan wel verkeerd gaan, wees daar om te help om die stukke op te tel.

    Like

    1. PlaasJuppie… vir iemand met geen kennis of ervaring, gee jy darem UITSTEKENDE raad… Jy het seker familie wat tienerkinders het, of dalk was jy SELF op jou dae ‘n tiener? Dankie vir die kosbare raad.. en mag jou drome waar word. Dis my OPREGTE wens vir jou!!

      Like

      1. Die beste stuurman staan mos aan wal. Die familie se kinders is almal klaar groot of nog baie klein, maar ek onthou vaaaaaaaagweg ‘n onregeerbare tiener…

        Like

          1. ek het vriende wat self nie kinders het nie, maar wat ‘n WONDERLIKE oom en tannie is vir hulle suster se kinders is. Dis amper of daardie kinders ‘n 2e ma en pa het. Waar die ouers mis, is oom en tannie byderhand, ens… God kan mens op verskillende maniere gebruik…

            Like

      2. Dit is presies die rigting waarin ons nou dink. Ons het 3 peetseuns, my suster het 2 dogters en liefmens se boetiegoed verwag hulle eersteling. Ek is seker dit is nie so sleg om om die kiddies se gunsteling oom en tannie te wees nie (en so bietjie te help met vakansie en universiteit en so aan, synde dat al daai fondse reeds jare lank in plek is) Dan weer, miskien is daar nog ‘n wonderwerk iewers op ons pad.

        Like

    2. Hi PJ, ek wil nou regtig nie uit my beurt praat nie, en ek weet julle weet presies wat die probleem is en die moontlike oplossing en alles, maar weet jy, dit kan seker nie skade doen om die volgende met julle te deel nie. Ons het vir jare gewag vir ons kiepies en was natuurlik ook oral en toe besluit ons net eendag om op te hou. Maar toe begin ek Royal Jellie drink, bloot toevallig, dit was deel van vitamien pille wat ek gekoop het en ‘n jaar later was ek swanger. Ek het lank daarna eendag toevallig gelees dat daar mense is wat glo aan Royal Jellie as jy wil swanger raak. Maar in elk geval, ek wil nie in julle sake inspring met my groot skoene nie, ek voel net half ek moet dit noem, lekker dag vir julle!

      Like

      1. Dankie vir die raad Celia, ek verbeel my ek het actually al van die royal jelly gehoor. Ongelukkig vir ons lê die probleem by my en vereis dit ernstige en duur mediese ingryping (waarvan die operasie nou die dag maar net ‘n stap in die proses was) Die kanse is tans minder as 1%
        Nietemin, so bietjie ekstra vitamine kan geen skade doen nie 😆

        Like

  4. Ek kan boeke vol skryf oor tieners, ek vrek oor hulle. Ek het self twee en dan is ek betrokke by ons kerk se tieners, elke Sondagmiddag om 17:00 dan kuier ek saam met ‘n groep wat bestaan uit 45 maar dit is maar gewoonlik so 20 wat opdaag op ‘n slag. As ek weer lus/tyd/energie het om te blog sal ek oor my twee blog. Lekker dag vir jou!

    Like

  5. Tieners IS wonderlik. Die geheim is in gebalanseerde opvoeding- geleidelik meer vryheid en vertroue. Dan moet mens ook van kleinsaf verantwoordelikheid kweek. Bv wie se verrantwoordelikheid is dit dat die kind bv leer vir sy toets? NIE die ouers s’n nie. Dis die kind se eie verantwoordelikheid. Dit moet sommer al so van graad 1 af deurgeggee word en sov gr4 af hoef die ouer eintlik niks met skoolwerk te make te he nie, behalwe om te verduidelik as die outjie iets nie verstaan nie of sy werkies vir hom te vra, as hy jou vra om dit te doen.
    So is dit op alle gebiede en kweek jy verantwoordelike tieners wat die peer pressure kan weerstaan.

    Ek praat maklik, ne! Dis natuurlik nie altyd so maklik nie, maar ek sien dikwels ouers wat bv nie ‘n aand kan uitgaan nie, want boetie in st 9 skryf eksamen. Wie gaan kyk dat hy leer as hy op universiteit is? Wie gaan kyk dat hy homself nie te buite gaan met drank, dwelms, seks ens nie? Dit moet ongelukkig reeds vasgele word VOOR die tienerjare.

    Like

    1. amen seegogga. Amen. Mammas wat hulle kinders se huiswerk en skooltake en ook later kollegetake VIR hulle kinders doen, maak my LAM. Ek het vir jare met vriendinne daaroor baklei. maar ek is nou klaar baklei…. klaar. ek kry die indruk dis vir hulle lekker… daai “sence of achievement”. of praat ek nou heeltemal uit my beurt uit?? Ek praat nie van kinders wat regtig sukkel en ‘n ouer wat help nie… ek praat sommer van lui kinders en flukse ouers

      Like

  6. http://bit.ly/jeug-klub Ek glo nie die polisie in SA sal so iets begin nie, maar hierdie is wat Manchester se polisie doen – ‘n jeugklub vir Vrydae-aande vir die jeug waar hul allerlei aktiwiteite kan doen – met geld wat gedoneer is. [is gedoneer ‘n woord? – kan skielik nie onthou nie! donasies/skenkings ens]. Hier het hulle natuurlik vreeslik [in Manchester veral] te doen met anti-sosiale gedragsprobleme en dis soort van ‘n probeerslag om die gedrag te kanaliseer. O ja, wat ek wou bylas by bg antwoord van my is ook humor. Tieners hou daarvan as hulle te doen het met ouers wat humoristies kan wees en humor is dinge kan raaksien en dit met hul kan deel. Wat ek gesien het met die kinders in die hoërskool [laas jaar] is dat hulle soos volwassenes behandel wil word omdat hulle al “groot” dink en hulle wil so gerespekteer word ook. As jy hulle so behandel, respekteer hulle jou meer as die wat dink hulle is nog “kind”. Hulle hou daarvan as jy “fun” kan hê en saam met hulle dinge “deel”.

    Like

    1. dankie Nikita. ek gaan beslis kyk. ek dink die elektronika het gemaak dat ons kinders anti-sosiaal raak. Hulle weet nie meer hoe om te kommunikeer as die persoon BY hulle is nie – altyd besig om te sms of wat ook al met iemand ANDERS!! Ek is nie die taalkundige hier rond nie (ek dink eerder JY is!!), maar doneer klink vir my baie reg!! xx

      Like

    1. wat ek wou se is da die jeug van Struisbaai op ‘n stadium elke Vrydagaand bymekaar gekom het vir pret op Christelike manier. Hulle het speletjies gespeel, gebraai, Bybelstudie gehou en allerhande lekker dinge gedoen op Vrydagaande. Dit was vet pret en dis jammer dat dit later doodgeloop het. Slegs skoolgaande tieners het aan die groep behoort.

      Like

  7. Gebed … Gebed … Gebed … Dis al hoe jy die kids kan stuur, bestuur en lok

    Ek self het nou nie tieners nie maar het ‘n tienergroepie wat ek een keer ‘n week sien dan hou ons vir so 2 ure bybelstudie… dis as’t ware hulle selgroepie. Daar was aan die begin net drie kindertjies en ‘n paar maande later staan ons nou al op 14.

    Geen aktiwiteit of lokaas kon hulle almal vroeer daar kry nie.

    En dit … is maar net my nederige opinie 😉

    Like

  8. Die probleem met tieners is grootliks dat dit hulle ‘n kunsmatig geskepte klas is, met volwasse drange in ‘n kind se situasie. In die ou kulture soos die Joodse kultuur, was kinders op so 12,13 as volwassennes beskou. Hulle kon werk en trou en was opgevoed om op daardie ouderdom al verantwoordelikheid te vat.

    Dis nie verbasend dat tieners teen ouergesag in opstand is nie, want God het hulle gemaak dat hulle teen daai tyd hulle eie besluite kan neem.

    Vandag sit 17 en 18-jariges op skoolbanke nes 6-jariges, en doen sinlose dinge waarvan meeste hulle nie in die regte wêreld gaan help nie. (En as die jongmens gaan studeer, is hy dikwels tot so 21 of 22 nie besig om ‘n regte, direkte bydrae te maak nie.) Die wêreld van ons jong mense is van alle natuurlike doel ontneem. Hulle het stokperdjies wat vir hulle sinvol is nodig, maar hulle het ook nodig, dink ek, om vir iets wat saakmaak verantwoordelikheid te vat. Dis op, sê maar, ‘n plaas waar kinders bv. kan betrokke wees by bv. die melkery, makliker as in die stad, maar tieners moet iets bydra tot die gesin, of tot hulle kerk of liefdadigheid.

    En kommunikasie is baie belangrik. Dit los nie die kultuurprobleem op nie, maar om liefgehê te word motiveer mens baie.
    Meer oor hoe kultuur tieners keer om groot te word hier: http://www.ladiesagainstfeminism.com/training-children/why-teenagers-are-growing-up-so-slowly-today/#more-1915

    Like

    1. kommunikasie kommunikasie kommunikasie… en aandag aandag aandag!!!! Dit BLY maar die antwoord. Dankie ook vir jou bydrae!! O ja, en welkom! Dis die eerste keer wat jy op my blog kommentaar lewer. Ek hoop ek sien jou nog sommer baie!!!

      Like

Lewer kommentaar op Celia Neveling Kanselleer antwoord