Prince Alfred Pass

Hierdie is nou die laaste episode van die verhaal van ons kort en vinnige toertjie deur ons mooi land. Ons was by Grootvadersbos, Knysna, Addo Olifant Park en ook in die Baviaanskloof.

En asof daar nie genoeg kersies op die koek was nie, was ‘n besliste kersie die Outeniqua Trout Farm. Weer eens in die berge, weg van alle lawaai. Dis geleë in die Prince Alfred Pass, en as jy nog nie weet waarvan ek praat nie, dis die pad wat Fiela Komotie in Fiela se kind geloop het. Prentjiemooi. Dis tussen die berge geleë. Sulke houthuisies, met die foreldamme hier voor jou. En bokke wat wei. In die nag ry daar amper nie voertuie nie en as daar een ry, volg jy sy liggies vir lank… En weer eens sit jy op die stoep en braai tot na-nag, speel speletjies, want ook daar is nie TV en selfoonontvangs nie. Die eienaars van die plaas is NATUURMENSE. Hulle bedryf die gasteplaas op ‘n groen manier, wek hulle eie krag op, ens. Mens kan sien dis hulle LEWE. Ry die HELE pad vanaf Knysna tot Avontuur. Dis BESLIS die moeite werd!!

Watter plekke in ons land is vir jou die mooiste??

One thought on “Prince Alfred Pass

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s