En ons toer nog steeds….
Nadat ons al Grootvadersbos, Knysna se bootjie en Addo olifantpark beleef het, het ons die volgende dag die Baviaanskloof aangedurf. Voorheen was ons daar met ‘n hoër voertuig. Interessant genoeg, is hulle tans ernstig aan die werk aan die pad, en is die gedeelte wat altyd swak was, nou regtig ‘n goeie pad. Maar ons karretjie was nie heeltemal geskik vir die pad nie, met 5 groot mense en hulle bagasie nie. (Sien, toe ek die roete beplan het, het ons nog ‘n groot 4×4 motor gehad.) Gelukkig het nog vriende besluit om deur die Baviaanskloof te ry en het twee van ons later by hulle in hulle groot 4×4 gaan inklim. Of ek dit kan aanbeveel??? BESLIS!!! Dis ‘n hele dag weg van alles af, in die natuur. Dis ‘n pad wat mens nie elke dag ry nie, maar so mooi – berg op en berg af. En ek dink dat die hele pad binne ‘n jaar reg sal wees. Daar is baie oornagplekke ook en jy hoef dit nie so vinnig te doen soos wat ons dit gedoen het nie. (Met dié dat ons ‘n ekstra nag by Avoca gebly het, was ons toe verplig om die HELE pad in een dag te ry. Oorspronklik sou ons oornag het in die Baviaanskloof. Dit was ‘n lang dag, maar baie lekker.) Ek het so baie aan sekere ander bloggers gedink, want ons het hoeveel donkies en donkiekarre teegekom. En wat ek natuurlik nie kan verstaan nie, is dat ons soveel foto’s geneem het, maar nie een van ‘n donkiekar nie!!! Ek dink regtig dat die Baviaanskloof besig is om in ‘n gesogte bestemming te ontwikkel. En ook daar is Parkeraad, van wie ek ‘n baie hoë dunk het, aan die werk. Wie van julle ken die Baviaanskloof? Wie gaan graag daar kuier?? En wie WOON daar?
Ek dink ek sal net daai pad ry as ek bo op die carrier rak kan sit 😛
LikeLike
en as jy afval?
LikeLike
Ek sal BAIE styf vashou!
LikeLike
Ken nie baie goed nie.
LikeLike
Leon, dan sal jy moet gaan kyk!!
LikeLike