Inpakkos

Hoe lui die liedjie? Oom Jan sny koring op die land, dis geel en lyk soos goud, hy tel sy sente oor en oor as hy die dorsmasjien hoor. Lakka shakka shakka doef, wara doef doef doef, lakka shakka shakka doef doef doef, en die koring rol en die sakke word vol en oompie glimlag breed…….Die tannie met die kappie bring die koffie na die land, bring die koffie na die land!…

Nou ja, oestyd is kos inpak tyd. (En al het ons vanjaar rekorddroogte gehad, is daar tog, danksy die genade van die Here, graan wat moet afgehaal word. ) En ek is juis nie so oulik met die kos inpakkery nie. Regtig, ek dink die wortel van die probleem is dat my man so ‘n maklike een is wat kos aanbetref. Hy is HEELTEMAL tevrede met ‘n broodjie. As daar ‘n ietsie by is, is dit ‘n bonus. Ons het eenkeer ‘n maat saamgeneem op ‘n vakansie, en sy moes vir ons eetgoed inpak. Wel, ‘n BETER besluit kon ek nooit geneem het nie. Dit was die interessantse broodjies, snackwitches, koekies, souttertjies, noem maar op. En dit het DAE gehou! Elke keer as ons in die blik ingeloer het, was daar net ‘n nuwe verrassing! Al waarby hulle nie uitgekom het nie, was gebakte poeding! Nou jammer, my inpak vir die langpad gaan gewoonlik nie veel verder as ‘n paar hoenderboudjies, wors en verder chips, koekies en vrugte nie. Nou weer terug na die oestydkossies. Ek maak of koop wel ‘n paar lekker soutigheidjies, soos kiche, klein souttertjies, melktertjies, frikkadelle, pizzas. Alles handvatgoed. Ekself is natuurlik gek oor ‘n gekookte eier, maar ek het al agtergekom dat heelwat mense nie dit as baie besonders beskou nie. So, ek los gewoonlik maar die eiers, behalwe om dit fyn te maak saam met mayonaise en op die brood te smeer. So, in die blik wat ek inpak kom daar gewoonlik genoeg toebroodjies met lekker smere soos gekookte eier, oorskiet vleis, ens. En dan ‘n soutigheidjie soos hierbo genoem, ‘n pakkie koekies, en sjokolade of ‘n ander soet ding.  Maar komaan, ek weet julle het baie interessanter goed wat julle inpak. Laat hoor asb!!! Ek het julle NODIG!!!

17 thoughts on “Inpakkos

  1. Eish… Jy vra nou ‘n girl wat nie ‘n man het nie. Ek weet nie eers meer wat hulle magies vol maak nie… Ek wou wel vir hom ‘n bybelversie in sy kosblik pak… Een van bemoediging sodat hy onthou hoe bevoorreg hy is om so hard in die lande te werk.

    Like

  2. Ek deel hierdie penarie, want hier in Amsterdam het die gewoonte posgevat dat ek vir Manlief elke oggend kosblik vir die middag moet pak. Hy is ook ‘n maklike eter en maak grondboontjiebotter en stroop broodjies sy dag. Hy is egter deesdae gepla met gesond eet (moeilik vir ‘n soettand soos ek) so ek moes die kosblik ook bietjie aanpas. Ek sit nou in gewoonlik 2 vrugte of vrugteslaai, bruinbrood met koue vleis, kaas en slaai en dan ‘n aparte “snackbox” met ongesoute neute en cherrie tamaties. Gewoonlik sou ek sommer ‘n muesli bar van een of ander aard bygesit het, maar die is vir eers op die ongesonde lysie 😉

    Die koffie en beskuit wat Leon laat my egter lippe aflek….sal dalk moet plan maak om die naweek vir ‘n slag te bak nou dat ek kremetart in Amsterdam opgespoor het!

    Like

  3. Man jy is so oulik ek soen jou sommer.
    Ek het die week hard beplan aan die gesonde maaltye wat ek vir midagetes moet voorberei.
    Ek het so dan ook besluit manlief moet ook voor gepak word dan kan ek nie sommer net besluit ek doen dit nie.
    Nou is ek op dag 4 en my ideas was so bietjie dun tot ek hierbo gelees het en nou is ek weer slim.
    Ek gaan kaas wraps maak, en hoender wraps, en ‘n gekookte eier (lekker) met bietjie sout. Ek sal ook die naweek ‘n paar goedjies bak en brou om vir volgende week in te sit.
    Dankie vir die insperasie.
    Jammer ek was nie veel hulp met nuwe idees nie ek is nou te opgewonde.

    Like

    1. eendag, lank lank gelede het ek gevra wat julle in julle vrieskaste het. En ek dink dit was jy wat vertel het van die rolletjies deeg wat julle vul? Ek was oulik! het 2 rolletjies afgerol, dit gevul met uie, sampioene, bacon en kaas. Dit weer opgerol, in snytjies gesny en gebak. en …. whala! lekker kossies vir die kosblik (dis nou te sê as ons dit nie voor die tyd opeet nie!!)

      Like

Gesels saam, asseblief!