Oeeee!!!! die olifante!…..

Nog steeds deel van die vervolgverhaal. Ek sal moet klaar toer… die jaar gaan om wees dan is ek nog nie klaar met die verhaal nie!!!

Ek wou nog nooit buite ‘n wildkamp, soos die Kruger Wildtuin slaap nie. Ek voel jy mis te veel. Maar ons kon nie slaapplek kry in die Addo Olifantpark nie, en iemand vertel my toe van Avoca, 15 km buite die Addo Olifantpark. Ons sou net een nag daar bly, en toe ons daar kom, besluit ons om ‘n ekstra nag daar te bly. Dis ‘n plaas, maar daar is al heelwat huisies. Houthuisies. Ons s’n was te oulik – dit was 2 huisies wat net ‘n slaapkamer en badkamer gehad het, en tussen die twee huisies was ‘n lapa en kombuis wat die twee huisies gesamentlik gebruik. So teen die rivier. Salig. En daar het ons gebraai. En gesit. En ontspan. En die kersie op die koek? By die olifantpark was OLIFANTE!  TROPPE olifante! Ek het al ‘n keer daar gekom dat ons net olifantmis gesien het, maar hierdie keer was ons regtig gelukkig. Dis grotes en kleintjies. Daar was een ou babatjie. Hy was so dierbaar! Hy kon onderdeur die ander se lywe deurloop. En weer eens het dit my beïndruk hoe die grotes hom beskerm. Hy kon basies loop waar hy wou en hulle het die heel tyd ‘n muur om hom gebou. By een watergat was daar reeds ‘n groot trop olifante toe ons daar aankom. Dis net TOE dat die ander trop bykom…. en die eerste trop was glad nie dik van die lag nie, hoor!! Maar hulle het mekaar GOU uitgesorteer. En weer eens was ek beïndruk met Parkeraad se uitstekende kwaliteit geriewe. Ons het daar geëet in die restaurarant, en alhoewel die bediening stadig was, was die kos puik.

Ons het wel ander diere ook gesien, maar die OLIFANTE…. oeeeee!!!

8 thoughts on “Oeeee!!!! die olifante!…..

  1. Ek is so bly jy noem die Parkeraad se uitstekende geriewe. Elke keer as on Krugerwildtuin toe gegaan het, het die pessimiste ons afgeraai met hoe vreeslik dit nou daar gaan, ens. Maar ons was elke keer baie aangenaam verras met al die geriewe vir kampeerders( bv permanente kookwater vir die maak van koffie- jy gaan tap net!) en die uitstekende en skoon badkamers, kompleet met sepies en ‘n kragpunt waar my tieners hulle haardroer kan konnek.

    Like

  2. Dit klink als heerlik. Ek hou daarvan om ‘n spul olifante bymekaar te sien, maar o wee, ek bly eerder ver weg van hulle af, te veel in die Wildtuin gesien om te weet jy moet maar lig loop vir hulle.

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s