Waarmee boer julle?

Nikita skryf ‘n resep oor hops. Toe reageer ek deur te vertel van hops en bier en gars en die Overberg en waarmee ons boer, en ek wonder of julle weet wat hier gebeur in die Overberg?

Soveel mense vra vir my, waarmee boer julle?

Ons is hoofsaaklik graanboere. Ons boer met gars, wat ‘n belangrike bestanddeel in bier is. Hops is die ander baie belangrike bestanddeel, dit word daar by George verbou. As ek dit reg het, sorg die gars vir die GIS van die bier en die hops vir die bitter smaak.

Natuurlik is die Overberg ook ‘n koring-produserende gebied. Die laaste paar jaar het ons ook bekend geraak vir die pragtige geel Canola-lande.

As ‘n mens van die Kaap se kant af kom en jy kom daar by Botrivier oor die berg, begin die pragtige lappieskombers met lande van allerhande kleurkombinasies, so mooi, ons noem dit die Rûens (Ruggens) omdat dit so heuwelagtig is.

Ek weet nie of julle dit weet nie, maar die eerste Merino Skape wat ooit in Suid-Afrika aangekom het, was hier in ONS streek! Die goewerneur het 9 skape ingevoer en dit in die Bredasdorp Distrik kom aflaai. Hulle teel toe egter so goed aan dat die Tuisland daar bo in die Noorde laat weet die skape moet terugkom. Hulle stuur toe die oorspronklike 9 skape terug – en hou die res! So, hier is baie skape, mooi skape, wolskape. Lankal nie meer net Merino’s nie, maar allerhande ander soorte wolskape.

Dan is die Overberg ook ‘n baie doeltreffende melk-produserende gebied. Ek was by ‘n afsluitingsfunksie van die Jersey Kudde-kompetisie en volgens die slim mense is die Overberg besig om ‘n gesogte Jersey-gebied te word met hoogstaande kwaliteit Jersey’s.

Dan is hier sagte vrugte, soos appels, perskes, ens en selfs wingerde.

As jy nog meer wil weet, sal julle moet kom kyk!!!   Ons het van die lekkerste strande in die wêreld!, en walvisse, en berge, en van die heel vriendelikste mense in die land…

Vir julle wat dit dalk nie weet nie, die Overberg is bekend vir sy Bloukraanvoëls!

Groetnis

Toortsie

Toortsie se Bantingboerekosboek Facebook page

Toortsie se  Facebook page

Finesse Blogger of the week

Finesse: Toe kom die lorrie

Toortsie by Pinterest

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Overberg, Plaaslewe en Landbousake and tagged , , , , , , , , . Bookmark the permalink.

12 Responses to Waarmee boer julle?

  1. seegogga sê:

    Ai, en dan het ons mos hier ook die Suidelikste punt van die ganse Afrika! En TWEE Oseane!.Die Indiese en Atlantiese oseaan kom hier bymekaar, hier by ons eie Suidelikste punt, en nerens anders nie! Ons het ook die grootste moutfabriek in Suid Afrika, en mout word gemaak van gars. Dit word weer gebruik in bier.

    Like

    • toortsie sê:

      Ek hoop nie julle hou my verantwoordelik vir elke feit nie!!! Dis maar hoe ek dit in my kop het, en al soveel keer gehoor het.. Ek weet nie wat hops in afrikaans is nie, maar ek het nog nooit ‘n ander woord daarvoor gehoor nie. Weer eens is die foto’s sommer van google af, so dis nie ons eie jersey nie – dis net BAIE makliker om sommer ‘n google foto te gebruik. Maar ons het jerseys. En ons het nogals by die kudde-kompetisie ‘n 2e plek gekry vir ‘n 1e laktasie vers. En ons senior groep het ook ‘n 2e plek gekry. Ons is baie trots daarop want verlede jaar het daar nie een prys na ons kant toe gekom nie. Maar gee kans….. Leon ek is bly jy hou van die Overberg – dit kan BAIE mooi wees…. en BBBBBAAAAAAIIIIIIEEEEEE droog. Seegogga, dankie vir die 2 oseane en die suidelikste punt. Ja! die Twee Oseane is NIE by Kaap punt soos hulle beweer nie….. DIS BY KAAP AGULHAS!!! Let wel…

      Like

  2. Nikita sê:

    Dankie, Toortsie, nou weet ek meer van hops! Dis seker dat ek nie juis ‘n drinker is dat ek nie weet van die goete nie! Daardie koei [ek neem aan dis julle koei] lyk soos een wat ons op die plaas gehad het, haar naam was Makkie en sy’t suurlemoene ingeryg! Sy’t graag onder die suurlemoenboom in die kraal gaan staan en wag. Op die plaas waar ek groot geword het het ons lusern gehad/groot vrugteboorde en die lusernlande is met tye afgewissel met koring/mielies. Ek spog nou nog dat ek ‘n stroper bestuur het [toe ek 14/15 was, saam met my sus se kerel] en trekker “gejaag” het met die een bediende – sy die een kant van die land en ek die ander kant, dan’t ons gekyk wie’s eerste ander kant…maar jy weet hoe stadig trekkers kan wees.lol
    Nelspruit se Fruit Tree het altyd by ons kom perskes/appelkose kry [na pluktyd – die “vrottes” soos ons gespot het…haha]

    Like

  3. Ek is mal oor die hele Overbergstreek!

    Like

  4. Olga sê:

    Ek het nog altyd gewonder wat hops in Afrikaans is. Ons het nie ‘n see nie, laat staan nog 2. Maar ons het darem ‘n berg. Of dan voetheuwels.

    Like

  5. Ek boer op die internet. Tel dit?

    Like

  6. Imagine nou ek kan ‘n boervrou word en daar in die overberge gaan bly? Dit sal my hart die blyste van die blyste maak OOIT!!!! Tweede op my lys is dalk die wingerd streke 😉

    Like

  7. Vinkie sê:

    Hi Toortsie

    Wat gebeur as jy jou hart op die Overberg streek verloor maar jy kry nie werk hier nie?! 😦
    Miskien het jy raad vir my? Ek is n voedselwetenskaplike wat reeds hier bly (Hermanus) maar wat nie werk kry in ons pragtige streek….

    Like

    • toortsie sê:

      dalk iets anders probeer??? nie ‘n ander streek nie, maar sommer ‘n hele nuwe belangstelling?? Die probleem is, ons hier in die Overberg lewe van rys vleis en aartappels…. 🙂

      Like

  8. Vinkie sê:

    Aitog dis maar n swaar pil om te sluk as jy 7 jaar geswot het! Is daar enige oorskotte (te veel koring of enige ander produkte) in die Overberg of enige behoeftes (kos) waaraan ek kan voldoen. Die rede hoekom ek vra is dat ek dalk my eie besigheid moet begin of dalk n produk ontwikkel van oorskot produkte. Hoop dat dit sin maak? 🙂

    Like

    • toortsie sê:

      Ja, ek kan dink dat dit ‘n bitter pil moet wees!! Weet jy dat ons ons een melkstal toemaak omdat die melkprys wat ons by Nestle (en ook die mense by Parmalat) kry, swakker is as twee jaar terug?? In die Overberg alleen is die afgelope jaar meer as 20 stalle toegemaak. Dalk is melkverwerking jou antwoord?? Kaas, joghurt, ens? Ek glo nie hier is ‘n oorskot melk nie, maar omdat die melkkopers nie betaal nie, maak die een stal na die ander toe. So, as jy iets kan doen en dalk beter pryse vir die rou produk betaal…. Hier was al in die verlede ‘n melkverwerkingsplek, nl Prime Milk. dit het misluk. Die groot Manne druk maar die kleintjies. Maar ek glo steeds met goeie bestuur en iemand met woema kan dit werk. Dalk moet mens net nie te groot begin nie en eers in die ding inkom?

      Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s