VIGS en TB eis sy tol

Nie baie lank gelede nie was vigsslagoffers iets waarvan ons maar net gehoor het. Ons was nie so direk geraak daardeur nie. En moet ek byvoeg, dalk het ons ook nie veel gevoel daarvoor nie? Toe, so drie of vier jaar gelede het ons ‘n werker verloor wat gesterf het weens onbekende faktore. En toe begin dit al hoe meer gebeur. Die een dag werk die persoon nog en dan hoor jy net hy is in die hospitaal, baie siek. In Katima Mulilo het iemand vertel dat daar daagliks nuwe leë banke in die skole is. Ek hoor in party dorpe kan die munisipaliteite nie voor bly om nuwe grafte te grawe nie. Die programme wat die staat aanbied, is ook blykbaar nie so voldoende soos hulle hoop nie. Wat kan ons doen? Wat kan ons gewone landsburgers doen om die gevaar te keer? Ek weet Veilige Seks is die antwoord, maar HOE kan ons anders help? Ons kan ons hande in onskuld was, maar ons land se ekonomie is besig om dit te voel, want dit is nie net die swakste werkers wat baie siek word nie.

Het jy al die boek, “Klaprose teen die wind” deur Marzanne Leroux-Van der Boon gelees? Dit maak nogals jou oë oop.

Groete,

Toortsie

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Boeke en flieks, Verskeidenheid Onderwerpe. Bookmark the permalink.

13 Responses to VIGS en TB eis sy tol

  1. Sonlig sê:

    Sug! Hierdie is so ‘n hartseer onderwerp!

    Ek het nou al self ‘n kollega hierdeur verloor en die probleem hier was dat sy heeltemal te laat uitgevind het dat sy positief was. Ten tye van haar uitslae was haar CD4 telling reeds18! Dit was ‘n doodsvonnis, want die staat gee eenvoudig nie ARV behandeling as die telling laer as 200 is nie. Dis dan asof jy reeds die “point of no return” verbygesteek het.

    Ek het ook ‘n huisbediende gehad wat positief is. Sy was op ‘n stadium baie siek met tuberkulose en ek het haar ‘n hele paar keer na die Helen Joseph hospitaal geneem na die kliniek. Ek was elke keer so ontsteld oor ek nie méér kon doen nie en moes toekyk hoedat die hekwag weier dat ek haar voor die deur aflaai, want my kar mag konsuis nie daar ingery het nie. “She must walk!” Op my pleidooi dat sy te swak was om te loop het hy min ag geslaan. Ek moes toekyk hoedat hulle hierdie vrou om die bos lei deur vir haar vitamiene in sakkies te gee terwyl sy dink dis medisyne wat haar gesond gaan maak.

    Deur die trane oppad werk toe het ek eendag op Beyers Naudé ‘n advertensiebord gesien: “The only cure for AIDS is love.”

    En ek het gedink dis só waar. Wees net lief vir daardie mense, want waar liefde is sal niemand weggestoot word nie, niemand sal honger wees nie, almal se wonde sal versorg wees en niemand sal voel “Ek is nou op my eie” nie.

    Wees dus lief genoeg om met jou werksmense te praat oor die voordeel van “early detection” en jou status weet. Wees lief genoeg om iemand aan te ry kliniek/ hospitaal toe. Wees lief genoeg om ‘n kombers, ‘n sak vol groente, of pakkies sop of rooibostee (stimuleer hul aptyt) aan ‘n siek persoon te gee.

    My eks-huisbediende leef steeds. Iemand was lief genoeg vir haar om haar maande lank te versorg en sy is nou by die TB verby, het gewig opgetel en kry behandeling. Sy werk wel nie meer vir my nie, maar kom sê so af toe hallo of los ‘n briefie in my hek – altyd afgesluit met “Ennie is lief vir jêlle en die meneer”.

    Like

    • toortsie sê:

      DANKIE Sonlig. Dankie vir jou raad. Dankie vir wat jy doen. Dit raak net ontstellend as ‘n goeie melkvrou BAIE siek is en sy die vrou is van die beste melkman…. dan raak jy bekommerd. Dis mense wat al ‘n paar jaar by ons werk, nie net 2 weke nie!!

      Like

      • seegogga sê:

        Ek wou my eendag by die kliniek laat toes vir vigs. die ontvangsdame daar het my meegedeel dat hulle my nie sommer kon toets nie, ek moes eers vir ‘n onderhoud na die suster gaan, ens. Ek wil nie na ‘n onderhoud gaan nie! Ek het vir niemand iets te se nie! Ek wil ook geen voorligting he nie! Wou bloot ‘n toets he soos die regering ons almal so aanraai om te doen. Is toe maar weer daar weg…. Hoeveel ander draai ook so om?

        Like

  2. Ek het al gehoor vd boek, maar dit nog nie self gelees nie.

    Like

    • toortsie sê:

      Leon, dis nie heeltemal my tipe boek nie, maar dit was ‘n ongelooflike ervaring om dit te lees (het dit seker 14 jaar terug gelees). En dit het my HART verander – en dis mos maar wat tel. Ek is tans ook weer met een van haar boeke besig, weer eens nie heeltemal wat ek elke dag wil lees nie, maar baie insiggewend = Granate bloei in Jerusalem. Dis soms goed om iets ANDERS te lees…

      Like

  3. Olga sê:

    Toevallig dat jy juis vandag oor tb ook praat. Hoor vandag op die radio nuus dat daar heelwat tering hospitale in Mpumalanga toegemaak is omdat dit glo net 40% van hulle kapasiteit hardloop. Glo ‘n pluimpie vir gesondheid sorg. Meen glo hulle wen die stryd teen tering. Ja, dis skokkend as iemand wie vir jou werk een dag kom werk, dan stuur sy iemand om te sê sy het ander werk gekry. Vyf maande later kom dieselfde iemand ‘n donasie vir Emma se begrafnis vra want sy is dood. Dan vra jy geskok of dit agv ‘n ongeluk in die plantasie is. Antw is dan: “No, mam, sy had aids.” Dan maak die “asma” waarvoor jy dikwels taxi geld gegee het sin.

    Like

    • toortsie sê:

      “Bly” om te hoor dat die stryd teen tering besig is om gewen te word!!! Ai tog. ai tog ai tog ai tog.!!!!! Ek het al gewonder, is daar medisyne wat die werkgewer kan koop? Hulle sê vir my dis te “duur”. Wat is te duur? Waar vind ‘n mens dit uit??? Ek praat en praat mos maar met die kindertjies, maar weet nog nie of dit gaan vrugte afwerp nie.

      Like

  4. Laat ek op my seepskissie klim.

    God het veilige seks gemaak en dit die huwelik genoem. Dus ‘n verhouding met een man en een vrou wat net tot mekaar verbind is.

    Nee, ek veroordeel nie mense met vigs nie. Ek voel wel dat daar meer gedoen kan word. En die harde feit is, veilige seks is ‘n mite. Moet nie net daarop vertrou nie, wees meer paraat.

    Like

    • toortsie sê:

      Ja Xena. Ek stem 100% saam. Maar nou het die ding al so vererger dat ek net gedink het daar is dalk net iets wat ons wat weens die genade van God nog nie vigs het nie, kan doen aan die arme mense wat dit wel het. Maar ek weet nie. Ek dink almal dink dit gebeur net met ander mense??

      Like

      • My punt is dat dit verder moet gaan as veilige seks.

        Wat kan jy doen? Help om die stigma af te breek. Praat met die kinders. Reel vir berading en toetsing. Bemagtig die mense hoe hulle mekaar moet versorg as hulle vigs kry.

        Like

        • toortsie sê:

          kyk, ek kan nog die kinders probeer regpraat. Maar oor die versorging van pasiente…. ek weet daar niks van nie! Die Here het vir my gesonde kinders gegee – want ek weet net van Disprins. NIKS verder nie!!!

          Like

  5. seegogga sê:

    ‘n Baie oulike gedagte, Toortsie, dat werkgewers dalk kan help met medisyne of vroegtydige opsporing. Lees verder maar my seksboek oor voorhuwelikse seks. ( dit kom nog) in ‘n verdere brief.

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s