Was jy al ooit moedeloos?

Was jy al ooit moedeloos? Regtig moedeloos? Dat jou planne opgeraak het en jy nie meer geweet het watter kant toe nie? Dat jy net op ‘n hopie wou sit en huil? Soveel dat jy op jou knieë afsak, op die grond en voor God kniel? Plat? En nie weet WAT om te bid nie maar al wat uitkom, is “Here, help my. Asseblief. Asseblief!!!!” (Soms kom dit nie eers uit nie…) Het jy dan gehuil voor God? Rou snikke gehuil? En jou hart ontbloot vir Hom? Was jy dan naak voor Hom, gestroop van alle mooi woordjies en pretensies? En het jy dan daarná agtergekom dat daar ‘n draaipunt gekom het? Dat die dinge daarná anders gelyk het? Dat daar vir jou lig opkom? Dat, al het dinge dalk nie na die óű normaal teruggekeer nie, daar ‘n nuwe normaal  gekom het? ‘n Nuwe nuut? Dat daar weer hoop is? ‘n Hoop in Christus?

Toortsie

Toortsie se Faceboekblad.

Transformasie Gebedsbediening Bredasdorp en Riversdal (Transformation Prayer Ministry)

132 thoughts on “Was jy al ooit moedeloos?

  1. Hi Toortsie, glo dit gaan goed met jou. Wil net die wonderlike nuus met jou deel, en ook baie dankie se dat jy saam gebid het vir my vir n bakkie. ONS SKEPPER IS SO GETROU EN NOOIT LAAT NIE.
    Ek het n bakkie gekry. DANKIE JESUS ,DANKIE, DANKIE.

    Liked by 1 person

  2. Hoe gaan dit met jou,? n paar woorde om jou n geseende tyd toe te wens. Mag GOD JOU SEEN, en jou grondgebied vergroot, en jou weerhou van onheil, sodat geen smart of hartseer meer oor jou pad sal kom nie.
    Groete. Barney

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s