Was jy al ooit moedeloos? Regtig moedeloos? Dat jou planne opgeraak het en jy nie meer geweet het watter kant toe nie? Dat jy net op ‘n hopie wou sit en huil? Soveel dat jy op jou knieë afsak, op die grond en voor God kniel? Plat? En nie weet WAT om te bid nie maar al wat uitkom, is “Here, help my. Asseblief. Asseblief!!!!” (Soms kom dit nie eers uit nie…) Het jy dan gehuil voor God? Rou snikke gehuil? En jou hart ontbloot vir Hom? Was jy dan naak voor Hom, gestroop van alle mooi woordjies en pretensies? En het jy dan daarná agtergekom dat daar ‘n draaipunt gekom het? Dat die dinge daarná anders gelyk het? Dat daar vir jou lig opkom? Dat, al het dinge dalk nie na die óű normaal teruggekeer nie, daar ‘n nuwe normaal gekom het? ‘n Nuwe nuut? Dat daar weer hoop is? ‘n Hoop in Christus?
Toortsie
Toortsie se Faceboekblad.
Transformasie Gebedsbediening Bredasdorp en Riversdal (Transformation Prayer Ministry)
Hi Toortsie, nou het my skrywe n entjie terug gereflekteer, hoop jy sien dit raak. Groete Barney.
LikeLiked by 1 person
Ek het geantwoord😊
LikeLike
Hoe gaan dit met jou Toortsie? dink baie aan jou om almal moed in te praat wil gedoen wees.
LikeLiked by 1 person
Dankie, Barney, dit gaan regtig goed. Die lewe het mos maar sy oppe en awwe, maar die Here is goed vir my. 😊
LikeLike
Hi Toortsie, glo dit gaan goed met jou. Wil net die wonderlike nuus met jou deel, en ook baie dankie se dat jy saam gebid het vir my vir n bakkie. ONS SKEPPER IS SO GETROU EN NOOIT LAAT NIE.
Ek het n bakkie gekry. DANKIE JESUS ,DANKIE, DANKIE.
LikeLiked by 1 person
Ek is bly om te hoor.
LikeLike
Gaan dit nog goed met jou Toortsie?
LikeLiked by 1 person
Dankie dat jy vra, Barney. Ja, die Here is goed vir my. 😊
LikeLike
Hoe gaan dit met jou,? n paar woorde om jou n geseende tyd toe te wens. Mag GOD JOU SEEN, en jou grondgebied vergroot, en jou weerhou van onheil, sodat geen smart of hartseer meer oor jou pad sal kom nie.
Groete. Barney
LikeLike
Baie dankie Barney. God is goed vir my.
LikeLike