Was jy al ooit moedeloos?

Was jy al ooit moedeloos? Regtig moedeloos? Dat jou planne opgeraak het en jy nie meer geweet het watter kant toe nie? Dat jy net op ‘n hopie wou sit en huil? Soveel dat jy op jou knieë afsak, op die grond en voor God kniel? Plat? En nie weet WAT om te bid nie maar al wat uitkom, is “Here, help my. Asseblief. Asseblief!!!!” (Soms kom dit nie eers uit nie…) Het jy dan gehuil voor God? Rou snikke gehuil? En jou hart ontbloot vir Hom? Was jy dan naak voor Hom, gestroop van alle mooi woordjies en pretensies? En het jy dan daarná agtergekom dat daar ‘n draaipunt gekom het? Dat die dinge daarná anders gelyk het? Dat daar vir jou lig opkom? Dat, al het dinge dalk nie na die óű normaal teruggekeer nie, daar ‘n nuwe normaal  gekom het? ‘n Nuwe nuut? Dat daar weer hoop is? ‘n Hoop in Christus?

Toortsie

Toortsie se Faceboekblad.

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Geleefde Christenskap, Motivering en Bemoediging, Vrae. Bookmark the permalink.

87 Responses to Was jy al ooit moedeloos?

  1. Sonlig sê:

    Ek was al daar Toortsie. Nie soseer dat ek nie geweet het watter kant toe nie, maar wel dat ek by die onderkant van die put gekom het. En dan is daar net een kant toe – of jy nou wil of nie- ….OP!

    En ja, ek het gehuil by God. Nie mooi woordjies nie. Rou-kwaad smeek dat hy net my bondeltjie rubbish sal vat vóórdat ek dit weer kan optel as ek loop.

    En Hy het. En dit was beter.

    Maar een ding leer niemand jou nie – jy vind dit self op die harde manier uit:

    Daardie beter-voel-gevoel moet onderhou word. Die dinge moet afgesny word soos hulle weer opduik….anders VAT hulle weer vir jou … ondertoe!

    Like

    • toortsie sê:

      Jy stel dit baie mooi, Sonlig!!! maar dis NET so!!!

      Like

    • Thea Dreyer sê:

      God is groot en almagtig en ja daar kom n tyd in mens se lewe wat dit baie goed gaan en dan vergeet jy ons wondelike Hemelse Vader. Ons moet elke oomblik van elke dag aan Hom toevertrou en as die vyand ons aanval moet ons sterk wees in Jesus naam.

      Ons Hemelse Vader voorsien elke dag vir my en ek wil Hom loof en prys vir al Sy wonder dade

      Like

  2. Gogga sê:

    Snaakse vraag wat jy vrae nou dat ek oor so baie dinge wonder.

    Like

  3. Olga sê:

    Ja, ek was al. Ja, ek het al. Ja, ja, ja. Daar was uitkoms ook.

    Like

  4. seegogga sê:

    Jo ook ek. ‘n Mens dink jy gaan nooit weer daar uitkom nie, maar jy kom. En by wie sou mens kon smeek as jy nie ‘n Hemelse Vader gehad het nie? Ek hoop nie jy is nou weer daar nie, Toortsie, maar as jy dalk is, baie sterkte en liefde.

    Like

    • toortsie sê:

      Dankie, seegogga, ek is nie nou daar nie. Maar ek kom baie keer daar. en dis hoekom ek dit presies kon beskryf. Maar al wat ek weet…. die Here ken my hart, en as ek in moedeloosheid voor Hom gaan neerval, KOM DAAR UITKOMS! Ns… dit wat my nou die aand wakker gehou het, is weer reg. dankie

      Like

  5. Pikkelik sê:

    Amen en Amen…. ek wil dit weer se… Amen en Amen! Was al hoeveel keer daar en kan elke keer getuig van ‘n nuwe LIG!

    Like

    • toortsie sê:

      Hello Pikkelik. Welkom hier. Weet jy waaroor is ek die heel blyste? Oor ELKE persoon wat weet dat daar net een uitweg is…… En ek is SO jammer vir hulle wat voortbaklei sonder om die uitweg te gebruik…

      Like

  6. Smurfi sê:

    Toortsie jy stel die woorde so uit my hart uit… ja, ek was daar, daar waar jy nie meer kan nie dit is daar waar die Here jou optel en verder dra!

    Like

  7. Smurfi sê:

    I, think that most people never really stop to think about what is important in their lives.

    “We make those cry who care for us.
    We cry for those who never care for us
    And we care for those who will never cry for us”

    This is so true in life, strange but true, once people realise this, It is never to late to change, and realize how true it is.
    Every thing in life has a beginning and an end, no matter how difficult or serious and grave things might look, it will pass, nothing last for ever, even if it feels en looks to us as if it will never pass.

    Like

  8. Terug pieng: soekenjin… | Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie

  9. sylvia snooke sê:

    ek was al daar en is daar.. en ek hoop en vertrou dat die Here my sal help

    Like

  10. jeanne sê:

    dit voel of die Here my vergeet het, eks moedeloos verby, ek wil nie twyfel nie, maar hoe, waarheen, hoe vertel ek my man ek kan nie my skuld betaal nie, as jy weet hy kan dit nie vir jou betaal nie, ek smeek en bid aanmekaar, bid ek verkeerd, se ek die verkeerde goed? ek weet nie meer nie, ?

    Like

    • Toortsie sê:

      Liewe Jeanne, ek belowe jou God het jou nog nie vergeet nie. En Hy sal nooit! Hou aan om Hom te soek, Hy laat Hom vind deur hulle wat Hom soek.
      Die skuldprobleem is natuurlik ‘n ander onderwerp. Dis NIE God se skuld dat jy te veel skuld het nie. God gee vir ons die vryheid van keuse en dis ons wat die regte of verkeerde keuses maak.
      Eerstens sal dit regtig goed wees as jy met jou man hieroor praat, selfs al kan of sal hy dit nie terugbetaal nie. Dalk kan julle saam aan ‘n oplossing dink. Twee koppe is altyd beter as een. Het julle dalk gesamentlik baie skuld?
      Eerstens moet jy al jou skuld (ALLES!!!! Kredietkaart, klere, juwele, meubels, ………………..), die groot EN die klein bedraggies neerskryf. Hoeveel kan jy in ‘n maand bekostig om terug te betaal? Gaan praat met die skuld-eisers en verduidelik vir hulle jou probleem. Verduidelik aan hulle dat jy hulle graag almal wil betaal. Verdeel die bedrag wat jy kan betaal, in verhouding tussen die skuldeisers. Dié vir wie jy meer skuld, kry ‘n groter porsie van die terugbetaalbedrag, die kleineres, dalk minder. Of dalk kan jy van die kleineres vinniger afbetaal sodat jy oor tyd meer geld het vir die groteres? Aanvaar dit as hulle vir jou sê dat hulle rente gaan hef. Verduidelik dat dit dalk langer sal neem maar dat jy hulle almal graag wil terugbetaal.
      Die heel belangrikste: JY MOET HULLE DAN BETAAL SOOS BELOWE!! Moenie EEN maand oorslaan nie!!! Op so ‘n manier verseker jy dat jou naam nie op ‘n swartlys geplaas word en jou kredietwaardigheid in gedrang kom nie.
      Kan jy dit nie op jou eie doen nie? Gaan dan na ‘n skuldberader sodat hy jou kan help. Daar IS hulp! Maak gebruik daarvan as jyself nie gaan deurdruk nie.
      Stap 2: MOENIE NOG SKULD MAAK as jou skulde begin minder word nie!! Jy MAG nie!! Wees STERK!!
      Doen dit in samewerking met jou man. Wees oop oor julle finansies. Vertrou mekaar. Vertrou julle nie meer mekaar nie? Dan moet daardie vertroue herwin word. Gewerk aan word.
      Die beste tyd om God aan te roep is NOU. Vra Hom om jou te help in hierdie krisis. Vra Hom vir duidelikheid sodat jy die regte besluite kan neem. Vra Hom die wilskrag om vas te byt en jou skuld te vereffen. Vra Hom veral om jou te genees dat jy nie weer skuld sal maak nie!! Nooi Hom om heerser oor jou finansies te wees. Moenie aan Hom goed belowe wat jy in elk geval nie kan nakom nie. Maar Vra Sy Hulp!!
      Baie sterkte. Hierdie is nie die einde nie, dis die BEGIN!! 🙂

      Like

  11. Hester Richards sê:

    Moeg geploeg,

    Ek weet presies hoe Jeanne voel, is self daar.

    Party dae skep jy moed en glo die Here gaan jou help om dan net weer totaal beangs en plat geslaan te wees. Bid ek verkeerdelik vir ‘n wonderwerk, gebeur wonderwerke nog soos in die Bybel se tyd, wat doen ek verkeerd.

    Like

    • Toortsie sê:

      Liewe Hester. Ek was ook al daar. Soos ek hierbo geskryf het. Ek het dit juis geskryf nadat ek daar was. Die feit dat jy ‘n Christen is, beteken nie dat jy nie deur vreeslike dinge sal gaan nie. Ek was al so moedeloos dat ek nie geweet het watter kant toe nie. Om verskeie redes. soms het dit vir my gevoel of sleggaan net nie gaan ophou nie. En sodra jy dink nou kan dit nie nog slegter nie, dan gebeur daar nog iets!!
      Ek weet nie of jy verkeerd bid nie. ek weet daar gebeur nog wonderwerke. Ek het in my eie lewe al soveel wonderwerke gesien. Grotes. Kleintjies. En God gee nie noodwendig vir my soos wat ek dit vra nie, want Hy weet die beste. Hy weet of dit wat ek Hom vra vir my goed sal wees. Soms laat Hy ons wag vir iets, om verskillende redes. Dalk moet ek eers in myself groei, dalk moet ek eers in my verhouding met Hom groei. Dalk het ek dit net nie nou nodig nie en dan later jare, kry ek dit uit die bloute en dan onthou ek: Net God het geweet ek wil dit graag hê.
      Al wat ek weet is dit: God wil nie hê jy wil swaar kry nie. God het jou onvoorwaardelik lief. Hy wil net die beste vir jouself hê. Maar Hy wil ook hê dat ons goeie keuses moet maak, ons moet verantwoordelikheid neem vir ons keuses. Maar die meeste van als wil Hy hê dat ons tyd met Hom sal spandeer. Baie tyd. Tyd vir Bybellees. Tyd vir bid. Tyd vir stilwees. Tyd wat jy Hom toelaat om jou heel te maak. Sodat jou verhouding met Hom sal groei. Sodat jy in die toekoms dalk ander kan help. Sodat jyself in die toekoms as die storms weer kom, WEET dat Hy jou nooit sal los nie. Want Hy sal nie.
      Sterkte.

      Like

  12. Wilma sê:

    Ek voel of die Here my vergeet, ek bed elke dag maar niks gebeur nie. Ek is so moedeloos ek weet nie meer wat om te doen nie. Alles raak te veel vir my, alles alles. Ek kan ook nie meer huil nie ales raak te veel. Ek huil elke dag by God, maar niks gebeur nie. Doen ek iets verkeerd?
    Ek is regtig moedeloos!!!!!!

    Like

    • Toortsie sê:

      Liewe Wilma, hoe kan ek sê of jy iets verkeerd doen? Ek kan nie dink dat jy verkeerd doen as jy by God huil nie. Weet dat God jou nie vergeet het nie. Dat jy uiters belangrik is vir Hom. Weet dat Hy aan die werk is al kan jy dit dalk nie nou sien nie. Sit net so na aan sy voete as wat jy kan. Spandeer tyd saam met Hom. Het jy vriende (Christenvriende) wat vir jou kan bid en jou ondersteun?

      Like

  13. Hester sê:

    Wilma moenie moed verloor nie, ons dien n wonderlike almagtige God wat groter is as enige probleem wat jy nou ondervind. Wanneer jy voel jy kan glad nie meer aangaan nie sal God jou optel en styf vas hou dan dra Hy jou verder. Ek weet ek is ook daar maar elke dag is daar klein genadetjies wat Hy aan jou gee. Moenie jou net blind staar teen jou huidige krisis nie Hy is nooit laat Hy sal jou uithelp. Sterkte ek Bid vir jou
    Hester

    Like

    • Wilma sê:

      Dankie Hester, ek is net moedeloos om niks wil regkom vir my nie, maar ek glo dat as ek op my kniee gaan ek bid sal hy my gebede hoor. Ek weet partykeer net nie meer hou om te bid nie.

      Like

      • Toortsie sê:

        Die grootste wonder is dat God ons hart ken. En dat die Heilige Gees ons dom, verkeerde woorde, omskep tot die regte woorde. Lees Rom 8:26-27. In Die Boodskap staan dit so: “Intussen het God sy Gees aan ons gegee om ons in ons swakhede te help. Maar in sulke tye bid die Gees self vir ons. Hy vertaal al ons swaarkry in hemelse taal. Hy gaan sug en kla namens ons daar by god. En omdat God die Heilige Gees deur en deur ken, weet Hy presies hoekom sy Gees so ernstig vir ons bid. En God weet ook dat die Gees altyd volgens sy wil vir al die gelowiges bid. ”
        Dis net baie baie belangrik dat jy tyd saam met God spandeer, soos ek alreeds gesê het, maar ek sal dit nog 70 keer sê as dit oor my pad kom. 🙂 Lees sommer net in jou bybel. Hou aan lees. Ervaar God se liefde en beskerming vir jou. Terwyl jy lees, reageer. Byvoorbeeld met ‘n “ja, Here” as dit is wat jou hart uitroep. Of as Hy iets anders beloof wat jy graag wil hê, iets soos “asb Here”, of WAT ook al in jou hart opkom. Reageer net op wat Hy sê in Sy Woord. Lees dit. Dink daaroor. As jy nie woorde het nie, sit net stil in Sy teenwoordigheid. Of jy kan die Onse Vader bid. En wat fantasties is as jy vir nog vriende wat jy kan vertrou, vra om vir jou te bid. Hulle sien dalk iets raak wat jy nie raaksien nie en bid daarvoor.
        Baie baie sterkte. Ek sal ook vir jou bid.

        Like

  14. Hester sê:

    Wilma, Ek voel ook soms of ek teen die plafon van my kamer vas bid, maar weet jy God weet reeds wat jy vir hom wil vra, laat hom toe om jou hand te vat, jy hoef nie altyd in woorde te bid nie. Word net stil voor Hom en gee daardie probleem vir hom, maar los dit dan daar moenie dit weer optel of probeer om planne te maak om dit reg te maak nie. Soms moet ons roekeloos glo in wat ons nie kan sien

    Like

    • Toortsie sê:

      Een van my gunsteling verse is dit Efesiërs 3:20: “God is so magtig en sterk. Juis met daardie krag werk Hy ook in ons. Hy KAN EN HET DINGE VIR ONS GEDOEN WAARVAN ONS NIE EENS KON DROOM NIE. Hy verdien om al die eer wat die kerk het om te gee, vral as ons dink aan wat Christus Jesus vir ons gedoen het.”
      Dis so fantasties!!! As AL my planne op is, het HY nog sakke vol planne, dinge waarvan ek nog nie eers gehoor het nie!! En as ek Hom begin toelaat om daai dinge te doen, staan ek keer op keer in verbasing! Want Hy los dan daai ding totaal op ‘n ander manier op as wat ek sou.
      Dankie Hester, dat jy help om vir Wilma by te staan. Dis vir ons ALMAL tot voordeel en tot eer van God.!! Hou asb aan!

      Like

      • Toortsie sê:

        Die wonder van as ons mekaar in nood help, as ons begin wegkyk van ons nood en ‘n ander se nood raaksien, is dit of ons eie nood verlig. KOm ons help mekaar. Dis FANTASTIES!

        Like

        • Christiaan sê:

          Liewe mense
          Ek is in GROOT moeilikheid!
          1. Ek het 3maande gelede, op 45jarige ouderdom uitgevind dat my ma ‘n narcistiese persoonlikheids afwyking van die ergste graad het. Ek was vir 45jaar vas gevang in die donker emosionele, geestelike en siel skade wat dit aanherig het aan my. Ek het al die eienakappe van ‘n narcissis getoon, wat my laat UITERS dom goed aanvang het. Ek sit nou in die posisie dat ek:
          1. Sielkundige probleme het.
          2. Borg staan vir sowat R3.5Mil se skuld.
          3. Weens maatskappy herstruktuering ek nie na Julie meer werk gaan hê nie.
          Het 5 jong kinders vir wie ek nog vir lank moet sorg.
          Ek het 3Feb uitgevind wat narcisme is, en preside hoe diep ek in die moeilikheid is.alles het om my plat geval.
          Het op 5 Feb my probleme aan die Here gegee. Intussen ook pille vir spanning begin drink.
          Het al gehuil, myself op die grond gewerp en gebid,Bybel gelees en die sondes wat ek in die proses gedoen het bely.
          Ek sien nie ‘n pad vorentoe nie, en ek en my gesin my almal onder my spanning.
          Die werk en finansiele krisis is my eie skuld. Het dit voor God bely, maar sukkel om te glo Hyvergewe my.

          Like

          • Toortsie sê:

            God vergewe jou beslis as jy dit van Hom vra. Maar jy het ook Proffessionele hulp nodig. Mense wat jou deur hierdie krisis kan help. Ek dink ‘n goeie Pastorale Berader sal jou baie goeie leiding kan gee hoe om op te tree. Dalk het jy selfs ‘n skuldberader nodig om jou te help om deur die skuldkrisis te kom. Selfs al het jyself nie die skuld aangegaan nie.

            Like

  15. Terug pieng: Hoe doen ek dit? | Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie

  16. Terug pieng: Ek kan nie bid nie | Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie

  17. Sandra sê:

    Hoe desperaad moet jy wees as jy google en in tik Here help my asb. Wel ek is en het. Ek wens elke dag dat ek “face to face” met hom kan praat en al die antwoorde kan kry wat my pla. Ek bid nie net vir myself maar vir elke mens wat sukkel en wat swaar trek in die tyd, wat my onstel is dat ek meer ontferm is oor ander en nie kan nee se ( self vir my eie kind), dit bring ‘n mens net in die moeilikheid. Dan begin ek wonder help dit om ‘n goeie mens te wees? Moet erken ek gaan nou nie gereeld kerk toe nie en gee ook nie my 10de soos gevra word nie, is dit hoekom niks goed na ons kant toe kom. Ek wil net he my geliefdes moet gelukkig wees, my seun moet werk kry en die Here vind. Is dit nie maar wat elke ouer vandag wil he nie?

    Like

    • Toortsie sê:

      Liewe Sandra, ek wens ek kan jou nou n drukkie gee. Ja dis elke ouer se wens. En ek weet God hou dit nie teen jou dat jy nie so gereeld kerk toe gaan en nie jou 10e gee nie. Hou aan, soek sy teenwoordigheid deur stil te wees by Hom. Hy sal antwoord. Hou moed, asb. En ja, hou ook aan goed wees. Ons verstaan nie altyd alles wat met ons gebeur nie, maar weet dat God jou baie liefhet en net die beste vir jou wil hě. Baie sterkte.

      Like

    • Toortsie sê:

      Sandra wil jy ons meer vertel?

      Like

  18. Ek weet ook nie hoe om te begin nie, ek weet Hy is Groot en Almagtig ek weet Hy’s ‘n Wonderbare Heiland vir my. Die ongeluk is dat ek voel asof ek dit nie ervaar nie. U weet God het my deur moeilike tye gedra en Hy hou my nog altyd aan die gang, dit voel soms asof God nie behae in my het nie, maar dan staan ek weer skuldig voor Sy aangesig omdat Hy my opgetel het en weer ‘n genade kans gegee het. Dit laat my besef dat God omgee. Ek is weereens vandag teleurgesteld omdat dit voel asof God my nie wil aanhoor nie, dit voel asof ek teen iets vasbid, ek hoop u sal vir my bid; ek pay R3184 p/m maar die huis wat ek huur is R2000 p/m my skulde beloop ook meer as R2000 p/m, my vrou het ook inkomste van R1000 in maand, ek het 1 kind op skool en 2 op college(300km) vanaf die huis. ek weet dat dit my eie skuld is dat ek skuld het, maar ek weet ook gebede verander sake, dankie vir u gebede Die Here seën

    Like

  19. Deidre sê:

    Hello julle is hier nog iemand hier? Ek sien dis 2 jaar teurg se posts

    Like

  20. Asjas sê:

    Hi julle. Ek kom vra vandag dat julle asb saam met my bid vir uitkoms. My man se besigheid vou en skuldeisers klop verwoedelik aan ons deur. Ons het n wonderlike 22 maande seuntjie, geskenk van God. Ons is op laaste asem wat geld aanbetref. My man moet more gaan vir n onderhoud 450km ver, ons het nie eers geld vir petrol nie. God het gisteraand vir my die woorde : Hou moed, wees sterk gegee. Ek sukkel om daaraan te klou. Is so moedeloos.

    Like

  21. Dienkie sê:

    En nou is ek daar…. ;-(

    Like

  22. Dienkie sê:

    Baie dankie. Ek glo ek sal eersdaags van die Here se deurbraak kan getuig en sodoende ander ook kan bemoedig wat deur ‘n stryd gaan. Dankie dat hierdie forum daar is juis om mense wat voel dat hulle geen hoop meer het nie, weer op te lig sodat hulle kan aangaan. Ons almal glo, maar mens kry jou dae wanneer dinge net te veel raak.

    Like

  23. Blyhoop sê:

    Hallo ek is deur n baie rowwe jaar het verlede jaar uitgevind my man het n verhouding gehad met n ander vrou. Daarna het hy gese hy het my lankal nie meer lief nie dis vlg hom al n paar jaar. Hy wil skei. Ek het ook al rondgerol, gehuil wou nie meer op aarde wees nie maar daar was altyd Iemand wat my opgetel het. Ek het nader aan die Here gekom in hierdie tyd en het hoop dat als sal uitwerk soos die Here dit wil he, ek het vandag nog gebid dat die Here my huwelik sal red, ek het nog steeds hoop. Ek moet more teken vir egskeidings dokumente en bid dat die Here my ook hierdeur sal dra. Het ook jul gebede nodig dat die Here sy wil aan my bekend sal maak aangesien ek nog getroud wil wees en glo dat ons als sal kan uitsorteer.

    Like

  24. Dienkie sê:

    Goeie more Bly Hoop. Mag jou hoop vandag in genade en realiteit omskep word. Ons bid saam met jou vir antwoorde.

    Like

  25. Terug pieng: Moedeloosheid | Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie

  26. Dienkie sê:

    Die Here voorsien. Nooit in ons tydgleuf nie, maar altyd op Sy bestemde tyd. Wat, as ons terugkyk, altyd die beste tyd is. Hy voorsien op maniere wat ons nie eers kan bedink nie. Ek het werk gekry in hierdie moeilike tyd na meer as ‘n jaar se gesoek. ‘n Maatskappy wat Christelike beginsels en waardes as prioriteit beskou. Ek gaan terug na my geboortedorp toe. ‘n Nuwe begin wag op ons en ons is opgewonde, want ons weet die Here gaan voor ons uit. Die Here laat alles in plek val om ons op te tel van waar ons in die modder gelê het, sodat ons weer die wêreld in die oë kan kyk en sê: God is goed!” Dankie vir die ondersteuning en gebede. Dit dra krag – ALTYD! Moet nooit moed verloor nie.

    Like

  27. Karel sê:

    Vandag is een van daardie dae dit voel asof ek nie verder kan gaan nie.
    Ek het nie krag of moed om te bid nie want dit voel of daar nie n GOD is wat na my gebde wil luister nie. Het GOD dalk sy witbroodjies ?
    As die een deur toe maak, klap daar nog deure toe en as jy dink dit kan nie slegter nie dan gaan dit eers sleg nou verstaan ek die begrip moedeloos en nutteloos.

    Like

    • Toortsie sê:

      Karel ek voel ook baie dae moedeloos. Maar ek weet God is daar. God is daar vir my en ook vir jou. Ek bid dat Hy vir ons albei in sy vlerke van beskerming sal toevou en dat Hy ons weer moed sal gee vir die volgende tree. Sterkte vir jou.

      Like

  28. hartseer sê:

    Help asb…
    ek verstaan nie hoekom as die Here jou begeertes en hart ken en dat jy regtig wil probeer om Sy wil na te streef en jou huwelik wil laat werk hoekom alles nog suid gaan nie of hoe sekere gebeure al die goeie kan steel dit voel asof satan beheer neem en ek staan moedeloos en wag dat my verlosser my ons kom verlos? Hoe lank moet ek wag of eil Hy meer toewyding he van my he om sy perfekte tyd te openbaar. Ek wil met alles in my my man net gelukkig maak en ek glo ek bring my kant hoekom is daar nie onvoorwaardelike liefde nie

    Like

    • Toortsie sê:

      Ek hoor jou noodkreet. Ek het nie die antwoorde nie. Ek ken daardie vrae wat jy vra. Al wat ek weet is dat dit steeds die beste en veiligste plek is om by Jesus te skuil. Hy sal jou vashou. Hy sal jou krag gee. Hy sal jou deur hierdie baie moeilike tyd dra. Dis moeilik maar hou aan glo. Dis regtig die moeite werd.
      Here, ek bid vir Hartseer. Ek bid dat U haar styf sal vashou. U ken haar hart, U weet wat sy begeer. Dankie dat U vir haar baie lief is en net die beste vir haar wil hê. Dankie dat ons dit van U kan vra. Amen

      Like

  29. Friedelein sê:

    Hallo tannie…!
    So het my skoonma my vertel van tannie se blog… en van Finesse…
    Is dit nie wonderlik nie! Baie geluk!
    Ek het nooit geweet van tannie se blog nie en ek sien dit bestaan alankal… (Seker omdat ek nie op facebook is nie…hahaha)

    (Ek hou ook mos eintlik van skryf… Eendag as ek GrooT is, gaan ek `n boek skryf..;-)
    So, dis vir my so lekker om tannie se “staaltjies” te lees… Ek het nou net so vlugtig na alles gekyk en spesifiek die stukkie vanoggend gelees… (al was dit nou alankal geskryf…)
    Dit is baie mooi en so so so waar… Dankie daarvoor!

    Ek sal nou probeer om bietjie meer gereeld tannie se blog te besoek!
    Dis vrek oulik en oorspronklik!

    Mooi week!

    Kleinkruis Groete
    Friedelein

    Liked by 1 person

  30. Ekke sê:

    Ek is so ongelooflik moedeloos. Soos iemand hier bo genoem het – Presies HOE desperaat moet mens wees om Here help my op Google se search engine in te tik.
    Wel ek is daar! Desperaat, moeg, moedeloos, vasgekeer en vasgevang op n plek en omstandighede waaruit ek nie kan loskom maak nou nie saak hoe hard ek probeer en hoe hard ek pleit en huil en smeek by God nie. Ja almal sê dat God ons gebede verhoor en uitkoms bied en dat dit op Sy tyd gebeur. Waarom vat Sy tyd so lank? Dit voel soms asof ek nie werd is dat Hy my gebede verhoor nie, dit voel asof ek maar net aan my eie lot oorgelaat word en dat ongelukkigheid maar my voorland is. So asof ek nie een van daardie uitverkorenes is wat geluk verdien nie.
    Ek en my pragtige 14 jarige dogter het aan die einde van 2015 van een provinsie na n ander verhuis. Dit blyk die heel grootste fout van my lewe te wees! Ek sukkel nou reeds 7 maande om terug te gaan na waar ek was. Want hier kan ek nie meer nie! Ek kan nie opstaan in die more nie. Ek het geen vriende hier waar ek nou is nie. Ek is ver van my familie. En ek wil net terug! En daarvoor bid en smeek en pleit ek. Absoluut aaneen, letterlik elke oomblik wat ek wakker is. Ek word wakker in die nag en ek huil en ek bid. Wat kry ek terug? Stilte. Oorverdowende stilte. Al vir maande lank.
    Ek wil net terug na waar ek was en ek wil hierdie hoofstuk in my lewe afsluit en diep wegbêre! Hiervoor is ek bloot nie sterk genoeg nie.

    Liked by 1 person

    • Toortsie sê:

      Liewe Ekke. Ek hoor jou pyn jou angs. Ek ken nie die antwoorde nie. Maar ek weet dat God jou baie liefhet, selfs al voek dit nie so nie is Hy daar by jou, hoor Hy jou elke gebed, hou Hy jou vas sodat jy nie sal val nie maar regop bly. Ek bid dat God jou sal vashou, dat jy Sy Hand in jou lewe sal raaksien, dat jy hoop sal kry en dat Hy deure vir jou sal oopmaak wat vir jou en jou dogter die heel beste sal wees. Sal jy kom vertel as dit weer goed gaan asseblief? Hou net vas aan Hom, dis regtig die beste plek om te wees. Wag by Sy voete. Sonder Hom is dit baie erger.

      Like

      • Ekke sê:

        Dankie Toortsie. Net om die woorde te kan uiter help so klein bietjie. Tuis moet ek die sterk mamma wees wat elke storm kan trotseer. Intussen voel ek klein en nietig aan my binnekant. Ek sal beslis laat hoor van my wanneer dit beter gaan – en ek bid dat daardie ‘wanneer’ binnekort sal wees. In elk geval glo ek dat ek nog steeds hier van my sal laat hoor. Want die pyn en angs moet uit. Dit laat my siel sweer.

        Like

        • Toortsie sê:

          Jy is welkom. Ek weet nie hoe jou verhouding met jou dogter is nie, maar indien dit moontlik is kan jy en sy dalk julle situasie bespreek. Dalk nie in skveel diepte nie maar julle kan dalk mekaar ondersteun, of dink jy nie dit is ‘n wys opsie nie?

          Like

          • Ekke sê:

            Toortsie, die verhouding tussen my en my dogter is beter as wat ek ooit voor sou kon vra. Ek het n besonderse kind. Ek is net bang dat my angstigheid haar onseker kan laat voel en n 14jarige meisiekind is mos maar broos. Ek en sy het n wonderlike verhouding en daarvoor is ek baie dankbaar, maar ek wil haar nie verdere skade aandoen nie. Ek vermoed dat die verhuising haar ook ontwrig het, maar sy beur moedig voort.
            Ek soek baie hard na werk in my vorige stad waarheen ek so terugverlang en sal nie daarmee ophou nie. Dis net ontsettend moeilik om alles menslik moontlik te doen en so verskriklik hard te bid en niks gebeur nie.
            Ek sal aanhou bid en vertrou dat Hy sal antwoord. Al baklei ek soms met Hom (eintlik nogal baie die afgelope tyd!), is ek baie lief vir die Here.

            Like

  31. Rassie sê:

    Hallo, ek gaan deur my emails, kyk of iemand nie al geantwoord het op my werk aansoeke nie. O ek is nog een van die mense wat gehoor het die besigheid verklein en ek moet ander heenkome soek. Maar dit is nie ‘n swaar ding nie, dit gebeur daagliks met baie ander, voordel is my kinders is groot en uit die huis, net ek en my lieflike vrou. Ek sien die woorde op die internet “was jy al so ooit so moedeloos, jy gaan op jou kniee en kan nie bid nie, my woorde is net ASSEBLIEF HERE HELP MY. Julle sien hy ken my hart, ek ly aan die slim mense sê “post tramatiese stres” van ek uit die weermag is. Mense moenie my vra of dit hel is nie, vra my vrou en kinders. Ek het hulle deur hel gesit, genadiglik te dronk gewees om my vrou raak te skiet die kere wat ek haar wou skiet. Myself probeer skiet maar was te lafhartig om dit reg te kry. Ek het my die goeie man voorgehou by ander. Minder en minder vriende gemaak want om ‘n leun te leef is moeilik om vol te hou. My vrou het my bly ondersteun en lief gehê, my kinders het genadiglik mooi groot mense geword. Ek het verder en verder vanaf die Here begin leef. Ek het op myself gesteun om bo uit te kom. Moet sê dit maklik reggekry.
    Drie jaar terug kry my vrou beroerte, al my sondes en verdiet wat ek haar besorg het het die persoon wat vir my die meeste beteken op aarde getref. Sy het herstel, maar nie met mediese hulp en pille nie. Vir die eerste maal in my lewe het ek dag en nag langs haar bed op my kniee deurgebring en gebid tot die God wat ek weggegooi het. Na 8 weke in ‘n koma het sy wakker geword. My lewe het verander, ek drink gald geen drank meer nie, ons hou huis Godsdiens elke more en aand. Die ou duiwels bly nog by my maar is nie meer baas in my lewe nie. Ek kry nou vir die eerste maal na 30 jaar regtig behandelng vir my depresie,
    Nou kom ons weer by my oggend gebed. “HERE ASSEBLIEF HELP MY. EK KAN NIE MEER NIE”
    Ek bid vir die Here omdat in die eerste maal in my hele lewe ek nie planne het hoe om uit my penarie uit te kom nie. Ek is leeg ek het geen benul wat om te doen. Ek is 53 jaar oud my beste CV verweisings is almal al dood of persone uit die weermag wat nie hul name genoem wil hê nie.
    Ek bid omdat ek bang is vir die donkerte wat ek in my lewe gehad het. Ek gaan haal die pistool wat al die jare onder die kas lê uit, ek is nie bang vir die dood nie dit is dalk meer genadigliker as die lewe.My vrou sien die pistool in my hande en vra of ek haar allen sal gaan los met die gemors. Ek besef nou sy sal my nie alleen los met my gemors nie. Ek het weer vir die Here gebid. Ek het weer gevra ‘asseblief help my, ek kan nie WEER nie”.

    Lang storie, ek wil dit graag gedeel het. Daar is ander Manne wat selfde as ek deurgemaak het en hulle families ook deur hel gesit het. Moenie wag om hulp te gaan soek nie, Gaan sien jou Dokter vertel hom of haar van jou depresie en kry hulp as jy mans genoeg is. My situasie het nie verander nie, ek moetnog steeds gaan werk soek. Maar die son skyn en ek wardeur elke gawe wat nog in my huis is saam met ‘n vrou wat my 32 jaar lank ondersteun het. Baie dankie vir my Vrou en lieflike kinders. God sal vir my ‘n uitkoms stuur.

    Noem my net Grassie

    Like

    • Toortsie sê:

      Grassie! So baie dankie dat jy jou storie met ons kom deel het. Soveel van julle Army-ouens loop nog met die trauma in julle harte wat julle daardie tyd deurgegaan het. Julke was eintlik nog kinders toe julle al hierdie goed moes verduur! Dit kan nie maklik wees n8e. Ek is so verskriklik bly dat jy weer die Here gevind het. Ek is so bly dat jy hulp gekry het. Natuurlik gaan die reuse weer en weer kom, maar jy is nou sterk en elke keer wat jy ‘n reus oorwin is jy net nog sterker. Hou vas aan die Here, dis die moeite werd. Ek kan dit sê, omdat ek ook maar in my lewe reuse moes beveg en dit steeds moet doen. Dalk ander reuse as die verskriklikes wat jy moet beveg.
      Baie sterkte vir jou.

      Like

  32. Terug pieng: My 10 favourite blog posts from my blog | Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie se blog

  33. EkWasHier sê:

    Ja…ek was daar, al ‘n paar ~ nee meer as dit, kere…moedeloos en moeg en gesoebat en gesmeek, al plat op my maag ook…maar met genade kom mens daar deur…en soms voel dit asof mens weer op dieselfde plek land…en weer van voor af begin smeek en pleit. Tekens vind jy die krag en genade en kom daar deur…Dit voel soms asof die goed net groter en groter word, soms wonder ek of dit nie die lewenslesse is wat ons moet leer nie, die kruisings in ons pad wat ons moet oorkom nie?? Maar dit wat ek al in jou blogs gesien het, oorwin jy baie…sterkte, blessings en baie liefde vir jou…

    Liked by 1 person

  34. Hesterhillskan@gmail.com sê:

    Ek wil net hier in die vreemde n gebeds versoek doen. Was besig met iets heel anders toe ek net voel ek moet iewers om hulp vra vir gebed. Ek kan nie alleen nie. My liewe broer met sy 2 kinders het vrou(kanker), werk en huis verloor in een maand. So weer half opgestaan sonder werk en weer in dieselfde posisie

    Liked by 1 person

  35. soekend sê:

    In n kwessie van 11 maande het my man se besigheid tot niet gegaan. weggetrek na n ander dorp.gevoel hoe dit voel om letterlik nie kos in die huis te hê vir n volgende maaltyd nie. uitgevind my man het amper vyf jaar lank n emosionele affair gehad – wat eenmaal te ver gegaan het. dinge het begin beter gaan. werk. finansies. en vandag weer platgeslaan. soekend, roepend voor God.

    Like

  36. NOOD PLUIT sê:

    Hi is hier nog enige iemand hier op wat asb dringend kan help asb ek sit met n jong dame wat al getry haarself hang het van brug af spring voor kar in spring asb. Sy het so baie goeie goed wat voor haar le en sien dit nie raak deur die donker wolk nie. Sy wil nie meer met my praat nie want sy se sy ken my en wil nie met mense praat wat sy ken nie groot asb haar nr is 0842870359

    Like

    • Toortsie sê:

      Oeee ons is nie sielkundiges nie. Net gelowiges wat ‘n pad met God stap. Jy moet dringend met ‘n predikant of pastoor in julle omgewing gaan praat sodat hulle by haar uitkom. Of by ‘n dokter sodat hy haar kan verwys na ‘n professionele persoon. Baie sterkte.

      Like

  37. Derik Olivier sê:

    Soontoe en terug
    Ek het n vreeslike lang storie. Dit meer as geloof vir een artappel.
    2oo4 is ek in n gewapende roof geskiet. Die Here was met my van die begin af. .Al die berading en nonsens wat daarmee gepaard gaan het nie gehelp nie. ek het my besigheid verloor. dinge het net agter uit begin gaan. Ek het alles verloor. Ek moes net weg. Ek het vliegtuig kaartjie gekoop en met my familie Nz toe .Iemand wat ek geken het,het my oorreed om te gaan. Ek was getroud en met my twee kinders. Ek het net 30000 rand gehad en op die vliegtuig geklim. My ma het gese die groot voel wat ek mee gaan vlieg lyk vir haar soos n doodskis. My hart was in stukke toe dit tyd was om te vlieg. Daar is nie woorde om te beskryf hoe ek gevoel het nie. ek het my en net myself om toe vir al die besluite te blammeer.. Ek het nie geweet wat my dit laat doen het nie. Ek het in Augustus 2008 in Auckland aangekom. ek het nog aan jetlag gelei en het dadelik begin werk soek. Die Maandag oggend het ek nog geslaap toe die selfoon lui en iemand my nooi vir n onderhoud. Sommer nog vir dieselfde dag. Ek het nog nooit in my lewe vir n onderhoud gegaan en die werk gekry nie. Ek was nog my hele lewe ongelukkig. Altyd moes el hoor ek het nie ondervinding nie of daar is iets anders verkeerd. Dis hoekom ek maar altyd myself maar met los werkies besigehou . Ek het die werk gekry. Dit was n man wat my gesien het ,en jammer gekry het. Ek het nog nooit in my lewe geweet hoe om sink dakke op te sit nie, Ek is nie n loodgieter nie, Ek het drie lange maande gewag voor immegrasie my job offer goedgekeer het . Vir drie maande was my kinders uit die skool. Ek get hulle al Junie maand uit die skool In Suid Afrika gehaal. Hulle kon eers skool toe gaan as ek begin werk. Ek het Desember begin werk na n groot gesukkel. My kinders kon net vir n week skool toe gaan voor die skole sluit. Santie was 10 en Janie was 9. Dit het naar broekskeur gegaan . die geld is altyd te min. die huis huur is vreeslik hoog . My kinders se ma het gesukkel om wek te kry. Sy het huise skoon gemaak vir mense om geld te verdien. Die Afrikaanse kerk in Brownsbay het ons met tye gehelp met kos. na 2 jaar het ek eindelik my risedensie gekry. Ek moes baie skuld maak om immegrasie te betaal. Elk dollar se skuld was die moeite werd. Ek kon nie terug SA toe nie. Dit moet net werk .Daar is nie werk vir my in SA nie. Ek het toe geleentheeid gekry om by n jeugkamp in Auckland te werk. Ons het getrek en het n nuwe huis gekryHulle het gese ek kon die matte gaan kies. Dit was een groot wonderwerk. Die geld sou genoeg wees, Dit was nie goed genoeg vir my kinderes se ma nie, en sy het weer vir ander werk gesoek. Sy was nooit tevrede met enige iets nie. Daar was altyd iets verkeerd met die werk. Ek het kennis gegee en plek gesoek om te bly en het weer getrek. Ek het toe werk gekry by n maatskappy wat regerings huise in stand hou. Ek het gehelp met die maaintenance van die huise. My kinders se ma het werk gekry by n assuransie matskappy as n assessor. Die werk het het na haar kop toe gegaan en sy het my begin sleg behaandel.My oudste kind het van die skool af gekom een dag en op die rekenaar gegaan. Haar ma het nie uit die website uit gegaan nie. Die kind het vir my gese haar ma het n boyfriiend op a dating website .Dit het soos n bitter pil af gegaan. ek het in stile gaan sit en huil. My kind het haar ma aangevat. Sy was net 13 jaar oud. Sy het die predikant laat kom. Die aand toe die predikant opdaag ,het my kinders se ma in haar kar wat sy sonder my medewete gekoop het gery. haar klere was klaar gepak. Sy het my alleen met die kinders gelos. ons het haar suster vroeer gehelp om uit SA te kom. Sy is n alkoholis en dwelm verslaafde.Sy en my kinders se ma het agter my rug geld op my naam gaan leen by loan sharks. Ek het my kar en alles wat ek voor gewerk het verloor. Ek het weer niks gehad nie, Ek het alles verloor. Ek het vir 7 maande gesukkel om alles te betaal en om weer m ou kar te koop. My kinders het toe beluit om by hullema te gaan bly. Ek het toe op n online dating site gegaan en probeer om mense te ontmoet. Die alleenheid het my opgevreet. Ek was elke week vir berading by Ds Danie in Browns Bay. Wat n goeie man. Ek het toe n kiwi girl online ontmoet. ons het lankmet mekaar op facebook gekuier voor ons mekaar ontmoet het, Sy was aan die anderkant van NZ. Ek het Masterton toe getrek en ander werk gesoek,Daar is nie baie werk nie ,en ek was amper 3 maande sonder werk. Ek het werk gekry by n siviele maatskappy. Dit word vreeslik koud in Masterton. My broer en sy vrou het op ons grond in SA gebly. Hy en sy vrou is aangeval en het iutgetrek en in n woonstel in Krugersdorp gaan bly. Ek het toe terug gegaan SA toe om my suster te help om die huis reg te maak om te kan verhuur.
    Dit is vreeslik gevaarlik op die plotte by Lanseria te bly. Ek was vir drie maande in SA en het terug gegaan Masterton toe. My girlfriend het heeltyd vir my gewag. Ek het by haar ingetrek en het vir n jaar daar gebly. Ek het by higgins gewerk. Daar in jou lewe het jy nog nooit sulke winde gesien nie. Ek het aan depressie begin lei. en kon dit meer hanteer nie. Ek het een oggend net bedank en my goed gepak en terug Auckland toe gegaan. My vrienden se hart was gebreek en sy het my Auckland toe gevolg. Ons het n huis gekry om in te bly. vir 5000 rand n week 500 NZ dollar n week. Ek het n werk as cocrete trok drywer gekry en doen lang ure. My liefde het werk as n merchandiser coordinator gekry. Ons het toe besluit om Whangarei toe te trek . Ek het werk daar gekry. Ons het n huis saam gekoop en bly vandag in n lieflike huis. Die huis kos net 450 000 dollar. Net 4,5 miljoen rand.
    Dit gaan nou vreeslik goed met my. Ek is in n goeie kerk en deel van n goeie bidgroep.
    Dit is hoe goed die Here vir my is .
    Al die lof aan die Here.
    Dankie vir u goedheid,
    In Jesus naam
    AMen

    Like

  38. UIKOMS_NODIG sê:

    Ek is ook in soveel moeilikeid, dat ek ook vroeër vannaand “Here help my asseblief” gegoogle het. Toe kom ek op hierdie ongelooflike blog van “gewone” mense soos ek af. Die werklikhede wat ek gelees het was so opreg en bemoedigend dat die trane eevoudig onkeerbaar was. Daar is soveel bekommernisse en dinge wat verkeerd is in my lewe, dat ek hopeloos te veel plek en tyd sal opneem. Ek wil jul eerder vra om vir my vir werk en finansiële uitkoms te bid. Vir my het dinge in 2008 verkeerd begin loop toe ek my werk verloor het. Vele mislukte besighede later, het ek nog net ‘n paar Rand in my bankrekening oor. Regtig, ‘n paar Rand en dan is ek heeltemal bankkrot. Ek sit met soveel verwyte. Ek kon dinge mos anders gedoen het. Hoekom het ek nie vir meer poste aansoek gedoen nie? Hoekom het ek nie in ander tipes/soorte besighede belê nie? Hoekom het ek nie wyser met my geld gewerk nie? Hoekom het ek onnodig duur motors gekoop ….? Daar is baie ander vrae. Ek weet nie meer wat om vir God te bid nie en wil julle vra om asb vir my en my gesin te bid. My vrou en kinders verdien nie hierdie probleme nie. Ek weet dat God uiteindelik sal help. Ek is nou net moedeloos en het die krag van die gebede van julle – mede gelowiges – baie nodig. Bid asseblief dat God vir my en my gesin finansiële uitkoms sal stuur. Ek wil so graag werk en ‘n salaris verdien dat ek vir my gesin sal kan sorg. Ek bid ook vir elkeen van julle. Liefde in Jesus.

    Like

    • Toortsie sê:

      Liewe Here, hier is ‘n man wat regtig U beskerming, U hulp, U wysheid, U insig nodig het. Vader, ons almal maak foute en dankie dat U ons liefhet met ons foute en al. Vader, ek bid vir hierdie gesin. Vader sal U hulle styf vashou asseblief, sal U vir hulle oplossings brinf, Vader sal U hulle deur hierdie verskriklike oerwoud waar hulle nou is, help. O Heer, sal U vir hulle hoop gee, ‘n verwagting, ‘n nuwe nuut asseblief en die krag gee om, wat ook al op hul pad is, te kan verwerk en hanteer. Here, tot U eer alleen. Amen

      Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s