Hierdie is dag 2 van die vervolgverhaal. Na aanleiding van my skrywe oor ons huweliksbootjie wat op die sand beland het, besluit ek toe net daar om weer vir ‘n nag op so ‘n bootjie te bespreek. Vir dié wat nie die verhaal van die gestrande huweliksbootjie gelees het nie, dis by Knysna op die rivier. Ek was nog altyd lus om dit weer te doen. Hierdie keer was ons 5 mense en as ons dalk net op die sand sou beland, was daar mos darem helpers!! En iemand om die stuurwiel vas te hou!!… Wel, ons was mooi soet en het geslaap waar hulle aangedui het, en al het die wind gewaai, was ons veilig… die bootjie het doodstil gelê terwyl die huise behoorlik rondgespring het!! Ons het tog te lekker vis en steurgarnale gebraai, en geëet en geëet en geëet… al die kilogramme wat ek die afgelope jaar verloor het, het ek teruggekry!! Die tiener het aan die slaap geraak tussen die koffers op die enigste ordentlike dubbelbed, en die res van ons het toe op die “uittrekbanke” wat styf teen mekaar was, bed gemaak. Lekker knus! ‘n Heerlike ervaring vir ‘n klomp middeljariges!! (en een dierbare tiener). En ons het weer die eenvoudige dinge in die lewe geniet, soos ‘n klompie eentjies wat kom bedel het vir ‘n stukkie beskuit. Hoogwater en laagwater bly maar ‘n faktor. Ons kon toe nie onder die treinbrug deur ry nie, want dit was hoogwater, en so kon ons toe nie in die hawegebied inry nie. Maar daar was soveel ander plesier aan verbonde dat dit tog die moeite werd was. Die volgende oggend het ons by The Heads gaan draai, ook onder by die see.
En daar is ‘n brug gebou tussen twee baie hoë rotse. Sonder reëlings. Ek stel toe ondersoek in en dink dat dit ‘n redelike breë bruggie is, en begin sowaar daarop loop. Maar toe ek halfpad is … en dit BAIE HOOG is as jy afkyk ….. begin die wind baie erg waai ….. en is ek te bang om om te draai….. Gelukkig sê Erna ek moet afsak en op my boude terugkom….. Mens kan darem soms erg simpel dinge doen en in dinge beland waar jy nie hoort nie!!! Petrus het destyds, toe hy nie gedink het wat hy doen nie, op die water geloop… toe dink hy… toe sink hy…Dit laat my dink – het jy hoogtevrees? Noutevrees?… waarvoor is jy bang?

Gelukkig het ek nie engte of hoogte vrees nie… Ek gaan oor twee weke valskerm spring… EN KAN NIE WAG NIE!!!
Ek hou wel nie van baie mense om my nie.
LikeLike
oeeeeee klink my jy is vreesloos!!!! GENIET DIT!!! en MOENIE AFKYK NIE!!! Want dan gaan jy REGUIT grond toe!!!! lol
LikeLike
Slangtevrees!
LikeLike
en spinnekopvrees!!! bobbejaanspinnekoppe uggggg
LikeLike
Hoor hoor, Daai blerrie goed laat my koud.
GRILL
LikeLike
Ons gaan een van die dae bietjie daar kuier 🙂 🙂
LikeLike
geniet!!! Ek hoop julle gee julleself GENOEG tyd op die water….
LikeLike
Ek is bang vir niks nie. Ek is ‘n dapper muis.
LikeLike
O, ne??? en vir NIEMAND is jy bang……. ek wonder darem..
LikeLike