Die land is my land, die land is jou land….

Dis tydens die kort toertjie wat ons so pas gedoen het, dat ek net weer eens besef het in watter wonderlike land ons woon. Goed, ek besef hier is baie mense wat regtig in slegte omstandighede hulle daaglikse bestaan moet voer. Tog voel ek dis jammer dat die media net sorg vir negatiewe beriggewing en ons in die proses al hoe meer negatiefgesind maak.

Ons het sekerlik nie in areas gery en gebly waar dit gevaarlik is nie, maar ek het nie een oomblik gevrees dat ons aangeval sal word, of wat ook al nie. Ons het die land in sy glorie beleef.

Ons eerste stop was by Grootvadersbosch, tussen Swellendam en Heidelberg, wat deur die Kaapse Natuurbewaring beheer word. Soos by al ons Nasionale Parke, was die geriewe hier ook uitstaande.

Daar is slegs een huisie en verder is daar kampeerplekke. Ons het in die huisie gebly, en meermale het die gedagte in my kop opgekom dat die binneviersiering van baie goeie smaak getuig. Ons was heeltemal te kort daar omdat ons eers die middag by die huis kon vertrek.

Daar is heelwat staproetes. Ons het op ‘n skuiling of ‘n uitkykpunt afgekom waar jy vir baie lank sal kan sit en wag vir voëls en sommer ver kan uitkyk. Die donker het net heeltemal te gou gekom!!!

Ag, en dan is jy daar afgesonder, omring deur bos!  Sonder selfoonontvangs en TV! Jy sit sommer op die stoep en geniet die stilte en dink ‘n drankie en eet kaas en beskuitjies en jy speel skielik vir die eerste keer in jare kaart en Jenga en jy kuier saam met jou gesin en jy onthou waarom jy juis vir HULLE lief is!!!

Hier is hulle kontakbesonderhede. Let wel, ek kry nie kommissie nie, maar as een van julle nou dalk oor ‘n jaar besluit om soontoe te gaan, het ek dit nie meer nie!! 021 659 3500. Die oord self se nommer is 028 7222 412. www.capenature.co.za

Hierdie storie was aanvanklik as een bloginskrywing geskryf, maar ek wil te veel wat ek wil vertel, daarom sal dit as ‘n vervolgverhaal aangebied word.

Toortsie

Toortsie se Bantingboerekosboek Facebook page

Toortsie se  Facebook page

Finesse Blogger of the week

Finesse: Ek is nie ‘n minimalis nie.

Toortsie by Pinterest

 

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Reis-ervarings and tagged , , , , . Bookmark the permalink.

5 Responses to Die land is my land, die land is jou land….

  1. Nikita sê:

    Klink asof dit mooi was! Plaas bietjie ‘n foto van die Grootvadersbosch, dit klink so familie van Kom se Bos.

    Like

  2. Terug pieng: Die bootjie na Kammaland « Toortsie se Blog

  3. Terug pieng: Baviaanskloof « Toortsie se Blog

  4. Terug pieng: Prince Alfred Pass « Toortsie se Blog

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s