Doodgewoon… of nie??

Iemand het ‘n stuk geskryf oor “Doodgewoon” en daarin het sy gevoelens verwoord wat vir die meeste van ons so bekend is. Toe ek dit lees, het ek gedink om te reageer met – “praat jy dalk van my?” – maar daar was toe al ‘n paar ander persone wat presies net so gevoel het, dat ek toe iets heeltemal anders antwoord. Ek het nou die skrywe gaan soek by af.wordpress.com, maar kon dit ongelukkig nie kry om hieraan te heg nie. Indien die persoon dalk hier lees wil ek vra of jy nie asseblief dit sal koppel aan my storie nie?? Of indien jy dalk weet wie dit is, reageer net hier en ek sal weer gaan soek, omdat dit so uitstekend geskryf is en ek dit graag hier wil koppel.  Sy skryf onder andere dat sy goed sing, maar nie goed genoeg om ‘n sangeres te word nie; goed skryf, maar nie goed genoeg vir ‘n skrywer; mooi is, maar nie mooi genoeg om ‘n model te wees, ens.

Om die een of ander rede het ons Afrikaanssprekende Afrikaners ‘n minderwaardigheidsgevoel. (Ek kan ongelukkig slegs van ons praat omdat ek nie die ander groepe in Afrika en die wêreld ken nie) Dis dalk omdat ons onsself nog altyd as ‘n nasie moes bewys; ons moes bewys ons taal het bestaansreg, ag noem maar op. Ons word grootgemaak om “nederig” te wees, wat reg is. Maar ons word nie noodwendig geleer dat om nederig te wees, nie beteken om minderwaardig te wees nie. Wat ek nie kan verstaan nie is, dat ek die een dag voel of ek vlieg, als is wonderlik! Ek is heel goed genoeg. En net môre besef ek, of dink ek weer dat ek nie goed genoeg is nie, en dan brom ek vir almal om my. Ek het vir myself die som gemaak, en dit is wat ek ook vir die skrywer van wie ek hierbo praat geantwoord het: As jy, in jou gegewe omstandighede, met die middele tot jou beskikking, jou BESTE lewer;   As jy probeer om jouself in jou menswees te verbeter, om goed te wees vir ander, dien waar jy kan, rus wanneer nodig, God eer – DAN is jy nie net goed genoeg nie! Nee! DAN  is jy UITSONDERLIK!!! Dit beteken nou nie dat jy nou skielik van doodgewoon na hoogmoedig kan swaai nie, hoor! Bly nederig, maar met ‘n trots IN jouself, selfversekerd omdat jy ‘n Koningskind is en leef tot eer van God. Om jouself met ander te vergelyk, is baie gevaarlik. Elkeen van ons is uniek gemaak en daarom kan en mag ons nie ons met ander se standaarde meet nie! Leef voluit! Geniet die lewe!!

2 thoughts on “Doodgewoon… of nie??

  1. Ek wil graag een van my allerginsteling aanhalings hier by jou inskrywing kom neersit:

    “Our deepest fear is not that we are inadequate. Our deepest fear is that we are powerful beyond measure. It is our light, not our darkness that most frightens us. We ask ourselves, Who am I to be brilliant, gorgeous, talented, fabulous? Actually, who are you not to be? You are a child of God. Your playing small does not serve the world. There is nothing enlightened about shrinking so that other people won’t feel insecure around you. We are all meant to shine, as children do. We were born to make manifest the glory of God that is within us. It’s not just in some of us; it’s in everyone. And as we let our own light shine, we unconsciously give other people permission to do the same. As we are liberated from our own fear, our presence automatically liberates others.”

    —-from A Return to Love, by Marianne Williamson.

    Like

    1. Sjoe! dis ONGELOOFLIK mooi!!! Baie dankie! Ons almal kan daardeur leer… WANT ONS IS MAAR BANG VIR SUKSESVOL WEES. Want saam met suksesvol wees, kom daar meer verantwoordelikhede. Of hoe??

      Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s