Gestrand, gestrand…. so ‘n wittebroodsbootjie

Ons was by ‘n verjaarsdagpartytjie, toe dit aan die lig kom dat meer paartjies soortgelyke ervarings gehad het as wat ons gehad het op ons wittebrood…

Dit klink my dat mense graag ‘n bootjie huur en dan opvaar met die rivier by Knysna. Ons het nie vooraf ‘n bootjie bespreek nie en toe ons by die meer bekende verhuringsagent kom, het hulle nie meer bote te huur gehad nie. Ons kon wel by ‘n ander plek regkom.

Netjiese boot. Hulle voorsien ‘n kaart sodat jy presies kan sien waar is vasmeerplekke, waar die stroom veilig is, tot waar in die rivier mens mag vaar, waar goeie oornagplekke is. Net omdat hulle so noukeurig is, maak my toe dadelik ietwat gespanne… ons wil tog nie op ‘n sandbank beland nie, of hoe???

Dit het alles baie goed gegaan, dit was ‘n windstil dag in die middel van Junie. Heerlike wintersdag. Toe dit begin donker word, besluit ons om sommer net daar anker te gooi. Dit was nie by een van die vasmeerplekke nie, maar die eienaar het ons verseker dat as ons sou wou en die weer ons toelaat, ons hoër op in die rivier met veiligheid sommer net die anker kan uitgooi.

So by 3 vm word ons wakker – die wind het opgekom! Die boot kap-kap so teen ‘n wal of iets!!  My man skakel dadelik die boot se enjin aan om weg te vaar van die wal af. Hy vra my om die anker te gaan optrek solank hy die stuurwiel vashou, maar ek is te bang. “Hou jy dan die stuur vas, dan trek ek die anker uit.”  Nee, daarvoor sien ek ook nie kans nie, dis pikdonker! So ry hy maar stadig vorentoe in die hoop dat die anker sal lostrek. Die volgende oomblik … dak dak dak … enjin dood … en daar staan ons. Intussen het die wind ons op ‘n sandbank gewaai en daar lê die boot …VAS op die sandbank … DOODSTIL. 

Hoor hier! TOE slaap ons lekker! Die wind waai, maar pla ons glad nie! Ons lê stewig en stil in die modder … Tot dit lig word … en ons sien … dat dit … intussen … LAAGWATER geraak het … en ek weet nie of hulle ons herhinner het dat … die see se hoogwater- en laagwatervlakke … OOK die RIVIER … se hoogwater- … en laagwatervlakke beinvloed nie!  … toe loop die rivier BAAAAIIIIIIEEEEE ver van ons af verby … en rondom ons … MODDER! ….     NET MODDER! 

Dit was seker so rondom 7 vm wat ons begin roep het op die radio’s, maar NIEMAND antwoord nie. (Vir iemand wat daardie wêreld goed ken… dis daar waar die brug oor die rivier gaan.) 8 uur se kant antwoord die ander verhuringsmaatskappy ons en belowe hulle sal die eienaars van ons boot bel.  Hulle lig ons in … ons moet maar wag vir hoogwater, wat om en by 11 uur of 12 uur of ek weet nie wanneer sou wees nie, dalk 2 uur?

Ons wil nie wag nie.  Baie beraadslaging en toe kom Plan B in werking. Ons laai ons bagasie in die klein reddingsbootjie. Manlief het die bootjie met die tou waaraan hy aan die groot boot vas was, begin sleep, rivier se kant toe …

Ek staan in die groot boot en foto’s neem en wil my natuurlik ‘n papie lag. Hy: “Jy moet kom! Ek los jou NET hier!!”  Uiteindelik het ek my langbroek se pype opgerol en klim van die boot af … sak tot BOKANT my knieë in die slyk in … en ek het nie genoeg krag om ‘n been uit die modder te lig nie … dit suig vas! … “Kom haal my!” …   HY en die BOOTJIE is toe al ‘n hele ent verder! …

Die goeie nuus! Hy HET my kom haal, anders kon ek mos nie nou die storie vertel nie!  Toe klim ek maar in bootjie en hy sleep vir my en boot tot by die water! (Dis darem goed om ‘n STERK MAN te hê!!!) Toe roei ons oor die rivier, waar die eienaar se werker met ‘n voertuig vir ons gewag het. Hulle het seker maar later die boot gaan haal.

En weet julle wat vind ek nou, na al die jare uit???   Mense kry ‘n SERTIFIKAAT as hulle die boot heel terugbring!!!

Nou wil ek weet – wie van julle het ook daar  by Knysna op so ‘n bootjie gery? Het julle ook op die modder beland? Of WAAR het julle wittebroodsbootjies orals gevaar? EN WAT HET ALS GEBEUR???   (SENSOR ASB!!!!)

Groetnis

Toortsie

Toortsie se faceboekblad

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Lawwighede; Tong-innie-kies and tagged , . Bookmark the permalink.

8 Responses to Gestrand, gestrand…. so ‘n wittebroodsbootjie

  1. Dion sê:

    Nee wat, die Irishman wou nie haar voet op ‘n boot gesit het nie. Toe gaan ons Kenton-on-Sea toe, gaan dobbel by die Fish River Sun, wen ‘n spul geld, kanselleer by Kenton, pak weer die kar en ry opsluit na die berge in Hogsback. Nou nie so interessante ervaring soos julle s’n nie, maar dit was steeds ‘n goeie herinnering!

    Like

  2. Terug pieng: Die bootjie na Kammaland « Toortsie se Blog

  3. Terug pieng: Karoo-tot-Kus fietswedren « Toortsie se Blog

  4. karen sê:

    Ons bly oorsee maar het by die huis gaan trou sodat al ons familie en vriende kon kom. En omdat ons so ver gekom het, en hulle weer te gou wou verlaat nie, vat ons toe ons vriende saam op wittebrood – Gamkaskloof toe. Ons het gekamp en die aand na ‘n lekker gekuier moeg gaan slaap. Iewers in die nag skree iemand “Brand, brand!”. Toe ons ons koppe by die tent se deur uitsteek kyk Frederik vas in sy broer wat probeer om ‘n paar jeans aan te trek sodat hy die vuur kan gaan blus. Hy en sy meisie se tent was die naaste aan die badkamer en hy’t die gloed deur die tent gesien. Iemand het ‘n kers aan vergeet en met die wind het die rietskerm aan die brand geraak. Almal was heel flink en ons kon die brand darem gou blus al was dit vreeslik droog en die takke lus om te brand. Maar wat Frederik eerder sal onthou is sy broer wat sy meisie se jeans probeer aankry oor sy kaal boude!

    Like

  5. karen sê:

    ja nee, die wittebruidspaar gaan slaap met klere aan, heel soet …

    Like

  6. Terug pieng: Entoesiastiese onderwysers – Gamkaskloof « Toortsie se Blog

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s