Hoesê???

Ons taal het darem al baie verander sedert ons op skool was. Ekself maak my ook skuldig aan swak taalgebruik, gebruik Engelse woorde, praat nie volsinne nie. Al is ek heeltemal bewus van my eie tekortkominge, is daar so hier en daar ‘n woord wat my ietwat krap.  Soos Australianers. En Australiaans. Asseblief!!! En dan is dit op Radio Sonder Grense waar hulle darem veronderstel is om nog redelik mooi Afrikaans te praat, waar geleerde mense so praat! Nee man! Dis Australiërs! Ek is seker julle weet mos!!!

‘n Nuwe verskynsel is deesdae dat ons nie meer die woord “ongelooflik” mag gebruik nie. Ons glo mos, en juis daarom moet ons praat van “gelooflik”. Nee wat. Ongelooflik is so ‘n mooi Afrikaanse woord wat presies sê wat ek wil sê, nl. dat ‘n mens dit amper nie kan glo nie. “Gelooflik” pas net nie daar nie. Sondag in die kerk moes ons predikant vinnig aan ‘n ander woord dink omdat gemeentelede hom al aangespreek het oor hy die woord “ongelooflik” gebruik op PRESIES die regte plek!!! Nee ag, daar is darem seker perke!!!

Ag, daar is baie ou flatertjies waaraan ook ek skuldig is. Maar daar is beslis ‘n verskil tussen waardeur en waardeer. Op die huidige – huidiglik – tans – op die oomblik … dis – dus ..

Oeee as sommiges so hoog probeer praat en so anglisisties is, gril ek tot in my tone. Dis ook vir my erg dat soveel mense, mense wat die spreekbuis vir organisasies is, meer Engelse woorde as Afrikaanse woorde in onderhoude voer.

Maar vertel ‘n bietjie vir my – watter woorde grief julle?????

Die ergste van alles is – ek is nie eers ‘n taalkenner nie! Maar as ons gewone mense nie ons taal gaan oppas nie, wie gaan?

Groete

Toortsie

Toortsie se Faceboekblad

Hierdie bloginskrywing is oorspronklik geskryf op 11 September 2010. Opgegradeer op 20 Feb 2016.

Lees gerus my verklaring oor my taal. 

31 thoughts on “Hoesê???

  1. Dis belaglik, ek stem saam oor die woord “ongelooflik”. Wat vir my ontstellend is, is om te hoor [ek’s in die buiteland] dat die Huisgenoot se standaard so agteruit gegaan het. Met ‘n familie-lid wat die afgelope twee weke in SA was, was dit erg terleurstellend om te hoor dat die Huisgenoot ‘n tydskrif is wat jy nie meer WIL koop nie. Die Huisgenoot was DIE tydskrif wat Afrikaans van die begin af bevorder het en altyd opvoedkundige artikels ingehad het [ek het uitgawes van 1932/1933] en dink net aan Fanie/Melanie – van lank terug ens ens ens. Dis ‘n terugslag vir Afrikaans dat “ons” tydskrif SO agteruitgegaan het. Wat sê dit vir ons?

    Like

    1. gou eers onbeskof wees, huisgenoot het ‘n nuwe redakteur. Die ander een het op lang verlof gegaan en jonger as haar dogter (as sy een het teruggkom) Nou het sy na beter dinge aangegaan. Traantjie wegpink. YYYYYYYYYyeeeeeeeeeeeeeeaaaaaaaaaaaaaaaaaaahhhhhhhhhhhhhh!!!!!!!!!!!!!!!!!! hopelik doen sy beter.

      Like

    1. Ek wonder of dit is dat so baie van ons deesdae swak afrikaans gebruik, te veel engels op die tv kyk, dat die taal so agteruit gaan? ‘n vriendin reageer nou een dag: Julle is mos afrikaans! toe antwoord ek: Nee, ONS is afrikaans en as ons nie ons taal gaan oppas nie… niemand anders gaan nie!!

      Like

  2. Ek het ‘n teorie.

    Mense is bloot net nie trots op hulle taal nie. Hulle het nie passie vir hulle taal nie. Mense wat hulle taal suiwer hou, word as verhewe / snobisties beskou. Niemand wil ‘n snob wees nie.

    Daar is ‘n soort verwronge trots daarin om tale te meng. Mense voel dat hulle dan die lewendige Afrikaans praat. Hulle maak nie suiwer Afrikaans lewendig nie.

    😉 Ek hoop jy het iewers ‘n hoop klippe wat wag.

    Like

  3. moderation? Ag nee sies. Nou gaan ek nie meer saam speel nie. Net gou voordat ek waai, as jy my ken, dan weet jy as ek met iemand anders kan draaksteek, dan doen ek. Ons moet begin by die media wat Afrikaans so verkrag. Vat sangers. Hulle maak hulle debuur in Afrikaans, dan beweeg hulle aan na Engels wat hulle in die eerste plek wou sing. Maar die Afrikaanssprekende is ‘n lojale nasie. Dan bewonder ons steeds, koop steeds laserskyfies en help die kluit nadat hy / sy Afrikaans die rug gekeer het. Dit, nou dit is nie nca nie.

    Like

  4. Ai tog! Tyd vir ‘n TAALLES!!! My pa, wat al in die vorige eeu oorlede is, het van ‘n TOORTS gepraat. (waar dink julle het ek die woord gehoor???)LANK voordat anglisimes ter sprake was! En in die Tweetalige Woordeboek, wat in 1936 die eerste keer uitgegee is deur DB Bosman en IW van der Merwe, word dit aangegee, met die engels daarvan – torch (ek het in die 6e uitgawe gekyk wat in 1966 uitgegee is. In die HAT se 4e uitgawe, 1966, is die verklaring van “toorts” as volg – Flitslig en Fakkel. En dan is daar ook die woord “toortsdraer”. Ek glo ek het my duidelik gestel.!! 🙂

    Like

    1. My afrikaanse verklarendewoordeboek noem dit ook (verouderd) fakkel. Ons was geleer dat die Afrikaans vir
      TORCH flitslig was. Dat toot=rts ‘n lelike angesisme was. Tot vandag kon niemand my nog sê hoekom dit nader aan torch klink as flitslig wat vir my sê FLASHLIGHT nie.

      Like

  5. Wat ‘n fantastiese onderwerp. Een van die groot redes hoekom ek begin het met blog en potgooi, is om afrikaans te kan praat. Soms vergeet ek so bietjie die woorde of is ondergrond op die trein en kan nie sommer ‘n woord opsoek nie maar ek probeer nogsteeds.
    Nou sover ek weet was daar nie ‘n afrikaanse woord vir podcast nie een van die eerste afrikaanse podcasters het die word POTGOOI uitgedink.
    My man sal nooit se ek moet ‘n podcast opneem nie hy sal altyd in sy mees engelse stem se ek moet ‘n potgooi maak. Vreeslik oulik omdat die engelse mos so sukkel om “G” te se in ‘n woord.

    Like

    1. ag jong, ons ALMAL mors maar met ons taal! Ek dink baie keer dat dit juis die Suid=Afrikaners wat in die buiteland woon, wat ons taal die meeste OPPAS. Ons hier probeer nie altyd so mooi praat nie… EN EK IS DIE SKULDIGSTE VAN ALMAL!!!

      Like

  6. SIEN JOU IN DIE RONDTE!! Na ek uit die skool is was ek in n diens jaar, ons het n toneel gedoen waar n ou daai frase gebruik het, dis so n anglisisme en ek haat dit… Nog nooit het ek enige iemand dit hoor se voor die ou. Daarna het ek dit ooral begin hoor… Vandag weet ek nie eers meer wat die regte se ding is nie… My gunsteling afrikaansr woord is hartstogtelik… Wens net ek kry n geleentheid on dit in n sin te gebruik…. Ek gebruik nog ongelooflik as iets ongelooflik leker is kan jy mos amper nie glo dis so lekker nie…

    Like

  7. Iets wat ek agtergekom het, wat my grensloos irriteer, is die gebruik van die voornaamwoord “hane” in pleks van “hare”. Jy weet… syne, myne, joune, hane. En toe hoor ek dit nou die dag so uit ‘n onderwyseres se mond!

    Dan wil ek ook sê soos op die T-hemp: Praat Afrikaans of hou jou bek!

    Like

    1. Whoop whoop!!!! Ekskuus. Hoera! Hoera! My kinders het ook van ‘n langmoubroek gepraat. Maak nie saak hoe dikwels ek hulle reggehelp het nie, volgende keer was dit weer ‘n langmoubroek.

      Like

  8. O ek sien wat jy bedoel. Glad nie ‘n probleem met ‘ongelooflik’ nie, mooi, beskrywende woord.
    Ek gebruik ook seker te veel anglisismes, my huistaal is Engels en partykeer moet ek mooi dink aan die regte Afrikaanse woord….mens raak lui. Kan baie sulke woorde hanteer, maar ‘UITMIS’ sal nooit aanvaarbaar wees nie… ‘n Persoon wat my skoon verbaas het (weet nie hoekom eintlik nie, het dit net nie verwag nie) met sy uistekende, suiwer Afrikaans, is Chris Chameleon. Het julle hom al gehoor Afrikaans praat? dis ‘n plesier om na hom te luister….suiwer, pragtige, korrekte Afrikaans. Ek kan nie sulke goeie Afrikaans praat nie…

    Like

Gesels saam, asseblief!